SMS'e vir 26 Julie 2016
SMS'e vir 26 Julie 2016

SMS'e vir 26 Julie 2016

Gerine Hoff
NEEEF. Die lande waar die grootste ekonomiese vryheid was, het vandag ook die rykste en mees gelyke samelewings. Jy kan nie welvaart herverdeel voor jy welvaart skep nie. Oral waar welvaart net herverdeel is, is dit in die proses vernietig. Kyk na Zimbabwe. Eiendomsreg is die grondslag van ekonomiese vryheid en ook die oorsprong van alle ander regte.

Kan Stoffel Rocher nie vir ons ’n boek skryf met al sy staaltjies en verhale nie? Dis die interessantse leesstof wat ek in ’n lang tyd gelees het!

Naukluft Park se drie stropers, julle is vas. Wees nou net mans genoeg en gee julle maar oor. Bewys julself as regte, egte mans.

Dankie, pragtige artikel met foto van Namutoni (Rep 22.7.2016). Die skande is, hoe lyk die fort nou na hoeveel geld bestee is toe hy 100 jaar oud was? Buitelanders moet na vuil toilette en verwaarlosing kyk. Wat moet hulle van ons dink? Gee die plek vir ’n private maatskappy om as lodge of iets op te knap dat dit behoorlik versorg kan word. Etosha se blyplek se tariewe is baie hoog, maar die standaard van onderhoud pateties. Beteken dit weer eens dat mense betaal word wat nie hulle geld werd is nie? Is die belastingbetaler tevrede daarmee?

Ek was nou al vanaf Januarie ’n paar maal en is huidig ’n pasiënt in een van die staatshospitale in WHK. As jy so kyk na die krane wat dag en nag lek, dan wonder jy hoekom die regering met ’n tekort sit. Daai druppels word liters en kosbare liters.

Court cases are a joke at the coast: charged with murder – N$1 500 bail? Another murder accused has been warned? Three charged with theft – bail of N$25 000 each? Group of seven charged with attempt­ed murder and murder, some get N$2 000 bail, underaged get warned? Accused of robbery remains in custody? Makes no sense at all. So many accused of murder on the streets again. Did the law learn nothing from die Mueller murder?

Volgende krisis is elektrisiteit. Namibië voer meer krag in as wat dit self kan voorsien. As SA besluit hy kan nie meer krag gee nie, dan is Namibië in ernstige moeilikheid. NamPower se beplanning om hierdie uiterste probleem op te los, is swak.

Aangesien daar so baie oor die KHP Council gepraat is oor die huurkampe se blyery, versoek ek die ACC om ’n draai by die council te maak om agter die kap van die byl uit te kom. Dit is klein vissies wat julle gou kan inkatrol en nie groot visse nie, laat die stof net gaan lê. We need development en nie oor en weer bakleiery nie.

Na wie of watse (platform) vlak moet die “have not’s” se lewens­gehalte verhoog word? – SAP&H

Wanneer gaan MP van Wyk/Cllr Chris/Cllr Pienaar en UPM die verkiesingsbeloftes nakom, soos erwe, krag, riool en projekte? Julle lewe lekker op ons stemme. Groot pay en S&T, nuwe karre . . . Dis nou poppekas- of vertoonvenster-politikuste.

PSEMAS: Julle sê ons moet 6 tot 8 weke wag vir ’n petrol claim. Ek het al in April myne ingegee. Elke keer as ek navraag doen, moet ek hoor dit is in process of die file word nie gekry nie. PSEMAS, julle sal moet opskud, want ons soek beter diens.

Rehoboth Town Council maak tog asb. vir ons vir Reho Spa oop.

Nogmaals baie dankie aan die personeel van Cape Union Mart in Maerua Mall en vir Esther en haar man van Spes Bona Motors vir die bystand wat ek van hulle ontvang het en die oproepe en reëling van ambulans nadat my kind inmekaargesak het. God seën julle.

Mag ’n polisie-offisier in sy uniform drink, nogal in werksure? Stasiebevelvoerder Otjiwarongo polisiekantoor, kyk tog daarna. Hoe sal ons op die polisie kan steun teen alkohol en drugs misbruik in ons dorp? Dit is rêrig erg. Tree op asseblief, dis ’n pleidooi.

Usakos, evangelis Charles van Wyk, ons is honger na die Woord, ook dors. Maak tog ’n plan. Ons weet u sal. Dankie vir u koms.

Mnr. van ’n besigheid in Windhoek se Baines, ons ou mense se klagtes is nie van binne Baines-sentrum nie. U wag binne vat ons tot by een van die sentrum se drie uitgange, dan vat die dronk leeglêers ons verder. Ons kla dis gevaarlik rondom die sentrum asb. Ons voel nie meer veilig om daarheen te gaan nie. Dis waarom ons ’n beroep op City Police doen om iets te doen asb.

Op pad van Swakop word ek ingehaal deur bus. Omdat dié voertuie hoofsaaklik passasiers vervoer, versnel ek toe tot bo toelaatbare snelheidsperk met die hoop die bestuurder besef iemand se oë is op hom. En op 140 kom bus verby met “Dawid Bezuidenhoudt” op die kant vertoon. So word jong lewens in gevaar gestel.

DStv rugbyraaikompetisie se aanbieders moet die pryse opstoot met bonus (N$1 000-N$2 000), want hulle score meer as deelnemers nie wen nie, so sit meer op in semis en finaal.

Ons in Namibië met ons baie groot land (824 292 vk km) en net 2,7 persone per vierkante km kan baie help met die vlugtelingprobleem. Kom laat ons grense, deure en harte oopmaak en die mense se ongelooflike smart verlig. – Ezaan

Waarom kan Groot Aub Oshakati-woongebied se inwoners nie opstaan en aandring op hulle se basiese regte soos water, krag en riool by die Counciller se kantoor nie, soos dié wat in die sogenaamde dorp bly en ophou om apartheid te blameer.

Ek is dringend op soek na Llewellyn Louw. Sy ma se naam is Anna Louw. Hy is gebore op 13 Oktober 2000. Indien enige iemand weet waar hulle is, kan ek gekontak word by 081 351 2612.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!