SMS'e vir 25 Oktober 2019
SMS'e vir 25 Oktober 2019

SMS'e vir 25 Oktober 2019

"Nie bietjies nie . . ."
Mandy Rittmann
As die regering teen onwettige ­dobbelhuise moet optree, wat dan van smokkelhuise?



Wat is NamWater se storie met Aroab. Ons sit sonder water en ons betaal hulle elke maand. Aroab Village Council is op datum volgens ons councillors. Hulle het die pomp wat 5 000 liter water per uur pomp kom afhaal en 'n pomp wat 1 800 liter per uur pomp kom opsit. Ons soek konstante watervloei. Nie bietjies nie en net sekere tye soos 'n dorp wat uitstaande skuld het nie. Komaan, NamWater.



In 2007 het ek die woord "mag" opdrag gegee om waters van waters te skei (geldmaakskemas) in godsdiens. Die artikel het ek in Republikein geplaas. Die woord het finansiële chaos veroorsaak oor die wêreld heen. Deur outoriteit onthef ek hom van sy opdrag (fire). Die ou woord was mag. Die nuwe woord is my woord Almagtige. Neem U oor en herstel die skade. Jesus het ook gesê stel die geeste op die proef en sien wie is uit God. Hy moet alles gee, vrede voorspoed en geluk. Die eerste gawe is water vir ons land en vollop geld. Groete van Sedney J Ockhuizen.



Mense neem kennis: U moet ­asseblief baie seker maak voor julle enige goedere gee aan mense wat Senior Park se naam gebruik. Kontak ons kantoor as julle iets wil donate, maar nie vir individuals nie. Dankie.



Werknemers wat so in werkstyd op die selfoon privaat klets, besef julle watter swak beeld dit skep? Besef jul werklose familie en werklose vriende nie jul is aan diens en moet nie bel nie. Werkgewers, word streng en verbied selfoongebruik by die werk.



Opposisiepartye, dis nou arme Clinton Swartbooi en Vanaani. Ons het nou te veel liegstories van julle gehoor. Wat het julle vir ons gedoen? Ons sal nie vir julle stem nie. Punt.



Met verwysing na Elvira se "Sê maar net" in Republikein van 23 Oktober. Ek is ook getannie in 'n bank op Rehoboth. Dit was presies soos 'n vuishou in die maag.



Mnr. De Waal in Karasburg. Baie dankie dat jy altyd jou kliënte vriendelik en ordentlik behandel. 'n Mens kan sien jou werk is jou trots. Jy stap altyd daardie ekstra myl.



Wil net weet van die bestuurder van N 3232 R of dit regtig nodig is dat jy daagliks op die Rehoboth-Windhoek- pad moet ry of jy en die duiwel in 'n rusie betrokke was? Jy gee glad nie om vir medepadgebruikers nie. Ek glo as jy deelneem en daar so 'n kompetisie was, sal jy los hande die Padvark van die jaar-kompetisie wen. Nee man, meneer, gedra jou!



Werk vir 20 jaar, maar so skandelik, die pensioen is nie eens N$500 000 nie. Skandelik, gee ons geld.



Het 10 leë sodastream gasbottels, 30 liter waarmee jy gaskoeldrank maak. Skakel 0816165755.



Soos dit vir my lyk, doen Oom Calle presies wat van 'n politikus verwag word - praat groot woorde en sê goed wat ons reeds weet, en stel allerhande maatreëls en oplossings voor, maar wat gaan nou eintlik verander en wanneer sal dit ooit verander?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!