SMS'e vir 27 Desember 2018
SMS'e vir 27 Desember 2018

SMS'e vir 27 Desember 2018

". . . op 'n minister se salaris . . ."
Mandy Rittmann
Kan nie glo die regering maak sulke besluite nie. Dr. Haufiku het nog hoop gebring in die ministerie van gesondheid en ‘n visie gehad, maar mag glad nie sy werk doen soos hy wil nie. Dit is weens die inmengery dat ons hospitale en skole ondergaan. Hou op geld spandeer op duur funksies, motors en geboue en sorg vir die mense se basiese behoeftes.

Nog ’n spesiale raadgewer vir die regering? Huh? En dr. Bernard Haufiku se aanstelling as raadgewer (op ’n minister se salaris) vir gesondheid en maatskaplike dienste in die kantoor van die visiepresident is nog meer onverstaanbaar. Daardie kantoor het niks met gesondheid te doen nie, maar so mors die regering geld!

Hage het wakker geskrik. Haufiku wat net ’n GP is, is nou weg, volgende is Katrina. Al wat sy goed doen, is om met haar swart BMW Mariental toe en terug te jaag.

Kan me. Katrina Hanse-Himarwa asseblief haar graad 12-sertifikaat in die koerant publiseer?

Dat graad 10-leerlinge met die lae slaagvereiste nog steeds nie kwalifiseer nie gaan my verstand te bowe . . . Vir wie moet ons nou skuld gee?

Onderwys: kinders wat nie kan lees of somme maak . . . Blameer die ministerie. Hoe kan die arme onnie individuele aandag skenk aan al die graad 1’s of 2’s in haar klas? Minister van onderwys - kom probeer bietjie self!!! – Eks-onnie

Rehoboth Town Council, gee tog asseblief iemand wat bevoeg is die tender vir die vullisverwydering. Die vullis word eers elke 3de week kom haal. Ek betaal elke maand my rekening!

The Chief Administrator (CA) of the Namibia Sport Commission (NSC) is running the sport and the commission to the ground. It is evident in the recent media releases published. Further evidence is how the Annual Namibia Sport Awards was conducted and the total chaotic and unprofessional way in which it was hosted. The CA’s arrogance is well known to the sport bodies. The poor results of the recent Region 5 competition is also a reflection on his poor management but he puts the blame on the federations. Sponsors are not interested in supporting a mismanaged system.

Swapo, bring onse kinders se lyke terug uit Angola wat onskuldig vermoor is in die gate van Lubango asb.

Die mense wie kla oor die vliegtuie bokant Academia en Pionierspark, onthou: die lughawe was 1ste daar. Julle het gekies om soontoe te trek.

Stem ook saam. Die girokopter moet maar in die vliegroetes wes van die verbypad vlieg. Ons het nie sy rusverstoring elke middag oor Pionierspark nodig nie. Geen respek!

We wish our caretaker, Mr. Ham Haukongo and his devoted team at Senior Park a Merry Christmas and Happy New Year. God bless you all. From Rev. Cornelius Beukes and Marjorie Ryan Beukes.

We wish to thank you all for your contribution to us at Senior Park. God bless you all. We wish you a Happy Christmas and also a Happy and prosperous New Year.

Joos Platt, ek was daar in Springbokstraat hierdie week toe die taxi-bestuurder ‘n bejaarde wou aanrand. Dankie dat jy opgedaag en tussenbeide getree het. Jy het toevallig verby gery en gehelp. Ek hoop Namibiërs wil so optree om ander te help in plaas van video’s te maak. Ek dank jou namens ander.

Pas op. Tellers by verskeie winkels maak asof jy hulle N$100 gegee het en nie N$200. So steel hulle N$100.

Real good chicken! Julle het my goed die hoenders in! (Afrikaans is ‘n lekker taal, nè?) Dink mos ek gaan myself op hoendermagies, wat my man nie eet nie, trakteer en vir hom met drumsticks verwen! Sleg gedink. Die pak magies is skrapnel. Nie een enkele volledige magie nie. Net flardes. En die boudjie is ‘n ma se been met een enkele mond vol vleis. Ek skat hou die bene dat ons nog sop daarvan kan kook om ons money’s worth hieruit te kry. Waar is die goeie ou dae van Rainbow en sy eweknie? Sorry, julle is besig om ons, die verbruikers, deur die ore te werk met jul produkte en firmas met die monopolieë wat julle geniet. Regering asb., sit ‘n stok daarvoor. Dit is duidelike magsmisbruik op die verbruiker se sak wat hoeka al op sy knie is.

Wat gaan tog met die mense van Hentiesbaai aan? Op Kersdag was daar geen plaaslike gesigte by die baai en ontspanningsplekke teen die strand nie, net ‘n paar verdwaalde visvang- en strandwandel-toeriste. Die dorpie se inwoners ly regtig aan ‘n erge onttrekkingsindroom. – At Calitz

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!