SMS'e vir 26 Mei 2017
SMS'e vir 26 Mei 2017

SMS'e vir 26 Mei 2017

“...of tart julle die noodlot?”
Mandy Rittmann
Ja, Namibiërs, is ’n baie, baie, baie siek nasie. Vermoor leeus en neem foto’s en lag daaroor. Maar wag maar, God slaap nie!

Stem saam, ontplooi weermaglede teen die euwels wat ons nou teister! Soos aanrandings, rowerbendes, verkragters, gewapende rowers en inbrake by huise en karre. Dan verdien hul ten minste hul betaling van belastinggeld.

Minister van omgewing en toerisme moet weet dat leeus ‘n vleisetende dier is. As daai leeus die mense doodgebyt het, wat sou hy gedoen het?

ACC where are you? Missing in action as usual (SME money grab). Change your name to SEGA, Swapo Elite Guardian Angels. – Blackmud

Ek lees dat ‘n inwoner van Otavi kla oor hul vuil dorp. Ek dink ons moet ‘n kompetisie hou om te kyk watter dorp is die vuilste in die land. Ek is oortuig Grootfontein gaan maklik wen.

Wat soek julle nog by Avisdam, of tart julle die noodlot?

DTA, mnr. Smit, wat het geword van die 14 bakkies wat DTA met belastingbetalers se geld gekoop het?

Soos wakker waghonde het die Namibiese media laasweek ons almal behoorlik by die Lutherse feestelikhede ingeblaf. Vreemde okkasie. Ellelange Martin-agtige artikels. Talle vrome vreemdes uit veral Duitsland het in die verdwene voetspore van doerie jare se sendelinge hul weeklange solidariteit betuig. Hondemeester Tweya was in sy noppies, want al die brakkies het vir die hele week dieselfde pienk byderwetse "tow-the-line" heilige "dog collartjies" aangehad. En bly blaf. Nou is dit oor en kan verkragting/korrupsie ens. weer besnuffel en beblaf word. Hiervan hou Tweya niks, want die keffers kef te veel.

500 million is owed to the Windhoek Municipality, 12.5 million by pensioners, the rest by businesses and government for years already! My question is? Why don’t they cut off services of the government but businesses, private persons are cut off immediately?

Die ELK/DELK/ELCRN ens., ens. se makietie is verby. Linte, baniere, heilige sintkransies, die hele lot is tot by die tiep opgeruim. Terug met die hekseketel op die vurige kole van weeklikse twis, rugstekery, verdagmakery wat hierdie sogenaamde kerk daagliks in die geskrewe media teister. Tereg staan jy met ’n mes in jou hand as jy lustig meedoen aan hierdie selfregverdigende messtekery in die koerante. Die wêreld lag vir die sogenaamde kerk.

Vir twee weke sukkel ek met wateraansluiting by uitbreiding 5 in Aranos. Was al ’n paar kere by die dorpsraad, maar sonder om gehelp te word. Van Williams.

Rehoboth polisie, dit wys julle doen nie julle se werk nie, of is kop in een mus met dwelmverkopers, so lt.gnl. Ndeitunga, help vir Rehoboth.

Republikein 23 Mei 2017, die vrou in die maan sal baie mooier gelyk het as die - ek weet nie of dit draad is nie - maar as daai lyne nie daar was nie.

Your SMS on the solidarity fund of ELCRN by your view is incorrect. Each circuit is supported, for example Walvisbay, Outjo and Okombahe. Is it in the South?

Bishop //Gamxamub has been elected by the synod and will remain till his term expires. We know by now those writing smss are the ones undermining his authority. And furthermore ELCRN is guided by a constitution and having the synod in the south is not by choice. It has been normal that the synod meetings are rotated for your information. Dear Republikein newspaper don’t misuse your media freedom by targeting certain leaders of ELCRN for money making.

Waar kan ek tog room koop? Regte plaasroom.

Ek is op soek na ’n ou Engelse konsertina waarvan die middelstestuk, die blaaie nog heel is. Asseblief, sal dit baie waardeer. My kontak nommer is 081 279 2341.

Ek wil gesels met lesers wat ervaring het van "online copywriting". Of weet van iemand wat dit doen. Kontak my by 081 321 8534. – Archie

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!