SMS'e vir 25 Junie 2020
SMS'e vir 25 Junie 2020

SMS'e vir 25 Junie 2020

". . . 'n perfekte resep . . ."
Mandy Rittmann
Arbeidsregulasies ongrondwetlik: Wie het president Geingob verkeerd adviseer? Hoe durf julle hom in so ’n penarie plaas? Laat gaan daardie mense!

Raak wakker! Walvisbaai, Covid-19 test-kits. Raak ontslae van en vervang die foutiewe/fake test-kits uit ’n onoopgemaakte nuwe batch. Logika voor die mense verder onder beheerde vrees verkeer en dit totaal hand uitruk. Bring dr. Ben Haufiku terug.

Hoe kan aantekenboeke vertroulik wees as elkeen wat inskryf op die bladsy toegang het tot jou ID-nommer, straatadres, e-pos en telefoonnommer? Is dit nie ’n perfekte resep vir identiteitsdiefstal? Ek glo naam en telefoon behoort genoeg informasie te wees om die persoon te kontak indien nodig.

Dit is hartverskeurend dat government vir RCC se werkers, wat by hul huise lê vir vyf jaar, hul volle salarisse maandeliks betaal. LPM moet asseblief hier intree.

Baie dankie aan die Ministry of Education, Arts and Culture vir die booklets. Dankie dat julle die Namibiese kind se belange op die hart dra.

Maandag se vergadering omtrent die inperking in Namibië was weer pateties. Die enigste een wat goed gepraat het, is die dame wat vrae gevra het. Die ander het weer gemompel. Hulle moet mense kry wat die toespraak vir hulle doen.

In vandag, 23 Junie, se Republikein is ’n mooi groot foto van die Namibiese president met ’n gesigsmasker wat nie by verre sy neus toemaak nie. Die dra van gesigsmaskers raak daardeur ’n bespotting. – Saul

Rubriekskrywer van Woensdag se “Ek sê maar net”-ervaring met NaTIS is iets wat ons minderheidsgroepe elke dag ervaar by staatsinstansies. Dit is stelselmatige, stamgebonde dominansie met politieke goedkeuring. Natuurlik is daar altyd uitsonderings met bevoegdheid, beleefdheid en omgee. – Robbie

Pastoor Brian Losper, jou idees laat my die vraag vra waar kom jy aan N$1,5 miljard per maand en wie gaan dit administreer? Ek sien hier grootogigheid soos die Basterantie sal sê. Lekker droom Braimpie.

Wie is die Namibia Fact Check en wie is die naamlose woordvoerder van die organisasie wat nou die Chinese so beskerm?

Aan die leser met ’n muis in die huis. Besoek die DBV en neem ’n kat aan of sommer twee katte as die probleem erg is. Dis die eeue-oue, mees effektiewe oplossing wat ook nie die omgewing sal beskadig nie, maar sorg eers dat jy al die gif verwyder anders sal dit die kat vergiftig.

Ek soek asseblief hulp met kospakkies en nommer vyf tekkies. Indien u kan help, ek bly in Asblomstraat, Khomasdal. My nommer 081 792 8553 as u kan help. Dankie baie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!