SMS'e vir 25 Julie 2019
"So maak ons wette en wette . . ."
Ag liewe aarde tog. Misdaad word gepleeg met gesteelde wapens. Mense wat wettig wapens besit en wettige vuurwapenlisensies het, is nie diegene wat die misdade pleeg nie. So maak ons wette en wette net om ’n paar jaar later te besef dit werk nie. Ek kan 50 keer my vuurwapenlisensie hernu en 50 keer ’n bevoegdheidstoets doen, dit gaan geen verskil aan misdaad maak nie. Kom ons dink en beplan nugter asseblief. Alles word vir die onskuldige mense moeilik gemaak.
Die regering kan nie eers paspoorte ordentlik bedryf nie. Hoe sal hulle wapenlisensies bedryf? Vra maar net.
Thank you Chris Theron for starting the private initiative to scrape Etosha’s roads. You are a star for doing something for the country, where the government failed once again. Rather pouring taxpayers money into totally unnecessary luxury projects! Hat off to you!
Verbysterend om te dink ons leef in ’n land waar dit vir privaat mense nodig is om ’n nasionale park se paaie te skraap, sodat die eienaar/regering ’n inkomste daarvoor kan bly verdien uit toerisme. Dit is nou ’n regering wat al jare vasskop teen privatisering. Is daar geen skaamte meer nie? Mooi man, mooi!
Dit kos N$1 000 per uur per padskraper en daar is tien. Dit is dienste wat die NWR moet lewer, maar nie doen nie. Prioriteitsgewys glo ek nie dit is onder die eerste vyf nie en die privaat inisiatief word erken, maar ek glo medies, behuising en onderrig sal meer baat by soiets gevind het. - Jan Brand
So again, culprits out of a prison as it is country wide. Government should give permission to our Chinese friends to run that prison business and for sure crime in Namibia will be immediately close to zero and it will be a profitable business. Thanks to our Chinese friends.
Inspekteur-generaal, hoekom hardwerkende polisie-offisiere verplaas en ander offisiere los wie met kriminele onderhandel? Doen iets daaraan.
Mense, hulle sê nie munisipale amptenare verdien 60% meer as hulle eweknieë elders nie. Munisipale werkers is 60% te veel. 80% van munisipaliteite is bankrot. By private kragvoorsieners lyk die prentjie net so, met NamPower en NamWater wat ook op hul knieë is. Dit sal nog baie erger word voordat dit beter sal word. - Jan Brand
Dit is verpligtend om skoolfonds te betaal. Liewe ouer, dit was jou keuse waar jou kind volgens jou net die beste onderrig sou kry. Jy het geweet onder watter voorwaardes jy jou kind by die skool ingeskryf het. Indien jy nie gelukkig is met die huidige skool nie, daar is tientalle ander skole in Windhoek waar jy niks nie of bitter min hoef te betaal, maar dan moet jy ook tevrede wees met die resultate? Niks is vandag gratis nie.
Suid-Afrika en Namibië is nou in ’n gemors en bankrot gesteel. Onbevoeg en onbetroubaar om ’n land te regeer. Sies, wat ’n skande!
Ek wil net weet, die drywer van Koes-kliniek wat die hikers so laai op die regeringskar, is daar nie ’n supervisor wat die man kan stop sit nie?
Woensdag is vir Mariental-mense D-dag.
Julle het nagelaat om gister 1980 se Klopperbeker-herinner in te sit? Baie goeie reeks. Dankie, ek hou daarvan. (Jammer vir die oorsig. 'n Geanimeerde weergawe van die brokkie geskiedenis is wel Dinsdag op ons Facebook-blad geplaas. Skakel: www.facebook.com/republikein/videos/452613471955621/. Skryf aan [email protected] as u 'n gedrukte weergawe verlang. Al die inligting is ook aanlyn beskikbaar op die webwerf rugby.my.na.)
Kan iemand asseblief vir ons Suiderhoffers sê waarmee is Telecom besig, want ons wifi is al vir twee weke problematies en almal van ons wat klagtes lê, kry dieselfde patetiese antwoorde, maar niks word reggemaak nie. Dit is baie verdag om die minste te sê!
Traditional issues, Chief of Afrikaner Traditional Authority. We think you were not correctly advised to include Karl in your Council. We think he must be removed. He is not part of us. Even his children names indicates he is not part of us. Chief we plead to you do the right thing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie