SMS'e vir 25 Julie 2017
“. . .besig om van die kusdorpe spookdorpe te maak. . .”
Hiermee wil ek net vra oor die nuwe hengelpermitstorie? Wil hulle alle vissermanne wegjaag? Waar gaan die dorpe hulle inkomste kry? Ons as besighede sal dan ook personeel moet verminder. Die inkomste is nou te min vir almal om voort te gaan.
Met betrekking tot belastingpligtige se brief. Ek stem volkome saam. Is die mense wat veronderstel is om in beheer te wees, bewus wat aan die gang is? Alles omtrent hulle papierwerk is uiters deurmekaar of verkeerd of glad nie op die sisteem aangebring nie. As ek my eie besigheid en rekeningstelsel so moes bedryf, sou ek (ook) lankal bankrot gewees het.
Wat probeer Minister Esau en die regering bereik met die nuwe heffings op die oes van hulpbronne? Nou word hier lekker gediskrimineer? Die ou op sy fiets het dit nie nodig nie, maar die ou met die 4x4 moet N$1 500 betaal per maand. Wat 'n grap. Nog 'n industrie val. Alle 4x4 eienaars verkoop julle bakkies en koop 'n fiets en gaan vang jou vis. Nog 'n geldmaakskema om geld te verduister sonder om die mense te vang. Torra is verby.
Nuwe visregulasies is geheel en al diskriminerend teen witmense, want hoekom nie teen die "bicycle" vangers met hulle wurms nie? Omdat 99 persent van strandhengelaars wit is, so word ons al die pad gemelk. As ek met my fiets gaan vang, wat dan?
Wie kwalifiseer as 'n bestaanshengelaar? Ek vang net vir my huis, is ek ook een? Ek is wit.
N$1 500 per maand vir 'n permit, dis "daylight robbery" en groot probleme vir die kusdorpe.
Aan minister Bernard Esau en die goewerneur van die Erongostreek. Die verhoogde permitte. Julle is besig om van die kusdorpe spookdorpe te maak. Ons land is besig om 'n kommunistiese staat te word.
Die nuwe heffing van N$1 500 vir visvang wys daar was 'n breinontploffing by besluitnemers.
Staatskoerant van 26 Junie het seker soos alle staatsprojekte te laat uitgekom. Dit moes seker 1 April wees. Geen nugterdenkende kan so 'n afkondiging doen sonder om die negatiewe gevolge in ag te neem. Toerisme is ons land se grootste inkomste, maar dit word nou ook nog vernietig.
Belastingpligtige se brief verwys: Hoe is dit moontlik dat daar so 'n verbysterende hoeveelheid data-vasvang foute kan wees? Hoe kry hulle hul eie boeke geklop, wat nog te sê myne? Wat 'n skandalige, uiters tragiese stand van sake. Stel meer bevoegde mense aan wat wil werk.
Social Security Assessments: Hoekom moet ek julle kontak om julle te herinner om my assessering vir my te pos sodat ek julle kan betaal? Is dit nie julle werk om die rekening te stuur as die nuwe syfers aangebring is nie?
Mnr. Schlettwein, op jou ministerie se webwerf is 'n dokument “Taxpayer Charter”. Laat julle IT dit tog asseblief daar verwyder, want dit wat daarin staan is 'n grap.
Oom Calle, kry jou belastinggeld by onwettige kragaansluitings en hoë profiel persone/werkers wat nie PAYE betaal nie, want hulle het almal plase wat altyd geen wins toon nie. Dit sal jou stop om geld by pensioenarisse af te vat. - Karel de Wee
Wanneer begin ons regering met die broodnodige oorlewingsopleiding van bekostigbare gesinsbeplanning? Indien nooit, moet ons nie meer enige Westerse ekonomiese aanwysers gebruik of volg nie. - Son of a Gun
Ek sou ook graag my meegevoel deel met die familie van die ontslape mnr. Kosie Pretorius. As 'n mede-Namibiër was sy sieninge en standpunte altyd dinge waarmee ek kon saamstem en sy visie vir 'n verenigde nasie is werd om as boustene gebruik te word. Mag sy siel in vrede rus.
Liewe aarde! Minister Calle, los nou groot asseblief alle pensioenarisse met rus. Dis dan my en jou vriende en familie wat reeds dubbel en dwars hulle lewe en dienste vir hul land, Namibië, gegee het. - Piet de Koker
Aan al die wat vir die afgelope jare so uitvaar teen die Duitsers se sogenaamde uitwissing: Hou op om in die as te krap en kry liewers jou eie vuurtjie aan die brand.
"Strydkinders maak amok". Ai! Is hier dan geen orde in hierdie land van ons nie? Kaap jy nou 'n brandweerwa. Wat 'n skande! Hulle is mos nou mense wat maak net wat hulle wil. A-nee-a, regering moet asseblief optree!
President Hage, asseblief, “fire” die hele lot by die ministerie van finansies en visserye, hulle is pateties, hulle is korrup en onbevoeg.
Asseblief, Struggle Kids! Dis nie 'n oplossing om paaie te versper en goed aan die brand te steek nie. Dinge word nie opgelos deur te mors nie!
An official of the Bondelswarts Traditional Authority in Karasburg chased an Oshiwambo man out of their office saying "we don't give land to Wambo's around here, you belong north of the red line. Go to Tsumeb and ask for land there." The Oshiwambo man is a pensioner married to a Bondelswarts woman and has been living in Karasburg for over thirty years working for the railways. Can the media please go in on this and find out if this is the official stance of the Bondelswarts Traditional Authority and let it be known from the roof tops.
Maklikste uitweg - maak die leeus dood. Daardie leeus kon vandag gelewe het as daar net mense was met breins wat omgegee het.
Die Swakop/Henties-teerpad is 'n verdigsel. Dis 'n teerpad wat gebou word tussen die kus, die Noorde en aangrensende buurland. Dat dit 'n kilometer verby Hentiesbaai loop, is pure geluk en niks anders. - Jané Mowe
Veranderinge op die Westelike Verbypad. As daar so baie veranderinge gedoen moet word vir die motoriste, wat dan van die onverskillige voetgangers? Dan moet daar ook voetoorgange gemaak word en verkeersbeamptes moet daagliks daar diens doen. Die voetganger wat dan nie van die voetoorgang gebruik maak nie, moet beboet word. Hulle is baie onverskillig en kan in elk geval nie die afstand en die spoed van 'n voertuig skat of bepaal nie.
Vra tog vir ons minister van onderwys tot hoe lank moet ons die oortyd wag van die "hostels". As ons na die ministerie bel, dan word dit gesê die sisteem is geblok.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie