SMS'e vir 26 Junie 2019
SMS'e vir 26 Junie 2019

SMS'e vir 26 Junie 2019

". . . met so 180 mense . . ."
Mandy Rittmann
Wat het met Katrina se hofsaak gebeur, of is dit onder die mat? (Die uitspraak vind op 8 Julie plaas. - Redakteur)

SA se lugdiens is bankrot so ook Eskom, Trans- en Spoornet, SAUK, alle munisipaliteite ens. ens. Tog verdien die CEO’s van genoemde instansies dieselfde en soms meer as hul ewekniëe in die Weste se groot moonthede. Ons bly vergeet, ons bly in Afrika waar dinge gebeur soos Afrikane dit wil hê. So vir die wat nie wil saam dans nie, is daar wel twee opsies. Shut-up en bly of pak en ry. - SAP&H

Rowwe rit: Flug BA 6274, Saterdag 23 Junie 2019, 12h00. Wat ’n angsbevange rit. Met die aanloop vir die opstyg in Johannesburg was die vliegtuig die hele baan vol, in die lug kon die hoogte nie gehou word nie, met die landing is in die middel van die baan begin en is ons toe amper uit ons sitplekke gerem, met so 180 mense. Leerling het seker geoefen.

Viva mevrou Stein en span van ELK, Lüderitz. Die afgelope 5 jaar wat u dien op ons finansies het ons geld nie weggeraak nie. Mag die Here u behoed en bewaar.

As ons Vader wou gehad het onse mense moes rook, sou Hy seker vir ons van ’n skoorsteen voorsien het? As Hy dan ook wou gehad het ons moes ry, seker ook wiele onder ons stert aangebring het? – Ubuntu

Om duiwe van jou dak of stoep af te hou, sit net ’n speelgoedslang van die wat eg lyk daar neer en die duiwe is weg. As die duiwe weer kom, het die valk die slang kom haal.

Ons wil graag so gou as moontlik dringend kontak maak met al die dames wat van 1989 aan die Agra Damesklub Windoek behoort het. Kontak Lizzy, 081 275 5244, of Lalla, 081 401 6312.

Rerig MultiChoice Africa? In Rwanda word medisyne en bloed met drones in vergeleë plekke afgelewer en julle kry dit nie eers reg om rekeninge met ID’s (wat ouderdomme wys) te link nie, om pensioenarisse afslag te gee? Shame! Ek is nie een van jul kliënte nie, maar dag ek sê maar net.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!