SMS'e vir 25 Junie 2018
"...ek hoop julle oë gaan oop,"
27 gesinne van regering hervestigingsplaas gegooi: Regering skaam julle! Arm Namibiërs, ek hoop julle oë gaan oop, die regering gee niks om vir julle. Onthou dit net as kiestyd kom! Viva Harambee! Regering wys jul regte kleur!
Skaapboerdery in Suide in krisis: Minister !Naruseb wil u nie asseblief 'n abattoir lisensie uitreik aan 'n dinamiese entrepreneur om 'n abattoir vir die Mariental- distrik te open nie. Aranos en Karas het hul eie abattoirs. Stel 'n ultimatum aan die huidige eienaars van Mariental-abattoir om te heropen. As die eienaars nie die abattoir wil heropen nie, reik 'n lisensie uit aan iemand wat die Mariental-distrik kan bedien. Al is dit dan ook aan 'n Chinees.
Ek weens ons kon ook 'n Arts Performance Sentrum in Windhoek hê. Die kinders leer nie meer van musiek in die regerings skole nie en dit is 'n wonderlike geleentheid wat vir die kinders op Tsumeb gebied word. Ek dink kinders reg oor die land moet kuns, musiek en kultuur op skool leer of die geleentheid kry om by so 'n wonderlike sentrum te kan gaan leer.
Ons president moet daadwerklik die ministers vasvat oor bedrog wat toeneem, maar nie 'n woord van enige minister nie. Dit is so erg, die kriminele steel ons melk uit ons koffie!
Ek kan nie wag vir die Windhoek Woordfees nie. Ek sien so uit na Gideon Lombard se verhoogstuk van Die Reuk van Appels. Dit is een van my gunstelingboeke ooit.
Tussen 2002-2006 was daar mense wat geveg het om grense oop te hou en nie slagpale hier te laat bou nie. Julle boere wou dit nie hê nie. So brand julle gatte, wees aan die brand.
Dit is wonderlik, dat die Here in Sy goedheid vir Lis Hidber gestuur het, om haar te ontferm oor mense en kinders in 'n verre land. Mens kan net dankbaar wees vir dit, wat hulle in die APC doen. Dit is fantasties hoe mense se lewens verander en aangeraak word.
Vee-diefstal, inbrake, dagga en dwelms is die grootste euwels op Bahnhoff. Die veediewe word gearresteer, maar kry weer vinnig borg net om weer te gaan steel. Die ouers van hierdie diewe het hulle so verstout, as hy 'n bok steel, dan betaal hulle twee bokke terug. Tot wanneer sal dit so aangaan? Ons is raadop! Tweedens is daar meer as vyftien mense wat op Bahnhoff met bok, skaap, donkies, perde en beeste boer. Hulle het geen weigrond nie, en so word die hele area rondom Bahnhoff oorbewei die grond is vertrap. Kan die regering tog nie ingryp en tot ons redding kom nie? Ons boer agteruit. Help ons asseblief!
Why MTC increasing their rates. They make billions already! We should by rights, boycot them.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie