SMS'e vir 26 November 2021
"...nie arm mense..."
Nou wys my asseblief waar is al hierdie arm Namibiërs wat na bewering van konynvleis leef. Sovêr my kennis strek, eet die meeste arm mense proteïne wat gratis en vryelik beskikbaar is, soos byvoorbeeld mopanewurms, nie duur gekoopte konynvleis nie. – Nashipolo
Hier volg ’n laaste poging om lesers die nadele van die saak van troeteldierslagting te laat oorweeg. Dis nie arm mense sonder kos wat ’n konynboerdery stig en bedryf of aanlyn gaan om konynvleis te bestel of eksotiese eetplekke besoek om konynpasteie te eet nie. Ja, daar wag ’n lang, opdraande pad voor om sedelike vooruitgang in Namibië te bevorder, want sommige beskou wins as veels belangriker as etiek, beskaafdheid of wêreldmening. As ons ’n land van barbare is, wil wees en vasbeslote is om vir ewig en altyd so te bly, wat daarvan? Dankie. - P.B. Pieterse
Arm Namibiërs vang en eet vis, paddas, mopanewurms, partykeer dalk ook wilde hase ensovoorts. Hulle het mos nie geld om konynvleis te koop nie, hetsy aan- of aflyn nie. - Fiina Andreas
Waar kom die kliek daaraan om volksraad te wil kies? 99% van die Bastervolk weet nie daarvan. Bastervolk, kom ons keer die kliek van die omoskoenboksverkiesing.
Lyk my die volksraadsverkiesing word ook nou deur gedwing soos die kapteinsverkiesing sonder dat die Bastervolk ingelig is.
Liewe skrywer van die brief oor ons liewe Tanidare Parogie. Weet jy nie dat ons kanale het om te volg nie, of word jy net gebruik? Ons is net bly dat ons ontslae geraak het van die vorige diktatore. Jy maai nou net wat hulle gesaai het, Los ons parogie uit asseblief.
I’m looking for a guy named Peter who left his white Toyota Corolla in Kalkrand in 2017. Peter, please contact me in the next 30 days. My number is 081 343 0556 or 081 830 2251.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie