SMS'e vir 27 Augustus 2020
"Hulle kom nou nog . . ."
Ek bel die Covid-nommer om ons te kom toets by die huis, want een van die familie wat by ons bly, is positief. Hulle vra net het jy simptome, ons sal dit deurstuur vir ons personeel. Hulle kom nou nog van verlede week af. Ek bel elke dag maar te vergeefs.
Blykbaar mag ’n noodtoestand nie langer as 6 maande wees nie volgens ons Grondwet. Ons wag nou op Vrydag se toespraak van die president. (Die Nasionale Vergadering mag wel 'n noodtoestand verleng. - Redakteur)
Ek stem! Tito die straathond en Skylar Block. So ’n mooi storie. Kan ons nie meer sulke berigte kry nie? – Hennie
Kyk tog in ’n ensiklopedie of op Google wat is ’n pandemie? Neem in gedagte Covid-19 het sover 0,0006% van die wêreldbevolking doodgemaak, dan sal u weet of dié ’n pandemie is of nie.
Ek dink Namfisa (sic.) moet vir Telecom ook ondersoek vir al die maande wat verbruikers hul internetdiens gebruik en jy kry nie die spoed en diens waarvoor jy betaal nie. Julle het dit met MTC laasjaar gedoen. Moeg gesukkel!
Verstom my dat werkgewers hulle nie vergewis nie van protokol rondom Covid-toetsing. Julle is drama queens en dryf paniek soos die res van die media en pers wat die paniekdemie wêreldwyd aandryf. Vergewis julle as werkgewers van protokol rondom toetsing. ’n Negatiewe toets is nie die vereiste om te mag terugkeer na die werk toe nie. Weerhou julle van verslaggewing rondom mediese en mikrobiologiese wetenskaplike kwessies. Julle onkunde saai net meer gemors. Veral politieke verslaggewers het nou skielik viroloë en mikrobioloë geword en ook profete. Bly stil. As jy niks weet, dan wonder ons of jy niks weet nie. Maak jou mond oop en ons weet jy is die idioot wat ons vermoed het. Skoenmaker capice?
Seaflower Pelagic Processing is soos ’n rondloperman. Kry sy stukkie on the side, lees Fishrot en kom eis nog sy beloofte pudding by FishCorRot!
Franswa, jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Geen bejaarde het enige kans teen ’n oorwig van sterk jong manne nie. Bewapen? Met wat? Selfverdedigingskunsies? Vuurwapens? Jy behoort teen hierdie tyd te besef dat sterk manne ’n geringe kans teen hierdie geweldenaars het. Oumense se kans is nul! Jou simpatie en empatie moet jy maar spaar vir jouself. Dis duidelik te min om met ander te deel.
Ek soek asseblief hulp met kospakkies en nommer 5 tekkies. Indien u kan help ek sal bly wees. My nommer 081 792 8553 as u kan help. Dankie baie.
Ek is keelvol vir voorgee christene, wat geestelike goed na selfone stuur. Hiér stop dit. Julle gee voor wat julle nié is nié. Ondersoek julle self!
’n Eetplek definitief om aan te beveel in Keetmanshoop. Mohegan Grill. Heerlike kos, goeie diens en vriendelike personeel. Baie dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie