SMS'e vir 27 April 2020
SMS'e vir 27 April 2020

SMS'e vir 27 April 2020

"Perk opvolgende vakansies in. . ."
Mandy Rittmann
Gister is die onderwys se kalenderopsies weergegee. Het ouers, onderwysers en skole enige insae ten opsigte van hierdie keuses of het die ministerie klaar besluit?

Kan ons groot besigheidsmense nie iets doen teen die lockdown? Die kleiner besighede is bankrot en mense is werkloos. Die president leef in weelde en weet nie eens wat aangaan nie.

Wie beskerm die werkgewers? Wie se besighede min of glad geen inkomste het nie? Die vakbond of die aangesteldes moet eers instem, toestemming tot gedeelde of vermindering van lone? Hoe gaan werkgewers dit doen?

Hier maak die regering wette wat die private sektor verbied om werkers af te dank, of salarisse te verminder. Die staat se salarisse word deur belastingbetalers betaal en rekeninge wat nie uitbetaal word aan begunstigdes en terugbetalings deur ontvanger van inkomste. – Erich

Voorstel aan die ministerie van onderwys. Perk opvolgende vakansies in en verleng skool tot 18 Desember. Ouers werk elk geval tot dan, dan is als normaal voltooi vir 2020. Geen verdere ontwrigting vir skooljaar 2021! Moet asseblief nie volgende jaar ook ontwrig nie!

Werkgewers, beraadslaag en vat die drakoniese regulasies hof toe. Daar is genoeg slim prokureurs. Hoeveel van hul salarisse het die ouens wat die regulasies maak, al afgestaan?

Minister van arbeid, is dit regverdig dat jou werk jou met verlof stuur en verlofdae aftrek oor Covid-19.

Ek wou net gevra het oor die EIG. Ek het aansoek gedoen vir dit, maar het dit nog nie gekry nie. Dankie.

Ons kan ons inwoners in Namibië prys. Al kry ons hoe swaar, ons brand nie af nie, ons plunder nie, ons verniel nie, ons maak planne en staan bymekaar, ons werk saam, ons hou moed, ons val 7 keer, maar ons staan 8 keer op. Dankie Namibiërs!

Ek glo dis elke onderwyser in hierdie land se begeerte om terug te gaan skool toe, waar ons by ons kinders kan wees. My hart brand vir elke kind. ’n Mens besef elke dag hoe mis jy die teenwoordigheid van die leerlinge en jou kollegas. Ons wil teruggaan skool toe en ek glo ons leerlinge ook. Kom ons glo en vertrou net.

Ek wonder net; met die lockdown is Cash Loans nie veronderstel om ook toe te wees nie?

Swapo se partytjie het bewys dat Geingob vir die res van sy termyn vir die nasie sy middelvinger sal wys.

Dwelms, dwelms, dwelms op Gochas word deur ongemotiveerde en swak gedissiplineerde publiek beskerm. Polisie verskaf inligting aan dwelmhandelaars, omdat daar ’n ondertrou is. Hou op om geld te leen by handelaars, Gochas-polisie-offisiere, sodat julle jul werk kan doen.

Ek bly steeds bekommerd dat ons nie op hoogte gehou word nie. Hoe lank is die toetsbeamptes al besig met die toetse van Covid-19? Is daar al uitslae? Dis ons reg om te weet wat aangaan. Hoekom is dit so ’n geheime besigheid. Dis nie regverdig nie.

Kan u asseblief vir ons getalle gee, byvoorbeeld ons was 16 waarvan 4 gesond geword het, wat het verder gebeur ons soek getalle. Hoekom kry ons nie getalle nie. Waar toets julle in Windhoek, want dan moet ons maar soontoe gaan. Ek weet nie wat in ons land aangegaan nie. Al waaroor gepraat word is die grants. Praat oor die virus.

Kindermolestering en materiële vergoeding daarvoor. Al die betrokkenes, ouers, oortreders en die wat kennis dra en dit nie rapporteer nie, moet na regte vervolg word, want al die sulkes is aandadig.

Groot waardering aan Richter en sy spannetjie, wat mense help in die hoktyd. Seëninge, Riaan.

Is Covid-19 only for the north? What about LDZ? MoF we being rejected us text payers speed up your homework we got no food!

Police Officers. NAVY officers are beating civilians in LDZ. We need an urgent press media release base on the regulations inplace covid-19. The law enforement officers should not use the Government Gazette as their escape goat! Lawyers/ADV’s please help us Namibians!

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!