SMS'e vir 25 Julie 2018
SMS'e vir 25 Julie 2018

SMS'e vir 25 Julie 2018

". . .kan nie my trane keer. . ."
Mandy Rittmann
Hoe is dit moontlik dat Willem Platt, wat al herhaalde kere gevang is, met gesteelde skape op vrye voet is? Hoekom gaan hy nie tronk toe nie? Maats met die magistrate? Geen wonder ons het so baie herhaal-kriminele, want hulle kom weg met hul sondes? Arme Namibië!

Die streekskonsulteringsvergaderings met die oog op die komende grondkonferensie sluit doelbewus opposisiepartye uit? Waarom? Indien opposisiepartye nie genooi word nie, beteken dit dat aanbevelings van sodanige vergaderings deur Swapo gebruik word vir sy eie agenda.

Hoe eties is dit om elektrisiteitstariewe wat reeds vanaf 1 Julie 2018 geld vandag (gister) in die koerant te adverteer? Is daar ’n ombudsman?

Waarom het CoW so ’n reusegebou laat bou? Wie gaan in die kantore werk? Helfte loop rond en ander helfte sit en slaap. Nou is hul geld op!

Government spends over N$700 000 on accommodation, meals, air tickets and freight for members of cooperatives to showcase their products at international expo’s in Spain, UK and Brazil etc? We also want fully paid by government holidays in these countries! And that while education, health and lots more is in shambles? Where are your priorities government?

Ek wil regtig my dank uitspreek teenoor ons Skepper en Katutura-hospitaal se personeel wat Saterdag op diens was. “The team of Dr. Lazarus and entire staff in big room” en self die ongevalle se dokters en verpleegsters. As dit nie was vir jul harde werk en ekstra myl wat jul gestap het en “teamwork” nie, sou ons met verlies gesit het vandag. Katutura-hospitaal, ons hozi, ag, hul sê jy is te vuil, tog word mense in jou genees. Warm hande, liefdeshande. Ja, lyne sit, maar tog is daar helpie daar, helpie hier! Katutura hozi, gee hoop van trots. “Keep our staff.” Stanley lnarib "is doing great." Dankie "JMMPC church u are the best". From Mr. Gustaph Nowaseb, sons Beukes/Narib family.

Mev. McLeod en mnr. Amapunda. Hoe ironies dat Zimbabwe se president aankondig hul is klaar met grondgrype en julle twee nou dit insinueer! Weet hy iets wat jul twee nog moet leer? Leer by lande wat praat uit ervaring. Groete van Khomas tot Khomas.

Pasiënt moet in sentrale staatshospitaal self vir duur medikasie betaal. Mevrou Justinas Almas, wat aan kanker lei, moet self N$14 000 betaal omdat slegs een hospitaalapteek die medikasie verkoop. Dr. Haufiku, minister van gesondheid, is daar geen geld oor om hierdie jong moeder se lewe te red nie? Die familie het nie die finansies nie. Kan u asseblief nie intree om haar lewe te red nie?

Is dit nie beter om te vra as om te steel nie? Kan regtig nie my trane keer nie, dit rol soos wat ek skryf. Og! Kan nie glo dat ons nog barmhartiges in ons land het nie, Whalla! Baba Derella was so behoeftig sy is gehelp en ons prys die Here vir mense wat gehelp het. Baie dankie! Ons het meer as genoeg gekry.

Mnr. Pierre Grigor, "Jesus het altyd die mens gekies" is ’n halwe waarheid en misleidend. Jesus kies altyd die mens as die mens sy skuld bely en laat staan. Vir die vrou wat in owerspel betrap is, sê Hy sondig nie weer nie. Die man langs Hom aan die kruis bely sy skuld en vra vergifnis. So is daar ook Saggeus in die wildevyeboom. Nineve in die boek Jona ens. Jesus kies nie tussen die wet en die mens se waardigheid nie, maar vir hom wat honger en dors het na geregtigheid en ’n nuwe lewe. Om die Bybel net uit ’n ander hoek te lees, is ook misleidend. Wat van letterlik op ’n donkie te ry en in Bethlehem gebore te word en nog talle meer. Die nuwe verbond is: Hy gaan sy Wet in ons harte en in ons verstand inskrywe.

Namibië gaan vra advies by Zimbabwe om grond af te neem. Sit en dink!

Aan die persoon wat sê die skeidsregter was swak tussen WS/Rehoboth. Skrik wakker, dis een van Namibië se beste en mees gekwalifiseerde "refs". Die "game" was baie goed hanteer, so as Rehoboth gewen het, was hy seker die beste. Tensy u praat van die 2de span. Dit is nog ’n jong man en hy leer nog. Jammer dat jy nie gekruip het toe jy klein was. Mense leer uit hulle foute. Mooi week.

Hoekom word wet verander om kompetisie vir Namibia Dairies te beperk ? Mense kry swaar, ingevoerde produkte is baie goedkoper en smaak baie beter ("local yogurt is terrible"). Word ons nou deur die staat en Namibia Dairies voorgeskryf en gedwing om duurder Namibiese melk te koop? Dis teen die "Constitution"!

Dawie Theron-sage. Ai, ai, vir wie kan ’n mens deesdae glo? Republikein sal versigtig moet wees om sy ore uit te leen. Nogal kom krap in ons rugby. Ons het genoeg om self uit te sorteer.

Is Divan Serfontein op NRU Bpk se direksie en dan weet hy blykbaar meer wat aangaan in ons rugby as ons self? Wat de hel!

Terwyl //Kharas se onderwys nou so in die nuus bly, kan iemand gerus gaan kyk wat gaan by Westdene-koshuis aan. Lyk deesdae soos ’n losieshuis vir onderwysers en verwaarloos! En dit was skaars twee jaar gelede een van die beste staatskoshuise in die land.

Magrietha Matheus van Gemengde Tien. Baie dankie vir jou groot hulp. Baie hulpsaam en vriendelik. Die Here sal u baie seën.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!