SMS'e vir 26 Julie 2018
SMS'e vir 26 Julie 2018

SMS'e vir 26 Julie 2018

"Ons kry honger. . ."
Mandy Rittmann
Nuwe taxitariewe, meer as dubbel (op sekere roetes). Dit is verskrik­lik! Die regering moet baie meer busse inspan. Geen werker kan dit bekostig en werkgewers ook nie! Wat kos 'n taxi van Windhoek na Hosea Kutako Lughawe dan nou? Laas jaar was dit N$450,00, wat is dit nou? (Redakteursnota: Van die huidige tariewe op sekere roetes soos aangedui in die infografiek op gister se voorblad verskil van Nabta se 2014-tariewe. Republikein publiseer binnekort 'n gedetailleerde infografiek met al die NTTU se voorgestelde verhogings.)



CoW se amptenare en stadspolisie se vergoedingspakkette is astronomies hoog. Windhoek se inwoners kan dit eenvoudig net nie meer bekostig nie.



Aag nee man tog, so 'n mooi munisi­paliteit met kroekstreke! As jul tariewe nou weer styg wat help dit die oumense se skuld is afgeskryf? Of wil julle hoeka ons huise afvat? Bou huise vir die jonges en stop daai "flats", mati sa? - Oumaros



In hierdie hele wêreld het als verander, eto. Die selfoontjie bevat glo die boek die Bybel. Wat vekiesings betref glo ek daar is beamptes en die verkiesing moet in een dag gehou word in alle dorpe. Die mense moet in groepe vir partye staan en die party met die meeste mense moet aangewys word in elke dorp. Dit moet op TV gewys word. Dalk sal dit help om knoeiery te vermy. Ai, maar die draadsitters sal dalk nie opdaag nie. Wat kan ons doen? Niks! Gee tog raad voor die hele wêreld herwaarts en derwaarts hardloop! Waar gaan klim ek wat vrek bang is vir die see? - Oumaros



Ek is 'n wit "boertjie" en wil ook grond hê om te boer, maar plase is te duur. Ek belowe om drade en kampe in stand te hou, nie orals sinke op te slaan en nie alle steenbokke, gemsbokke en vlakvarke uit te roei nie. Van Agter(gel-)os.



Wil net hoor of sê. Weet die ministers van ons land, veral die sogenoemde staatsleier, wat aangaan in ons land? Ons verloor ons eiendomme weens werkloosheid. Ons kry honger en hulle sit in konferensies en teken net papiere waarvan ons nie eens weet. Watse ooreenkoms word voor geteken? Ons mense kry honger op die platteland, jonk en oud, asseblief. Staatsleiers moet nie net vir julself sorg, kyk ook na ons.



100 vehicles missing at health ministry? Plus in 2017 they bought 60 vehicles for N$48,8 million (over 800 000 per vehicle?) but books record N$62,5 million. N$13,7 million missing? They spent N$331 million without treasury approval? All taxpayers money wasted, misappropriated? And nobody is held responsible or prosecuted? Wake-up Mr. President and keep your promise to stamp out corruption! What a crooked country!



Lt.genl. Ndeitunga het vir die polisie drie maande kans gegee om die misdaad uit te wis. Nou wonder ek of Rehoboth dit sal maak, want alles is nog normaal hier. Huisinbraak, veediefstal, dwelmverkopery, alles raak erg, maar ons hoop Rehoboth se naam sal ook iewers een of ander tyd daar by die goeie verskyn.



Luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, help vir ons sodat Schlip dwelmvry kan wees. Onse jeug vergaan van pille en dagga. Help ons, asseblief!



Ek wil vandag skryf oor 'n teer saak. Die plase wat afhanklik is van Telecom Namibië se diens sukkel baie keer tot vier dae per week sonder telefoondienste. Wanneer hulle kontak maak en kla daaroor, word daar vir hulle gesê dat die toring wat hulle bedien se battery uitgedien is en daar is nie geld om dit te vervang nie. Dit is 'n uiterste skande, want daardie mense betaal getrou hulle huur, maar kry geen diens nie. Ek sou baie graag 'n verduideliking van Telecom wil hê hoe dit werk, want dit werk nie!



Oumenspensioen. Kan dit nie oor my hart kry dat die oumense so verneder word om 'n N$50 verhoging te kry. Sê my wat kan jy maak met 'n N$50? Eertens moet ek my tiende betaal. 'n Liter melk kos al klaar N$20, 'n pan brood N$10, en dan kom daar nog belasting by. Ek wil baie graag weet wie kry sulke goed reg om vir die oumense 'n N$50 verhoging te gee. Om te dink alles in die winkels het opgegaan met hul pryse. Sê my waar trek jy die streep? En nou hoor ek die petrol styg al weer volgende week, dan styg alles weer in die winkels. Wat nou gemaak?



Aai, Otjiwarongo! Waar kom julle nou weer aan die onwelkome en ongemerkte “speed humps”-idee. As julle geld het om te mors, verminder liewer julle tariewe.



NWR, you bought a boat for Hardap dam. Please inform the people what it cost the taxpayer!

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer