SMS'e vir 26 Julie 2017
SMS'e vir 26 Julie 2017

SMS'e vir 26 Julie 2017

“...wat brand op ’n antwoord...”
Mandy Rittmann
Die antwoord op padongelukke is: Maak wetgewing in Namibië sodat alle voertuie 'n breë rubberstamper van een meter dik reg rondom sy voertuig moet hê. Beperk ook die voertuie tot net 60 km per uur! Sien daar, ons padgebruikers gaan langer leef. Die Merry-Go-Round van destyds het sulke stampkarretjies gehad. - SAP&H



Sportvissermanne? Ag nee, kom kyk hoe mors hulle met ons vis, twee tot vier visstokke elk dag vir 30 dae en party tot drie maande dan kla hulle oor N$1 500 per maand? Staan elke oggend sesuur op viswaters toe, dan kom hulle laat middag terug. Werk maar uit ­hoeveel vis word weggery, sleepwaens met dubbelbodems is allerdaags! Dan kla die mense oor die Chinese.



Dis nie die mense wat ons visse in die see uitroei nie! Maak plan met die magdom robbe. Vind uit hoeveel vis eet daai robbe op 'n dag. Moet ons altyd ons eie mense in ons land en ons toeriste aan die kortste ent laat trek.



Minister Bernard Esau, wanneer gaan jy kommentaar lewer oor hierdie verhoogde ­hengelpermitte? Hoop net nie jy is nie weer in "exile" nie. Doen 'n beroep op alle ­hengelaars om nie Namibiese visprodukte te koop nie. Hoop ook hulle ondersteun nie die visfeeste nie sodat spookdorpe vinnig kan kom hier teen die kus. - Johan

Ek wonder of mnr. !Owos-oab nie 'n fout maak nie, want ek dink dit sal die verkeer ophoop en dan gaan daar meer ongelukke wees. Hoekom nie van die beamptes daar ontplooi om die probleem te monitor? Dit lyk my mnr. !Owos-oab is nie bewus hoeveel verkeer dra die verbypad nie. Vir ons wat nie gewoond is aan daardie verbypad nie, is dit 'n ervaring, want jy moet die verkeer oplet vir ongelukke en dan moet jy vir mense oppas wat vir enige opening tussen die verkeer kyk om oor te hardloop of om oor te stap. Ek dink dis die groot fout om die spoed te verminder van 100 en 120 km! Maar ons kyk maar, miskien is my siening verkeerd.



Daardie manne in die Bondel­swarts-kantoor beman die kantoor onwettig en hulle sal so optree teenoor die arme man. Hulle is rassisties. Dis hoog tyd dat die regering daardie kantoor toemaak. Die Bondelswarts volk vergaan terwyl hulle vir die Minister van Urban wag vir die goedkeuring.



'n Ope gebed vir Rehoboth. Here, ons plaas vandag die magtige dorpsraadwerkers by name Willie Swarts, Bloutjie, Hummel, Kasupi, Eva Maasdorp en die ander name wat ons dorp volgens hul wil, wil bestuur in u hand. Here, ek lê hulle voor U voete neer en help ons om van hulle verewig ontslae te raak. 'n Onvrugbare vyeboom moet uitgehaal en vernietig word. Asseblief Here, verhoor ons noodkrete.



Namibiërs, ons wat die bestuur van ons land kritiseer, kan ons nie introspeksie doen en besluit dit is omdat ek my kruisie vir 27 jaar by die verkeerde plek getrek het en nog 'n kans kry om volgende keer dit op 'n ander plek te trek nie.



Voetgangers in die dorp loop nie eens vyf treë verder tot by die naaste voetoorgang nie. Kat se kans hulle sal 'n voetgangerbrug of tonnel op die Western Bypass gebruik. Nee wat, die wil is maar nou eenmaal nie daar nie.



Hulle dink seker as hul die permittariewe verhoog, sal die viskolonies herstel. So asof strandhengelaars honderde per dag uittrek. Og, mense wat hul slim hou.



Ou, "try" again. Miskien moet jy binnelandse sake vra om jou naam te verander, hopenlik begin jy dan te wen. Jou naam skep nie baie vertroue nie en hy mag dalk jou kanse by die meisies kniehalter. Sterkte met die belangrike besluit. - Boerseun



In verband met die moeite wat gedoen word met die belastinginvordering, glo ek daar is menige Namibiërs wat brand op 'n antwoord op die volgende vraag: Wanneer gaan MvF belasting begin invorder in China Town, wat stink van belastingontduiking? Asseblief, antwoord ons! - Besorgde Namibiër



Hengelpermitte. Hiep-hiep hoera! Ek het gelukkig 'n fiets. Mooi ingerig met viskas, vistokhouers en sien daar, ek gaan lekker visvang as 'n fietsvisserman. Geen diskriminasie nie. O ja! Sal my fiets net vervoer met my 4x4 tot op die parkeerarea en dan visvang met ingerigte fiets. - Fanie Kruger



Eto! Damara/Nama Radio Kaisamis asseblief wat het van /huru~!äidi and !hoadara Gowab geword? Ek is maar net een van hulle wat vra.



Net 'n regstelling in u uitgawe van Maandag 24 Julie by die lesersfoto van die historiese kerk deur Nadia Innes. Dis nie die Kongkerk nie, maar die Evangeliese Lutherse kerk, Paulus Parogie, Rehoboth. Paulus Kirche.



Sal die persone wat ander mense se voertuie op parkeerpersele stamp asseblief verantwoording aanvaar vir die skade veroorsaak en hulle besonderhede agterlaat. Ons vra die persoon wat Vrydag my dogter se nuwe Tiguan by Megabuild Lifestyle agter gestamp het of enige getuies om na vore te kom. Bel my by 081 124 5383. Sal waardeer!



ELCRN Bishop, Deputy Bishop and the whole incumbent and new self appointed Church Council members for the next six years, please never talk to the Namibia Sister Lutheran Churches about Lutheran Unification. You are too autocratic and despotic in selecting and vetting Deans and deputy Deans. How do you think other Lutheran Churches will come to you. Lutheran Church members you are taken for a ride. Other parishes and members have transferred out already.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!