SMS'e vir 26 September 2019
SMS'e vir 26 September 2019

SMS'e vir 26 September 2019

". . . help om weer regop te kom . . ."
Mandy Rittmann
Dit help nie die paspoorte is vir 10 jaar geldig en daar is net 'n sekere hoeveelheid bladsye in nie. Mense wat kort kort oor die grens gaan se paspoorte raak baie gou vol, dan moet jy in elk geval weer aansoek doen vir 'n nuwe een.



Ja, hoe kan die Kalahari Operasie soldate met oorlogsgewere in die gemeenskap in stuur? Mense sal cop killers raak.



Tobacco project getting EPZ status is a scandal! Government are bleeding their own tax payers dry but Chinese pay no VAT or taxes? The 7, yes only seven Namibians (how many jobs were promised?), have to pay income tax but not the Chinese company? Who are all these EPZ companies? Well connected? All profits go out of the country but they pay no taxes? Where does the benefit to Namibia, of this investment come in? Chinese probably got the 10 000 hectar for nothing? We want answers government!



Ek nie hoop Air Nam vou ooit so vinnig soos Thomas Cook nie. Verbeel jou net ons sit iewers in Suid-Afrika, 'n ander buurland of oorsee en kan nie terugkom nie . . .



Verstaan mense soos die staatsamp­tenare wat dreig om oor verhogings te staak of die toi-toi-span by NBC nie hoe swak dit werklik met die ekonomie gaan nie?



Ek kan verstaan as die spelers bly is vir drieë by die Wêreldbeker. JC het nie soos Chad tekere gegaan nie. Daar is manne, veral voorlangs, wat sowaar hulle harte uit gespeel het. Jammer maar ons agterlyn was swak.



Die wedstryd tussen die Bokke en All Blacks was 'n fiasko. Die Bokke speel teen 16 spelers met Jerome Garces die 16de speler. Hoe verwag die fans die Bokke moet wen? Garces en Comp moet vervang word.



Ek het nog nooit beleef dat daar soveel mense in hierdie landjie is wat só kan kla, fout vind, krities, ontevrede en klipgooierig kan wees nie. Dit sal nie hierdie landjie, nog minder Suid-Afrika, wat reeds op hulle knieë is, of is dit plat in die grond, help om weer regop te kom nie. So wat nou?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!