SMS'e vir 26 November 2018
". . . ook begroot en teer . . ."
N$19 miljard is begroot net vir die Noorde, Weste en Ooste se opgradering van paaie. Tel die Suide se mense se lewens nie? Vanaf Aris na Keetmanshoop kan die RA mos ook begroot en teer? Of tel ons stemme vir Swapo nie?
Woudreuse wat geoes word . . . 161 permitte. Ek het self aansoek gedoen vir 100 ton vir ‘n beskermde boom, bome wat besig is om te vrek weens die swak reënval die afgelope 6 jaar. Ek het nog geen antwoord van bosbou ontvang nie. Om aansoek te doen, moet jy die eienaar wees van grond, ‘n rede gee vir die oes en die kontrak met jou kliënt. So, hoe werk dit in die Zambezistreek met die hoofmanne se dokumentasie? My gat se deksel! Om te dink dat Ethiopië die enigste land in Afrika is wat nie gekoloniseer was nie. Ons moet eintlik dankbaar wees vir ‘n soliede fondasie? Byt vas, Namibiërs.
O hel, onderwys in sy ##@ in. – Oud-onnie
Paaieowerheid (RA), publiseer ‘n verslag oor hoeveel paaie per streek/distrik opgradeer sal word. Opgradering van paaie konsentreer net op nasionale paaie. Wat van sekondêre paaie waar die grootste meganiese skade aangerig word? Sekondêre paaie hanteer swaar tot ekstra swaar voertuie en toeristebusse, veral op Klein Aub na Solitaire se pad. Bemarking van lewende hawe word baie maal gekanselleer as gevolg hiervan. Dit word nou tyd dat sekondêre paaie ook geteer word of ons moet afslag op die padfonds kry op afstande op grondpaaie afgelê.
Duisende SMS’e oor die vernietiging van beskermde bome. As die regering sienende blind en horende doof skiet, kan alle bekommerde kiesers nie tot aksie oorgaan nie? Stig ‘n belangekomitee om die saak aktief te hanteer en te red wat gered kan word.
Die jongmense wat so alles aanvaar en net vir die oomblik lewe, moet dink en reg stem, want die lewe kan moeilik raak. Mens bly nie jonk nie en daar kom ‘n nageslag. Swapo regeer met ‘n ystervuis, maar die stembus kan ook ‘n ommeswaai bring.
In the Hardap Region families of politicians, people that are selling their commercial farms, are resettled almost immediately. People that were resettled already are changing farms while we, the youth, is suffering and can’t be resettled. Now it’s the story of war veterans! In Hardap, we the region’s people, should be 70% of the people resettled and the rest from other regions, the old war veterans or their children.
“Dis ek, Ana”. Die berig is regtig goed geskryf. Net een probleem . . . Waar is die besonderhede van die ondersteuningsgroepe? Ons is in presies dieselfde bootjie, waarvan hulp, bystand en ondersteuning nie deel is nie. Toe deure oor ‘n BMI van 11??? Waar kry ons hulp?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie