SMS'e vir 26 Junie 2017
SMS'e vir 26 Junie 2017

SMS'e vir 26 Junie 2017

“. . .so baie werkende mammas. . .”
Mandy Rittmann
Chinese “rhinohorn”-smokkelaar op vlug. Janee! Gaan so aan regsstelsel, beskut die Chinese wat ons land kaal steel. Hoe is dit moontlik dat stropers en verkragters borg kry?

?Is dit werklik nodig om 'n fortuin (N$3 miljoen) op 'n begrafnis te spandeer? Daar is soveel armoede en ellende in ons mooi land. Stem saam dat mnr. Ya Toivo 'n held is, maar sou hy wou hê soveel geld moet op sy begrafnis spandeer word? Vra maar net.

?N$3 miljoen se begrafnis. My liewe mens! Sommige Namibiërs krepeer van ellende. Senior burgers moet met die minste tevrede wees en dan moet daar so 'n groot bedrag spandeer word aan 'n begrafnis. Waar gaan ons land heen en wie gaan nou eintlik regtig die voordeel trek uit die miljoene van die begrafnis? Wil ons land nie maar liewer die voorbeeld stel en wys hoe finansies hanteer moet word nie.

?Ek verstaan nie, 3 miljoen word vir Toivo ya Toivo se begrafnis gevra, dit terwyl alle kapitaalprojekte gevries is. Namibië, ai tog wat is prioriteit?

?"SOE's se wittebrood is verby"? Ag, mnr. Jooste dit het jy al gesê toe jy aangestel is, en niks het gebeur! Niks sal verander in Namibië, is nog nie een enkele "official" vir sy misdade/korrupsie vasgetrek/verantwoordelik gehou nie. Die regering is 'n vrot nes en beskerm mekaar al die pad.

?My genade! Het nie geweet dat onregverdigheid ook in die howe 'n rol kan speel nie. Drie persone vir dronk bestuur gevang, twee is met N$4 000 gestraf, terwyl een met N$5 000 gestraf is. Hoe verklaar mens dit? Vir my is dit baie absurd. Kan dit nie glo nie.

?Finansies is 'n probleem! Ek wag van 2014 af vir my geld tot nou toe. As dit ons was wat vir hul geskuld het, sal ons lankal ons boete gekry het, en hoekom werk hul oortyd, maar daarvan kom niks uit nie? Ek is nou keelvol. Hoe lank moet ons nog wag, so as jul bankrot is, maak toe. So, ons moet ook nie ons "tax forms" meer invul nie, want dit help rêrig nie. Ons mors net ons tyd om dit te doen. Ministerie van finansies, ons wag op 'n antwoord, asseblief. Ek soek my geld nog in dié week. Anders is daar 'n groot probleem. Antwoord ons, asseblief!

?Aranos dorpsraad, ons almal soek lewe! Gee maar weer die “interlock”-tender vir dieselfde mense. God sien julle onthou!

?To the gentle person that said some Namibians do not read history and don't understand it. We do indeed, we just differ from you and there is no better time to raise issues than the time you do it. Everyone has his/hers own history about the liberation struggle, even you.

?On 21 June 2017 Bernhard Esau & Kie went to Aminius in Omaheke region to restructure the Swapo sections and branches that have been restructured two, three weeks ago. This is total manipulation and "dom" checking of the SWAPO members and raping of the Swapo Party constitution to advance the Ueitele clique. Swapo members in Aminius you are zombies that's why Petra & Kie will control you. Swapo is fooling you, you will remain voters till death. While the people and their likes what you are voting will shine and live nicely. Poor you! Ag shame Aminius!

?LED-ligte is wettig in Namibia. Nampolverkeer, wil julle net inlig dat die land gister 22 Junie goeie nuus ontvang het. Die LED-ligsaak is gewen in Mariental. Johan Louw is onskuldig bevind.

?"Kinders met ronde handjies". Vandag is daar so baie werkende mammas en die lewe is baie gejaagd. In die meeste huishoudings is daar huiswerksters wat die huiswerk doen. Kinders het geen respek vir ouer mense nie en verseg om hulle hande in water te sit, want sy word mos betaal om die werk te doen. Kinders ken dit nie meer om self hul skoene skoon te maak of skottelgoed te was nie. Siestog! Die arme bloedjies het so baie huiswerk. Daar moet mos tyd wees vir die TV en die selfoon ook.

?Ek was aangenaam verras dat MultiChoice die inligting oor uitsaairegte vir rugbywedstryde in Afrikaans deurgegee het. Gewoonlik kry ons terugvoering net in Engels. Mooi!

?Theo Diergaardt sal nog vir ons baie gedoen het. Dis die manne wat saam met hom was wat vir hom agter die rug geskiet het. Ons kan die manne noem.

?Ek wil graag weet van Rehoboth polisie. Hoe is dit moontlik dat vier mans met 3 kg dagga met N$24 000 se waarde se kar wat gekonfiskeer was, vanaf die stasie wegraak? Ek kom vir julle. Wees verseker! Korrupte stasie.

?Ek verstaan nie die storie van die stasiebevelvoerder van Derm nie. Sy behandel die polisiemanne wat groot volwasse manne is soos klein kinders. Baie klagtes oor haar is al by Mariental DK gerapporteer, maar sy lyk my word as die Almagtige gesien, want van al daardie manne se klagtes kom niks. Ons stasiebevelvoerder behandel ons soos sy kollegas al is hy streng en daar word nie onnodige reëls gemaak soos op Derm. Iets moet gedoen word.

?Ek is Martin Esterhuizen, die bekende fietsryer wat in Namibië evangeliseer. Ek beweeg ook met my bruin houtkruis om die boodskap van verlossing uit die mag van satan te verkondig. Ek sal op die dag van 30 Junie 2017 uit Keetmanshoop na Kaapstad in Suid-Afrika met my houtkruis stap om ook die evangelie daar te verkondig. Ek doen 'n versoek vir voorbidding vir my kruistog. Ek is ook baie dringend op soek na 'n borgskap vir 'n enkel slaaptent. Ek kan gekontak word vir enige navrae. - 081 321 8682

?Is Republikein se Afrikaans op die afdraande pad? Sin in plaas van s'n vir behorende aan. En dit wemel van die rondoms.



Jy wat so met mev. Chris oor die kop geslaan is. Wie is dit? As dit mev. Christ is waarvan jy praat, spel ten minste haar naam reg. Dit wys net hoe swak jy haar ken. Vra by jou regering geld vir projekte as hulle 3 miljoen vir 'n begrafnis kan opdok. Toivo was 'n man van inbors. Hy sou gesê het bestee dit aan die armes. Ontstoke.



Ons skool vat die koek met geld insamel ten koste van ouers wat "strakkel" om kop bo water te hou. Hulle sê vir die kinders dis omdat julle nie skoolfonds betaal. Verpligtend: African Child Day N$50; Market Day N$50; Big Walk N$150; Matriekafskeid (graad 12) N$600. Funksies: Spins 8 Julie N$50; skoonheidskompetisie (finaal) "front seat" N$100, galery 50 en "back seat" 30. Kyk net hoeveel uit 'n ouer se sak met meer as een kind.



Wel gedaan, Louise Wiese en Herman Theron. Nie net vir julle intensie om die fondse van die Pro-Ed Akademie te verbeter, maar om terselfdertyd ook iets vir julle eie gesondheid te doen. Te veel mense in julle ouderdom doen net mooi niks om gesond te bly nie. Ek het self ook redelik laat weer fietsry ontdek en het 3 jaar gelede op 52 die Desert Knights-fietstoer gery en ek ry nou gereeld. Dis so lekker! Ek wil tog ander middeljariges ook aanmoedig om weer op die fiets te klim. Nie vir resies nie, net om lekker te ry. Los maar daardie 4x4's met 2 wiele en met eie krag te ry is tog so veel lekkerder.



Dankie, Quinton! Sal jou beslis aanbeveel vir enige iemand wat 'n DStv-installeerder soek wat weet wat hy doen! Uiteindelik iemand wat vir homself kan dink.



Ek het dokumente van mnr. Robert Christiaan opgetel. - 081 398 4527



Ek sou my ma sê om nie my pa terug te vat nie as hy gaan "flirt" met jong dames en uit die huis uitgaan vir 'n jaar, want ek is baie lief vir my ma en wil haar nie verloor nie.



'n Sin vir humor het ek. Ek lag graag saam. Ek lag nie vir ander mense nie. Lloyd Zandberg moet miskien so skryf dat geen een voel hy beledig mens of praat neer op mens nie. Tannie G, ek val hom nie aan nie. Ek was nog nooit vet nie, het baie hare en bly nie in Upington nie. Ek glo humor moet niemand “offend” nie. Hoe moet die tannie van die gastehuis voel? Ek kyk nie Binnelanders nie en so terloops ek hou daarvan as ons vir onsself kan lag. Miskien lees Upington se mense nie die Republikein nie en dan maak dit mos in elk geval nie saak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!