SMS'e vir 26 Februarie 2018
“. . .dalk verduister word. . .”
Die weermag het nie geld om sy soldate kos te gee nie, maar hulle het darem tog N$45 miljoen om ’n plaas mee te koop. Namibië keer voor! Ons is op pad gate toe!
’n N$1 000 vir dieremishandeling is nie genoeg. Dit is net so erg asof jy diere stroop. Dis nie genoeg vir so ’n barbaarse optrede nie! Hoop daar gaan nog ’n hofsaak wees. Hoop julle los dit nie net daar nie. Reg moet geskied. Net een het betaal? Waar is sy maatjies?
Dit is nie net dat die toeriste weer in die Etosha oortree nie, dit is ook ’n ware feit dat die toeriste ons Namibiërs se reg op ons vakansieoorde steel. Probeer gerus om ’n plek in Etosha te bespreek. Al die plekke is ten volle bespreek tot amper Desembermaand. Soons kinders het net nie die reg om ’n renoster in die veld te sien nie, of om ’n vakansie daar te geniet nie. NWR, maak ’n plan asseblief. - Dave Viljoen
Telecom cable theft: Economic sabotage as our first State President once labelled it. Also a golden opportunity for our Army to guard strategic installations and train on the enemy from within.
Mens kry die indruk dat die president geweet het van die plaas wat gekoop is. Of is hy bang vir die minister van verdediging?
Gobabis munisipaliteit, is julle bewus van 'n paar van die spreiligte in Freedom Square wat nou al vir drie maande nie brand nie? Tot hoe lank sal ons in die donkerte bly? Dit is baie onveilig vir almal. Asseblief, doen iets daaraan. Dankie.
Ek sien Republikein is selektief met die plasing van sy lesersbriewe. Wat het geword van my brief oor swak kliëntediens by Standard Bank huislenings? - J. Goeieman (Diensklagte word op meriete gekeur en net vir publikasie oorweeg indien genoeg besonderhede deur die klaer verskaf word. Die instansie word ook eers vir kommentaar genader. - Redakteur)
Seun (skool se naam verskaf) word bewusteloos geslaan en beland in hospitaal. Vuisslaner steeds by skool, ongestraf! Watter boodskap dra skool hiermee uit?
Die ACC moet ’n bietjie kyk of gelde nie dalk verduister word deur dorpsrade wat nie hulle water- en kragrekeninge betaal nie. Namibië is stadig aan besig om tot ’n val te kom.
Graad 10- en 12-leerlinge druip? Nee, hulle het nie. My kind skryf en kry 14. Ek betaal weer en laat merk oor - punte 34! Hoe werk dit?Asseblief, ouers ons kinders word laat druip. Katrina, wat sê jy? Ons betaal of moet ons Hage toe gaan? Ek glo nie daar druip soveel kinders nie. Ouers, kom ons doen iets, ons word benadeel. Katrina was my Sub A-juffrou.
Ek sal graag wil weet wat raak van die N$950 000 wat u per maand, jaarliks kry van die regering af. Groetnis. - Great Uncle Rehoboth
Die persoon wat oor die sottery by party hoërskole reageer het. Jy slaan die spyker op sy kop. Ek is ook al keelvol en glo daar is nog baie ander wat soos ons voel. Op die trant kan hoërskole die sottery sommer as ’n vak aanbied. Noem dit sotkunde.
Weer 'n voorman toegesluit en borg geweier vir beweerde "poaching" op Outjo. Eienaar skiet self en ry vleis dorp toe? Iets stink hier.
Hoe sleg kan 'n mens wees om 'n dier so te mishandel!!! Jy gaan eendag jammer wees oor jou dade op aarde, broer. . . Wat jy saai, gaan jy beslis maai. Ek troos my daaraan.
Die minister van verdediging erken in soveel woorde dat die weermag 30 persent te groot is. So ons hoop hul begroting word met soveel besnoei.
President Hage, verminder asseblief jou ministers. Ons het nie so baie nodig vir so 'n klein land nie. Dan het hulle nog adjunkministers wat ook ledig is. So kan ons geld spaar.
Ek dink Tsumeb sal die volgende dorp wee waar hepatitis gaan uitbreek. Die vuilgoed loop vir dae oor die strate voordat iemand opdaag. Ons is al moeg gebel! Baie onhigiënies. - Tom
Ek is dringend op soek na die volgende persone: Sakey !Gaes en Nonos. Laat hulle my skakel by 081 206 2426.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie