SMS'e vir 26 Maart 2020
SMS'e vir 26 Maart 2020

SMS'e vir 26 Maart 2020

"...skoolfond gaan sny..."
Mandy Rittmann
President se inhuldiging se besoekers­tal: reëls word gemaak om verbreek te word, wette om veront­agsaam te word.

?Corona lockdown: Hope the government thought good to supply its people and elderly with basic food for the upcoming three week lockdown period.

?Ek wil graag hoor of die privaatskole ook hul skoolfonds gaan sny, of vir ons afslag gee, want ons gaan deur 'n moeilik tyd. En dit kan nog moeiliker vorentoe raak. Ek dink daar is ander ouers wat sal saamstem dat skoolfooie nou swaar betaal word as gevolg van die druk op ekonomie. Die privaatskole se opinie sal waardeer word.

?Gaan die gyms regtig oop bly in die huidige omstandighede? Ek het 'n SMS gekry dat hulle oop is en dat net 50 mense op een tyd mag gym. My vraag is hoe gaan dit werk? Wie bepaal wie mag wanneer oefen en hoe lank oefen? En hoe sal ons weet wanneer is daar minder as 50 mense, sodat ek kan gaan oefen? Ek stel voor hulle maak vir eers toe en sit alle aftrekorders op hold totdat dit beter gaan en die Covid-19 is onder beheer en uitgewis, want ek kan nie betaal as ek nie oefen nie.

?Baie dankie aan die NG Kerk, ­Pionierspark se kombuisspan wat vir ons met baie liefde kossies maak. 'n Lekker bord kossie is soos 'n stywe drukkie vir ons ou mensies van Senior Park.

?Dankie NBC. Klank pateties en dit is die belangrikste aankondiging wat ons moes hoor en verstaan tydens die president se aankondiging oor Covid-19. Kan julle nie beter doen nie?

?Namibiese regering moet by Suid-Afrika gaan leer hoe om 'n professionele perskonferensie te hou. Was baie swak en onprofessioneel.

?Dear Dr. G. We need to find silver linings in all dark clouds. Is now not a good time to take the defense budget and build hospitals? Is now not a good time to tell Air Namibia, TransNamib and NBC (the later again proof their uselessness today) to distance from tax money. Thanks. – Rouksie

?In the crisis of Covid-19 the church must be the place to protect human life and not hubs of transmission or transmission stations when medical protocols dictate the only option is to close church doors to safeguard life. Pastorally, respecting isolation protocols decreases the risk of infection. Thus maintain physical distancing by avoiding any occasion or gatherings, be it social, educational, cultural or religious. In short, let our churches protect human life instead of becoming houses of the transmission of the virus. – PJI

?Almal word ingeskort. Blok die dorp af waar corona is met army en polisie, maar land so corrupt jy betaal dan gaan jy. Nodige mense, dokters, apteek, polisie, weermag, ambulanse en radiografiste en labs: baken almal af van Windhoek. Dit is waar die siekte is. Niemand in of uit.

?Farmers in Omaheke Region are losing many livestock due to poison leaf, especially during the dry season. It is against this background that I humbly appeal to the recently appointed minister of agriculture to consider to subsidise the poison leaf pesticide. - Yster of Omaruru

?Hoekom nie elke ATM se sekuriteitswag en by winkelkomplekse met reiniger vir hande toerus nie? Wat van pensioen, lang rye? Skerp weermag op en sit elke winkel se sekuriteit aan om hande te was en maak NamPost en oorsese pos toe. Ons land het nie eers genoeg om die nodige te doen vir staatshospitale nie, hoe wil hul dit beveg?

?Ek wil net weet: al die besighede wat nou toemaak en mense wat huis toe gestuur word as gevolg van die Covid-19, word hulle salarisse betaal? Hulle verpligtinge gaan nie nou ook ophou nie. Wat sê die labour law hieroor? Gaan banke, winkels waar rekeninge is en verhuurders nou 'n betalingsvakansie gee?

?MTC. Ja, asseblief doen iets met daardie nommer 101 en 103. My credit verdwyn ook net so. Dit is nonsens hoor! Baie vies daaroor!





Mense, jul wie se kaste en yskaste vol is, wees dankbaar. Ek weet nie hoe gaan ons wat nie elke dag kos het nie survive? Net met genade.



Met dié lockdown gaan die regering vir ons kos bring en ons huur betaal wanneer ons nie mag winkels en banke toe gaan nie? Moet baie van ons nou omkom van hongerte, omdat ons nie kos mag gaan koop nie? Hoeveel gaan hulle blyplekkies verloor, omdat hulle nie 'n geldjie mag trek nie? (Banke en winkels word nie in ons land toegemaak nie - mense moet net nie onnodig baie winkels, banke en ander plekke besoek nie. Almal wat kan moet probeer tuisbly of by die huis werk. - Redakteur)



Swapo Party, who is the regional candidate in Aranos? Jan Jarson are not working with the community in Aranos. President Hage Geingob help, help, help please. - Grandpa



Volgens die president het die mense hulle lewens op die spel geplaas om sy inhuldiging by te woon. Hoe belaglik. Was daar fout met die kos of was hy bang hulle drink and drive? Hy kon vir homself 'n brief geskryf het wat lees: jy is nou president en dit gestempel het, maar nee, hulle moet feesvier en baie geld spandeer op gaste van ver.



Op vir Rehoboth Town Council. Wat word van ons wat glad nie water het in ons erwe, wat op erf sit. Mense is onbeskof en ongeduldig met ons.



Radiostasie Nova FM 103.5. Julle sal julle sokkies moet optrek om julle voorganger se skoene te wil volstaan wat musiek aanbetref.



Metro Cash and Carry het Desember verlede jaar 'n kompetisie gehad waarin jy jou tillslipnommer moes SMS na 21111, om sodoende in aanmerking te kom vir mobiele sleepwaens vir voedselverkope as pryse. Wie was die wenners hiervan? Vra maar net.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!