SMS'e vir 26 Januarie 2017
SMS'e vir 26 Januarie 2017

SMS'e vir 26 Januarie 2017

“. . . want die lys is oneindig lank.”
Gerine Hoff
Dippenaar onthou nogal klomp dinge voor en rondom die ongeluk. Dis net die ongeluk self waarvoor hy aangekla word waarvan hy niks onthou nie. Die ongeluk op 29 Des 2014 het nou die naam “slinks” gekry. Roger

Ai, dis so jammer van La Palace. Die mooiste plek met die lekkerste kos. Hoop dit kan reggemaak word.

Dis waar Deon, Chinese sal nie ophou tot alles vernietig is nie. Meer as 500 000 ekstra stemme is sekerlik 'n groot bonus. Oom Eds

Ek stem saam met die skrywer oor voetgangers. Hulle verwag die karre moet vir hulle uitdraai terwyl hulle in die straat loop. Ons is geleer jy loop nie in die straat nie, maar deesdae is die voetganger die baas van die pad.

As hulle soveel Chinese vang met renosterhorings op lughawens, wil ek nie eers weet hoeveel gaan landuit met bote waar geen beheer is nie.

Keetmans is die hartland van die //Kharasstreek. Waar staan die kerkleiers, munisipale raadslede in die groot grondvraagstuk? Destyds het geestelike leiers hulle sterk uitgespreek vanaf preekstoele teenoor koloniale magte. Vandag doen die regering dieselfde om ons ons nalatenskap te ontneem deur hul skewe “one namibia one nation” om doelbewus andere te bemagtig wie se eie streke net aan hulle behoort en net deur hulle regeer word. Vanaf CEOs, MDs, alle topposte is hulle s'n. Vandag is heelwat kerkleiers verklaar as “war veterans” en seker bang as hulle praat sal die kraan toegedraai word, of hoe? Vandag mis mens geestelike leiers soos wyle vader Jacky Basson en biskop Antonio wat vreesloos aan die voorpunt was. "Stand up and be counted." Tseibville

Dankie Peter William Schutte dat jy in Dinsdag se Republikein ons buitelanders wat met Namibiërs getroud is op ons regte gewys het. Dankie ook dat ons met jou kan skakel. Die nommer wat verstrek is, is verkeerd. Die regte selnommer is 081 327 9312. D&A

Die Chinese is glad nie goed vir ons land nie. Hulle dra niks by tot die ekonomie nie. Of verstaan die regeringsleiers nie hoe dit werk nie? Hulle bank nie, betaal nie belasting nie, invoerbelasting word ontduik, en wat van wildstropery? Hulle koop nie by ons besighede nie. As hulle 'n staatstender d.m.v omkopery (korrupsie) kry, dan bring hulle nog hul goedkoop (swak kwaliteit) produkte van China af, grondverskuiwingsmasjiene, die vragmotors, steel onse seelewe, werk nie volgens die arbeidsbeleid nie. Die kontant gaan China toe. Ek gaan volstaan, want die lys is oneindig lank.

Ek verstaan nie hoekom word die spoedperk in sekere areas verlaag na 40km/h en aaneen wit lyne geverf nie. Dis geldmors, want mense ry steeds soos hulle wil. Die Swakop / Walvis-pad is N$50 miljoen per km. Sjoe! Ek is in die verkeerde beroep.

Yvonne, bepaal jou by jou eie dinge. Jy sit voor in die kerk en los die gesalfdes se name uit. Kom ons bid oor ons dobbelry en gesondheid.

George, jy is verkeerd oor persone bo 60 wat motorongelukke maak. My waarneming is dis meestal bestuurders tussen 18-35! Dit sal insiggewend wees om die statistieke te sien van die ouderdomme van persone wat in ongelukke betrokke is. Kan Republikein dalk uitvind en 'n artikel daaroor publiseer? ACMC

Alombekende Texas Steak Ranch by die Baines inkoopsentrum by Pionierspark in Windhoek sluit (gedwonge) sy deure einde Januarie 2017. Wat 'n betreurenswaardige toedrag van sake a.g.v baie swak insig deur die Baines bestuur. SAP&H

N$40 betaal: Jy vra die prys moet verhoog word omdat die petrolprys gestyg het, maar het jy jou prys verlaag toe die petrolprys verlaag het verlede jaar? Julle buit die mense al vir jare uit met julle pryse wat julle vra. Belaglik as jy my vra.

Dove Funerals: Mense, ek stem. Ek dink die besluit lê by my en jou oor watter ondernemer ek en jy gaan gebruik. Ek gaan ook vir Dove gebruik omdat hulle ekstra omgee! JS Okahandja

Ek dink bestuurders van 60 en ouer is meer verantwoordelik as menige jong bestuurder. Ons is byvoorbeeld geleer om by GEEL robotte of 'n stopstraat te stop. By jongmense beteken die stoptekens "sit toon op petrol". Die meeste jong bestuurders respekteer absoluut geen verkeerswette nie. Praat nie eers van die wangebruik van selfone nie. Lyk my hulle kry hul lisensies uit "lucky packets". Taxis moet meer getoets word.

Mr. President, we are still waiting for publication of detailed total costs of your lavish luxury travels last year. We have the right to know how and on what our hard-earned taxes are splashed on.



Kuno Zehrt sê dat President Trump "sommer uit die kop gepraat" het. Dit is nie waar nie - tydens die toespraak was daar weerskante skerms vanwaar hy sy toespraak gelewer het.

?Namibians, we, the taxpayers, can't allow our tax money to be wasted by poor Government decisions like Kwane who gets a N$900 million RCC contract as published by a reader in 18/1/17 issue. We need the media to assist in exposing these criminal acts and the people behind them. Our country is in a nosedive because of incompetence. We must stop further decline and expose all scaly deals - or else we will all sink with the boat.

?Na matriek kon ek as jong, wit man geen werk kry nie as gevolg van swart bemagtiging. Ek begin toe my eie besigheid. Nou, na 20 jaar het ek 'n winsgewende onderneming wat ek bedryf. Nou verwag die regering ek moet my welvarendheid verdeel onder dieselfde bemagtigdes wat in hierdie tyd nog niks bereik het nie. Hoe verklaar jy dit?

?FNB Karibib, alewig kwalifiseer ek nie vir "overdraft" of lening nie, maar voorheen het ek gekry.



Councillor Benina Iitha and governor of Khomas Region, we are tired of the community members, especially the traditional leader, grabbing and selling government plots unlawfully, putting cash in their pockets.



Na gelang van die brief op 23 Januarie 2017 kan ek ook getuig oor die onvriendelike diens van ons eie lughawepersoneel op ons Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako.



Ek werk vir TransNamib en daar is een ding wat my pla. Hoekom werk sommige TransNamib-afdelings en sommige stasies van 08:00 tot 17:00, en ons werk van 07:00 tot 17:00? Daar is afdelings wat van 07:00 tot 16:00 werk. Kan ons almal dan nie 08:00 tot 17:00 werk nie, want ons is mos een TransNamib? Laat die base daarna kyk asseblief.



George jy moet eers navorsing doen. Hoeveel ongelukke is OU mense se skuld? Nee, dis julle jong mense wat dink die land behoort aan julle. Dink weer. Ek dink hul moet almal tussen 18 en 30 weer toets. Kyk hoeveel lisensies word gekoop. Die ou mense se lisensies was nog wettig.



Baie dankie Lady Pohamba Private Hospital se Emergency Centre se personeel vir jul vinnige en vriendelike diens wat ons van jul gekry het. Wat 'n plesier om sulke goeie diens te kry. Hou so aan.



Verwys na George se bydrae 25 Jan. Dis nie die mense bo 60 wat ongelukke maak nie want hulle het lankal verantwoordelikheid geleer. Probeer iets meer konstruktief voorstel soos bv. beter wetstoepassing.



City Police kan nie familie wat onwettig woon soos jy Whk inkom van Rhb se kant af met Auas road verwyder nie. Hulle moet 'n uitsettingsbevel kry en dit vat nou 'n ewigheid. Maar mens mag nie reg in eie hande neem nie!



Ja Deon, ek dink die Chinese "bevolking" is beslis meer as sommige bevolkingsgroepe in ons land, en nog elke dag in die koerant. Sowat van "populêr".



Dippenaar het seker onder sy verstand uitgejaag, daarom kan hy niks onthou nie. Ek hoop die mense wat hom sien jaag het, is almal getuies. Hy moet ophou lieg en sy nanas vat. Hy kan dalk vir mense lieg maar hy kan nie vir God lieg nie. Sy nanas sal hy kry.



Bloed uit 'n klip tap. Dis Windhoek munisipaliteit. Hulle skat die krag dan moet die arme oumense net daai N$3000 betaal. Genoeg is genoeg. Des. en Nov. meet hulle nie want die werkers gaan met vakansie! Dis die antwoord wat ek gekry het. Ons werk so spaarsaam met die water en krag. My warm water sit ek af, my tuin is uitgedroog maar moet nog steeds amper N$3000 betaal.



Weer eens 'n hartroerende foto op die voorblad. Ons moet tog ophou om van hierdie wrede, gevoellose wilddiewe en renosterstropers as mense of persone te verwys, want hulle behoort nog aan 'n ongeïndentifiseerde spesie. Al wat ons weet is dat hulle die spoor van 'n mens trap!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!