SMS'e vir 26 Mei 2016
SMS'e vir 26 Mei 2016

SMS'e vir 26 Mei 2016

Gerine Hoff
Swapo-skool geopen! Swapo informeer ons mense asseblief wie hierdie skool finansier en of die taxpayer dit betaal en wat die skool gekos het waar lede waarskynlik gebrainwash word? Dit is dan ook net regverdig dat die ander partye ook sulke skole kry! Seker nie, want dan mag hulle te sterk word? Antwoord asseblief Swapo!


Pak slae: Ek het vir my kinders dit duidelik gestel as ek hulle raps oor iets en hulle dreig ons as ouers met polisie oor wat Sam Nujoma kwytgeraak het, was my antwoord " Gaan bly gerus by Sam" ! Dit het heel goed gewerk. Ons was nooit weer gedreig met polisie nie.


Die Goliaths maak 'n pragtige paar. Hoop hulle sal baie lank saam baie gelukkig wees. Elfriede Hein, Swakopmund


Bid dat niemand 'n bloedwond of ongeluk sal hê nie. Daar's geen bloed meer om lewens te red nie.


Ek’s heeltemal ten gunste dat almal in diens van die staatsinstellings sowel as die voornemende aansoekers se agtergrond behoortlik gescreen moet word. Te sien in die lig van wat daagliks gebeur by die munisipaliteite en toekennings aan hervestigingsgronde aan die aansoekers, kan dit net nie meer as regverdig wees nie. Selfs Jesus het in ’n stadium gesê. Dit is nie reg dat die kos aan vreemdes as eerste keuse moet gegee word ten koste van wie dit toekom nie. Let wel, ek’s ook nie gekant teen versoenings nie. Dit moet net baie sigbaar wees waar die lyne getrek word, anders is daar ’n Babelse verwaring.


TransNamib, los jul mooi terugvoerings. Ons het al 2 jaar uitgesit met verhogings. Asb., nie nog 2016 nie. Ons trek swaar.


Moeg belas brief van dr. Karamata in vandag se koerant. Ek stem heeltemal saam. Ek dink dit is ons eie fout wat elke verkiesing vir die Swapo-party stem. Kyk na die president. As hy self luukse huise bou om te verhuur . . . Wat sê dit vir jou? Kom ons raak wakker in stem vir ’n nuwe regering wat na sy mense sal kyk asb. Groot asb., raak wakker! Kyk na die manne wat langs die paaie staan en werk soek. As die verkiesings kom dan hardloop hulle om vir dieselfde party te stem net om weer na die verkiesings terug te gaan staan by dieselfde plek, in die son langs die pad!


Die glibberige skelm Jan (as dit sy naam is) werk óf in die bank óf kry informasie vanuit die binnekant, want hy weet tot wat jou plaas se naam is, dat jy en jou man albei daar bank en beskik ook oor jou selnommer. Al drie genoemde stukkies inligting word mos juis nie vanaf dakke verkondig nie? Hoop slim vang sy baas en dat hy tot harde arbeid gedoem sal wees.


Wanneer word die belastingkantoor ook bietjie " reggeruk" ? As gereelde belastingbetalers moet ons tevrede wees met treurige diens.


CEO van Kalkrand wil vir Chairperson boorgat mooi maak. Wat skuil daar?


Ek wil graag weet of die inswering van ’n nuwe Bondelswarts chief tydens die naweek van 6 - 8 Mei 2016 te Warmbad ’n wettige seremonie was wat plaasgevind het? Want die nuusmedia was nie betrokke nie, maar staatsvoertuie was gebruik vir die geleentheid.


Ouers wat toelaat dat hul kinders waterpype (hubbly) by sportsbyeenkomste rook, moet solank spaar vir die suurstofsilinders vir hierdie kinders. Grootste euwel. Ek het 5 getel by een geleentheid.


Keetmans-staatshospitaal: Kan die susters nie die 3 maande behandeling herhaal eerder as om ’n pasiënt daarvoor hospitaal toe te verwys nie, en dan vir 2 dae in ’n ry te gaan sit nie? Vra maar net.


Ek wil graag ’n bedanking doen aan Leonard Kilon by Autohaus. Jy is ’n Volkswagen guru (’n meester). Weet jy, ek’t my voertuig by nog ’n Volkswagen-handelaar gehad vir ’n fout aan my kar en moes vier keer my kar terug vat en die fout word nie opgelos nie. Bly en betaal nog net. Te danke aan jou is die fout vinnig opgespoor met toetse wat jy gedoen het. Dankie en jy verdien om ’n Volkswagen specialist genoem te word. Trotse Autohaus kliënt.


Ek wil net vir die skrywer wat praat van die Pinkster-pastore sê dat hulle terug moet stool toe gaan. U dominee, hulle het so gaan leer, maar preek nie die waarheid nie. Hulle preek ’n verdraaide evangelie. Lees gerus Galatians 1. Lees ook 2 Timoteus 4. Dit sê dat in hierdie tyd soek baie mense predikers wat hul gehoor streel en nie die waarheid wil preek nie. Dit help nie ons preek sonder die leiding van die Heilige Gees nie.


I found the driver's licence of Mrs. GG Moeller at Swakopmund bridge. For more information contact Albin on 081 432 4248.

Kan die verkeerskonstabels end kry om voor die aankomende karre in te spring. Julle sal doodgery word! Wat soek jy in die pad? Wil jy selfmoord pleeg?


Met verwysing na die persoon wat sê die Pinkster-pastore moet liewer skool toe gaan en beter opleiding kry om beter preke van hoop en geloof te preek, ek wil u skok. My mens, Pinkster-pastore berei nie hulle preke ’n hele week voor om Sondag te gaan preek nie. Hulle is gees-geleerde manne en dit wat hulle preek, is die waarheid, want hulle hoef nie in die guns van hul lidmate te preek nie. Hulle preek die evangelieboodskap wat sê bekeer jou, want daar is geen verlossing sonder bekering nie. Ek het nog nie gehoor daar word in Protestante kerke gepreek van bekering nie. U sien, om ’n lidmaat te wees, beteken niks nie. U sien wanneer iemand bekeer, dan vind daar ’n totale gedaanteverwisseling plaas. Jy is nooit weer dieselfde mens nie. Gaan kyk maar elke naweek by die dansplekke en kuierplekke - dit is vol van lidmate van Protestante kerke. Nou sê u vir my hoekom is daar dan nie ’n verandering in die lewe van die lidmate van die Protestante kerke nie as hul predikante wat skoolgegaan het dan so preke preek van hoop en geloof? Die waarheid is ’n naarheid, maar dit hou jou uit die gevaar uit. Ek het tot inkeer gekom onder die preek van ’n Pinkster-pastoor. Hulle draai nie doekies om nie.


Moedeloos van reuke in Blok C en Blok E. Rehoboth town council, ons is op! Julle self ry rond en sien die rioolwater in die strate af. Maak iets! Dis hoog tyd.


Recycle Electronics Namibia! Hoe en waar? Ons het nie almal internet nie!


Welgedaan Cenored Outjo! Stuur ’n kennisgewing uit dat krag Sondag 22/5 vanaf 07:00 tot 17:00 gaan af wees en dan kom dit eers 19:50 aan . . .


Mnr. Knowledge Kati, kom asb. Hentiesbaai Omdel toe en koop alle NHE en mass housing huise wat al jare so staan en deel dit uit onder almal wat jare wag vir huise asb.!


Hoe op aarde kry ons ooit al die verskillende gelowe, gebruike, tale, kulture, bygelowe, tradisies en gewoontes sover om te verdra en te versoen? En is die deurmekruis [sic] mengelmoes in die 'Groot Bestel' veronderstel om dit te doen? – Weti


Ons as bedroefde families is totaal en al wreed ontnugter tydens die skietdood van ons swaer en suster se dogter Franzeldie Beukes (2 Mei 2016). Kan sommige Godgeskape mense so wreed, sensasiebelus en kekkelbekagtig wees? My wêreld, ruk ’n storie heel uit verband uit. ’n Magdom verskillende weergawes. Ons tone het regop in die lug gestaan van skok en afgryse van wat ons gehoor en gelees het bv. sommige mense, Facebook en mediaberigte wat in Republikein (Vrydag 6 en Dinsdag 10 Mei 2016) verskyn het. Rehoboth polisiekommissaris A van der Byl het ook nie naaste familie gekontak nie en sodoende verkeerde inligting gekry wat hy deurgegee het. Zeldie het ’n vreemde van (Bekerbone) waarvan haar ouers nog nooit eens gehoor het nie. So ook hul troudag. Dit was die 5de September en nie Desember 2015 soos berig is nie. Waar kom hulle daaraan dat skoonpa skoonseun slaappille ingegee het?


Ek soek tog mense wat vir my suurlemoene kan skenk. Ek sal dit baie waardeer. Kontak my by 081 449 1169.


Ons die Velskoendraers stam van Koës wil graag die voorbeeld van Tseib se nasate volg om sodoende ons eie herkoms te verewig. Ons mense wat so verspreid leef en werk oral in die land moet tog asb. uitkom uit andere se tradisionele landskap en huis toe kom, rooi duine toe. Julle koopkrag, verdienste, energie, alles word ingepomp elders om in ander se agterplaas nes te skrop en willens en wetens te wil vestig. Is ongehoord, die Ooste roep! Ko's gaan huis toe - ek raak skoon bewoë . . . Velkaros


Ons is ’n Christelike groep en koor en wil graag ’n CD maak. Ons vra hulp. Iemand kan ons bystaan in enige vorm. Ons sing mooi, maar finansies hou ons op ons knieë. Almal help asb! Kontak 081 342 7582.


Raad vir vlekke in die gesig: Gebruik kankerbossalf, ook vir brandvoet. Bel Richard by 081 211 1330.


Ek is dringend op soek na PE de Koe. Hy is ’n expert Renault mechanic. Kan hy asb. sê waar hy hom bevind of ’n nommer gee waar ek hom kan kontak.


Baie dankie aan Rehoboth Town Council wat besig is om straatligte te vervang. Maar groot ASSEBLIEF, ons karre skud uitmekaar. Rehoboth se strate is ’n nagmerrie. Skraap groot asb. ons state ook en baie gou ook.


Ek wil net my dank uitspreek aan die staathospitaal se kraamsaal personeel wat op 23/5/2016 om 06:40 my dogter laat kraam het. Ek haal my hoed af vir julle. Julle het uitstekende werk gedoen. Ek was fisies daar en het self gesien. Hou so aan. Laat die Here julle seën. Claudia Ott


Die huishulpe wat so kla, hier by ons werk hulle van 8 uur tot 4 uur en wat doen myne? Vee en mop vir daai ure. Dan vra jy oor die ander werk wat nie gedoen is nie. Baie arrogant antwoord sy “ek het vergeet”. Maar hulle hardloop gou labour toe en sê jy wil nie betaal nie, maar sy het self die werk gelos. Dis hoekom werkloosheidsyfer so hoog is.


Ek’s tog op soek na ’n hondjie. Ek’t nie geld nie, maar as iemand my kan help met ’n klein reunhondjie sal ek tog bly wees! Groot asseblief! Kontak my by 081 369 8849.


Barmhartige Samaritaan, daar is ’n oom op Witvlei wat ou klere en komberse soek. As u kan help ASB? Ek sal sy nommer vir u gee. Kontak my asb. by 081 216 5067. God seën.


My seun het boeke verloor in ’n taxi, hy is ’n toergids en dis toerismeboeke. Op die sak waar die boeke in is, staan Jimmy. Met enige inligting, skakel asseblief 081 721 2820. Martha


Munisipaliteit van Okahandja, kan u asseblief die gate by Veddersdal kom regmaak? Etlike maande nou. Dankie vir dit wat u wel onderhou. Seëninge!


Facebook is ’n mors van baie tyd. Jy spandeer ure om mense se kwinkslae/versies/foto’s van hul kleinkinders, agterkleinniggies en hul nuwe werpsel katjies en wat hul die vorige dag geëet het, te bewonder. Vuil gesprekke en swartsmeerdery van ander mense moet jy sit en like en dislike in plaas van sulkes te berispe oor wat hul kwytraak. Ou tannies en omies wat op Facebook is, jou sig sal jy verloor en jou rug sal krommer trek. Klim af van Facebook. Hou op mense op Facebook beswadder.


Ek dink partykeer dat mense wil gevang word met slenters. Of is dit die moontlikheid van 'n ekstra geldjie wat verhoed dat die waarskuwingsligte afgaan? Alle slenters het gewoonlik iets in wat jou logika moet toets en jou behoort te waarsku. As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik. As jy nie 'n lotery gespeel het nie, hoe kan jy 'n email kry wat sê jy was 'n wenner? Vat nou weer die nuwe slenterpolis. Van wanneer af moet iemand internet banking hê vir enige inbetalings op sy/haar rekening? Was nog nooit nodig nie. En as ek 'n polis by hulle gehad het, moet hulle my bankbesonderhede hê. Dan kon hulle daai details met my verify. Hulle gee my die details, ek verify. Ek sê maar net. Pieter van Heerden, Windhoek


Ek wil aan die kruisprediker wat onlangs ons dorp Gobabis besoek het, sê dat hy moet aanhou met die goeie werk. Die prediker het in sy getuienis gesê dat hy baie te doene het met slange en luiperde. Hy het getuig dat hy op 9 Mei 2016 by die ou begraafplaas deur ’n slang gejaag was. Ons wat geluister het na die prediker se boodskap op 14 Mei 2016 by Gobabis Pep Stores is tevrede met die diens en boodskap. Ons is verduidelik hoekom Jesus nie aan die kruis hang nie. Die prediker het duidelike boodskap aan die gemeenskap gebring met sy kruistog. Die prediker het van Jona die boodskap bedien en baie hard die gemeenskap terug geroep tot bekering. Die prediker het genoem dat die volk van Gobabis ingesluk is van die wêreld se plesier van sonde. Hy het gesê dat die gemeenskap van Gobabis vir Jesus moet aanroep en smeek vir genade soos Jona in die buik van die vis die Here aangeroep het. Here, dankie dat U hierdie eenvoudige man gebruik om so ver uit Windhoek met sy kruis na Gobabis te stap om die evangelie te verkondig. Evangelis Martin Esterhuizen, hou aan met die goeie werk. God sal u ryklik seën. As julle met die prediker wil gesels, hier is sy selnr. 081 363 1426 Sterkte man van die Here. Otto

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!