SMS'e vir 25 November 2019
SMS'e vir 25 November 2019

SMS'e vir 25 November 2019

". . . klaar bankrot gesteel . . ."
Mandy Rittmann
Ons blameer net vir Hage, maar hierdie korrupsie het met die land se onafhanklikheid begin. Hoeveel leiers het oornag miljoenêrs geword ná onafhanklikheid, wat die land se fondamente geskud het. Hage het 'n land gekry wat klaar bankrot gesteel is. Yes, hy het ook foute gemaak. Sy ministers en advisors en die oud-leiers rondom hom steek hom ook in die rug.



Weer eens bewys dat té luukse huise, motors en leefstyl soos nog altyd die teken was van 'n yslike slang in die gras.



Bravo aan dr. Johan Louw en Yours Frankly wat nie bang is om hulle sê te sê oor onderskeidelik aborsie en die kroeks in die regering nie.



Ek verstaan daar het weer baie graad 10-leerlinge gedruip, veral in Windhoek. Die vraestelle is baie moeilik opgestel. Ek verstaan nie, wil die onderwyser die kinders laat druip of wat?



Moet jou nooit verlustig in iemand anders se probleme nie. Air Namibia sal weer opstaan, want Air Nam, wat al die jare toeriste na Namibië gebring het, is die Goverment se trots. Kyk wat het met Thomas Cook gebeur, kyk vir SAA, groot company wat ook in probleme is. Ons bid vir hulle almal. Dis nou tyd dat ons knieë toe moet gaan.



Verwysend na dr. Johan Louw se bydrae: President Hage moet liewers sy eie kop volg en nie die liberale, progressiewe beleid van die liberaliste van Amerika op ons land probeer toepas nie. Los president Obama se denke vir die Amerikaners!



Tog so jammer dat ek die dag moet beleef dat die man wat ek so baie van gedink het, moord wil wettig. God se woord sê moenie dwaal nie: Geen moordenaar sal die koninkryk van God sien nie. Hoe jammer. 1 Kor 6:10, Rom. 1:28-29 en 32.



Ek hoop NRU kan reël dat Georgia ook teen Namibië kom speel? Sien hul speel volgende jaar teen die Bokke in Suid-Afrika. Groete, F Angermund



God is lig en lewe. Die lewe is alles. In alles is die mag van die herverdeling van een enkele sel en die krag is die uitstraling van heerlikheid (menswees). Wie is ons om dit weg te neem? Pres. Geingob moet hom by die politiek hou of kom loop saam met my hand-aan-hand met God. Die gees van duisternis kan die 27ste toeslaan. Groete van die profeet.



Mense, kom ons stem vir Swapo, Swapo is the party that will win.



Hage Geingob, Sam Nujoma het jou al jare gelede gefire. Nou gaan die kiesers jou fire. Ons verdien 'n regte president.



Listening to Nelson Mandela's annual lecture, Chief Justice Mogoeng's speech. We must adhere to the oath at all times. We must criticise the government - because it is ours. Also that we must pray, pray. Constitutional transformation was so good to hear. So good to listen. Thanks. - Marjorie Ryan Beukes



NamPost Kalkrand, ruk julle reg. Daar is nooit geld om te trek op smartcards.



City of Windhoek, sal julle asseblief kyk na julle rekeninge vir November en Desember. Ons is moeg om julle bonusse te betaal.



Head of NaTiS, please see to it that all the stopping lines, road markings, test dots etc. are repainted again at NaTISValley. We can't see the lines and white dots any more and it makes the tests extremely difficult for us when we are being tested for our driving licences. It's really not fair to test us under these poor conditions.



Ons wil namens Seniorpark vir Mark van Round Table baie dankie sê vir wat hy vir ons gedoen het.

Ons het met 'n paar toilette gesit wat nie gewerk het nie en ons het hom gebel en hy het dadelik ingespring en gehelp.

Baie dankie, Mark, aan jou en jou span van Round Table.



Drywer van voertuig, sit jou baffels terug in jou kar se exhaust. Jy maak groot geraas. Traffic Dept. please take note.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!