SMS'e vir 27 Desember 2017
SMS'e vir 27 Desember 2017

SMS'e vir 27 Desember 2017

“Leer julle kinders maniere.”
Francoise Steynberg
Ek het gaste uit RSA. Ons sit op die stoep kan ons nie was nie. Rehoboth alweer sonder water. Raak nou regtig moerig. Die bleddie raad beteken sweet nothing. Die hele klomp moet afgedank word. Ek stem nooit weer in my lewe nie, was ’n Swapo nou ronde nul. Laat hulle aan mors in Rehoboth. Die swak diens. Hulle dink niks van inwoners. Treurige klomp!

Dankie vir die onderwyser, wat geskryf het oor die boelies. Ons weet, dat julle ’n ondankbare job het, maar ek dink jy mis die punt van die moeder se brief. Ons kinders lees, praat en verstaan in prentjies. Julle as onderwys wil hê ons moet dit onderdruk met drugs. Hoekom? Julle verstaan nie ons kinders nie en dink hulle is hiperaktief, daarom die pille. Vir my is gesê, my kinders sal nie matriek deurkom nie. We,l hulle altwee het geslaag met ’n B-gemiddelde op die Amerikaanse stelsel. Hulle was te dom vir ons skole.

Dis baie vreemd, dat dit skielik so groen in Windhoek is. Die Europeërs kan maar hulle wit Kersfees hou – ons vier dit groen hier in Windhoek.

Wie is jy ek kan hikers laai vir N$30, julle bussies het nie laaiplek in die suide van Windhoek nie en jy breg met iemand anders se bussie.

Wil net vra hierdie gemors wat op grensposte aangaan. Kan iemand sê wat doen die regering daaromtrent. Jy lees in koerante daarvan maar hoor niks van die betrokke departement of regering nie. Dit is pateties. Wonder wie maak weer geld uit die stelsel wat aan hul verkwansel is???

I would just like to know where the municipal lights of Bushmen, Herero Ladies, Dolphins etc in town are related to Christmas and The Birth of Christ. I know that some Namibians still stay in touch with our heritage but the Namibian history does not suit as light decorations during Christmas.

Die Suide bly een van die mooiste dele in Namibië. Die mense is gaaf, ordentlik en trots.

Mariental se waatlemoene is stroopsoet en goedkoop. Spar in Windhoek vra byna dubbel die prys en dan smaak dit na niks.

Die pad tussen Rehoboth en Windhoek is 'n slagveld van bestuurders wat nie by padreëls hou nie.

Dr. Hage Geingob, baie dankie vir die wonderlike Kerswense vir ons land. Ons is bevoorreg om 'n leier soos jy te kan he.

Luiz Makina veels geluk met jou 42 punte in graad 10 eksamen Rhb hoërskool.

Sedert begin Desember by kus. Swakopmunders en Walvisbaaiers gehoorsaam geen soos in geen verkeersreëls nie. Tot nou geen verkeersbeamtes tussen hierdie twee dorpe. Voertuie sonder hoofligte aan deur padblokkade



At! Die ouers en die regering vergeet dat die huidige toedrag van sake by staatskole is grotendeels aan hulle toe te skryf. Wegdoen met lyfstraf, godsdiens uiti skole, geen beheer en disipliene en geen orde in sommige huishoudings? Nou is alles die onderwyser se skuld wat kastig nie hulle werkdoen en net n salaris ontvang. Ini eerste plek, wie se kind is dit? Buig di boompie terwyl hy groen is, maar nee, ons los dat dit n boom word wat later vir jou plat val. Los tog asseblief die onderwysers uit en leer julle kinders maniere.

Aan al die ouers wat so gal braak teenoor die onderwysers, dus n beroep waarvoor die sulkes n passie voor het, dit is nie net nog n job. En ja, hulle doen hulle bes. Ek se altyd, charity begins at home. Leer jou kind normes en waardes by die huis en moenie van ander mense verwag om dit te doen. Enmiskruiersindroom is nie n vloekwoord, waar het jy skool gegan? Bekommerde ouma.

Laat die oorstromings in Whk n’ les wees vir Munisipaliteit. Maak skoon julle stormwaterpype en riviere! Hier kan nog storms kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!