SMS'e vir 26 Mei 2021
SMS'e vir 26 Mei 2021

SMS'e vir 26 Mei 2021

"... geseën met mariba ..."
Mandy Rittmann
Die NBC-werkers is vir die wolwe gegooi hoewel hul eise geregverdig is. Diegene wat hul gat gegrawe het, het performance bonusse en 'n luukse M-Benz vir nr. 1 van meer as 1,5 miljoen met versekering gedra deur 'n kamma bankrot NBC? NBC Board, hoe kry jul dit reg om befondsing goed te keur vir 'n peperduur Merc en derduisende vir sekeres? Wyl die einste NBC-base sê daar is nie geld vir gegriefde NBC-werkers? Gunstelinge geseën met mariba en duur auto? En no one must be left out lê laag! In kort: GRN het g'n benul wat behels goeie landsbestuur. Die eie ek houding van Grootman en kie het die land gesink.

?NBC-stakers, julle kan nie jul brood aan twee kante gebotter wil hê nie. No work no pay beteken juis dit. Nie no work 50% pay nie. Julself lekka innie voet geskiet!

?Namibië neem leiding teen Covid-19-diktators. Die vaccine is nog nie voldoende nagevors, maar is OK vir menslike gebruik versus Ivermectin wat binne 24-48 uur effektief is, maar nog nie voldoende ­nagevors is vir menslike gebruik, maar word verban? Besluitnemers wil ons nie rêrig genees.

?Ek dink nie jou SMS fail omdat jy teen selfgeslaghuwelike gekant is volgens God se wet nie. Jou SMS fail omdat jy ander mense judge, wat teen God se wet is. Dankie.

?Die nag het ver gevorder wanneer van ons land se regslui/ministers hulle gewig ingooi agter die LGBTQ. Skandelik.

?Die Namibiese Titanic bevind hom in selfgeskepte stormwaters met kaptein Grootman aan die stuur wyl ons die Vision 2030-ysberg tref, vol GIPF-vrot, NBC-vrot, diamantvrot, visvrot, August 26-vrot, SME-vrot en vele ander vrot. Die untouchables het reddingsbaadjies en bootjies vol voorsorg getref, sonder enige kommer na feetjieland. Oorgelaat aan hul eie genade spartel die Namibiese drenkelinge saam, vergaan die stemvee, handeklappers met vlae op kaias, Facebook-soldate wat Swapo moes verdedig, want hulle was net 'n middel tot 'n doel. Solidarity, justice, freedom was en is hul nie beskore. -Namalander

?Volgens Pickering is die vertaling van die uitleweringsaansoek vir die drie Yslanders na twee jaar nog nie klaar nie, en De Klerk is binnekort hier. Kom ek lig julle in, julle gaan nie vir De Klerk of die Yslanders in 'n Namibiese hof kry nie. Sluit eerder die spul wat nog steeds buite rondloop toe. Begin sommer by Sisa. – Boerseun

?Speed bumps: Weet nie of mense werklik besef hoeveel dra speed bumps by tot ekstra, onnodige klimaatsverandering. Studies in Noorse lande toon tot 30%! Baie meer wear and tear op brieke, bande, skokbrekers en ekstra brandstof verbruik. En dink net, hoeveel kere alle voertuie op aarde per dag stop, briek en versnel.

?Og, ek al moeg. Elke week dan is dit net Kanime en Rudie se storie. Kan jul nie tog weer die topic change nie, en vir Rhb aandag gee.

?Ja, dit gaan my verstand te bowe. Dis regtig uiters pateties dat die vragmotors so moet ophoop by Nakop. Elke keer wat 'n mens deur Nakop gaan, staan die vragmotors in rye. Dis nie net laasweek nie. Vragmotorbestuurders werk lang ure. Dis baie verantwoordelikheid. Hulle met hulle vragte verdien regtig nie sulke patetiese behandeling nie.

?Die Here sê my kind jy kan als het. Jy kan goud en silwer en huise en karre en geld het, maar as jy nie iemand kan vergewe en lief het nie, dan kan jy van die koninkryk vergeet.

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!