SMS'e vir 27 Januarie 2017
SMS'e vir 27 Januarie 2017

SMS'e vir 27 Januarie 2017

“Gee my daai N$180 000 000 . . .”
Gerine Hoff
Besef minister Utoni Nujoma dat president Hage Geingob nie vir pret die nasionale grondkonferensie aangekondig het nie? Of is Nujoma in “charge” van die “Executive”?



Verskepingsmaatskappye weier nou om diereprodukte uit te voer. Dit sal mos nou 'n geweldige impak hê op besighede in hierdie bedryf wat afhanklik is van uitvoere van trofeë, diereprodukte, ens. Kan die media vir ons meer lig op die saak werp asb? Baie besighede gaan nou erg daaronder ly en is onkant gevang met vrag wat nie kan uit nie. Uncle BBB



According to Utoni Nujoma we from Namaland have become unpatriotic for speaking out against being left out from the Namibian house. We all know our great Namaqualand has become giants' playground. Since independence it's been open season for some, and happy hunting grounds. //Kharas diamonds, fisheries, jobs – all have been taken over by others. The one and only that's left and what's sacred to us – Namaland – is now up for grabs through a corrupt regime. Ovamboland in its full glory is owned by no other than Ovambo people. They rule and reign supreme in their own Ovamboland. Namalander



Dippenaar, moenie die dood van jou vriende wat nie kan getuig, misbruik nie. Hoekom wou jy verder op die strand ry? Was jy bang omdat jy meer drank in gehad het as wat jy voorgee? Bitter min glo die snert. Ek bid dat die gereg dit ook so sal sien. Vat jou straf of probeer jy met jou gelieg om in Pistorius se spore te loop? Mills het seker geen rede gehad om te lieg nie. Jy kan lieg oor jou drank, want jy is nie getoets nie. Hoe jammer.



Joos Platt, dit is 'n nuwe jaar. Dit het nou tyd geword dat jy reageer op SMS'e. Die mense op Gibeon wag vir jou antwoord. Khomasdal en Katutura, jou mense wag op jou reaksie.



Hon Nujoma, there is a difference between ancestral land and Bantustans! Ancestral land is the land occupied by certain groups before genocide and dispossession. Bantustans were created by apartheid. However, the inhabitants of the north and northeast were not dispossessed. Thus their ancestral land and their Bantustan is the same.



Wanneer sal verkoopsmense by banke en munisipaliteite ophou om vir mense wat bel eerste te help? En jy wat moeite gedoen het tot daar vir 'n prys of staat of net iets moet doen, jy wag. Hulle help eerder die een wat op daai tyd bel, al is hy/sy besig met jou.



Petrol styg nie met N$10 nie. Dit styg net met paar sente. Hoekom wil julle net geld maak? Los die “hikers” en ry alleen met jou kar. Net soos ons verleë is oor julle, is julle ook verleë oor die “hikers”.



Mnr./mev: Jy wat vra dat almal bo 60 hertoets moet word, ver­skoon my asb., maar daar is beter bestuursvermoë by meeste van die bo-sestigs as in jou ouderdomsgroep. Moenie oor die een of twee insidente wat jy beleef het nou almal oor dieselfde kam skeer nie. Sjoesj man, het jy nie iets beter om te doen nie? 65-jarige



Gee my daai N$180 000 000 wat dr. Haufiku net aan “overtime” gespaar het sodat Rehoboth se paaie geteer kan word en ons dorp se ­baadjie verander. Die strandwolf



Wil net vir persoon wat voorstel dat mense ouer as 60 elke jaar hertoets word sê dit is nie die ouer mense wat die ongelukke maak nie! Lees jou statistieke asb.



Op die Kalkrand-Rehoboth-pad behoort die gras wat in die padreserwe groei blykbaar aan die plaaseienaars weerskante van die pad! Is dit werklik so of is dit blote opsetlikheid, afguns en kleinlikheid van die betrokke eienaars jeens bestaansboere wat gras sny vir hul diere wat weens droogte vrek? Kan iemand met kennis oor die wetgewing tog insae gee? As die padreserwe aan die aangrensende boere behoort, mag hulle seker met hul vee daar wei, wat lewensgevaarlik is, maar hulle sny self ook nie die gras nie, maar dreig die sukkelboere wat daarmee ook help om reserwe skoon te hou!



Aan die persoon wat skryf dat persone bo 60 hertoets moet word: Ek dink weer dat persone onder 60 jaarliks hertoets moet word. Dis nou teoreties onprakties, want dis hierlangs dat jy die meeste dronkryers en padvarke kry.



Kan vlugtelinge nie eerder kyk na hulp en maniere om hul omstandighede tuis te verbeter as om te vlug na ander lande nie? Sors



Die persoon wat kla oor die mense ouer as 60 wat oorgetoets moet word vir bestuurderslisensie. Ek is 80 jaar oud en my hele lewe lank het ek nog nooit 'n ongeluk gemaak nie. Ai George, wat pla jou? Jy kan by my kom leer motor bestuur.



Joos Platt, ek sien jou in Rehoboth. Is jy nou 'n inwoner hier? Vra maar net.



Geen wonder die spoorweë bly bankrot nie. Op 25 Januarie op pad van Windhoek na Gobabis kom 'n lokomotief met slegs een trok op pad na Windhoek van voor af. Dis mos 'n bewys van totale gebrek aan verstand.



Die Bosman-reünie was jare terug. Wat van 'n vergrote foto asb, enige nasaat.



Me. Van der Merwe van Mariental Build It: Mens kan sien op u werkers se kleredrag en netheid u versorg en sien om na hulle. Hou aan.



Strydkinders bedel net vir geld en kos? Verstaan dit glad nie. Gebruik die strydkinders (33 jaar oud) om ons renosters op te pas? Tot op watter ouderdom word jy geklassifiseer as 'n kind? Ons dra die beste klere en donkerbrille. Waarheen gaan die land?



As oudleerling van PK de Villiers (Keetmanshoop) wil ek tog ook 'n stuiwer in die armbeurs gooi. Ek het ook deur die hande van juf. Afrikaner gegaan en weet verseker dat sy die prestasie verdien. Om uit 130 skole landswyd derde gelys te word, is werklik puik! Gaan voort, juffrou, om die suide trots te maak!



Dippenaar, you should be ­ashamed of yourself for hiding behind ­amnesia and psychologists. Lucky for you 6 witnesses are dead due to your reckless driving for which you were known and had been warned. Unlucky for you there are other witnesses, so your doings and the truth will come out. Be a man and take responsibility for you actions!



Dove Funerals, Davy Farmer sal ek aanbeveel. Regtig mense wat omgee en 'n ekstra myl loop vir hul dienste. Ek kan daarvan getuig.



Ek is al oor 60 en ek voel nog heel gemaklik om te bestuur. Ek sal wragtag nie verder bestuur as my sintuie my begin waarsku dat dinge nou te moeilik word nie. Ek hanteer nog my taxi-gebroederte oraait; laat hulle nie maklik toe om in te “squeeze” nie; reken dat 60km/h by veral lang, reguit paaie soos by die Pionierspark-begraafplaas na 70km/h verhoog kan word. Wat ek nie kan vat nie is jong spietkoppe wat agter kameras die heeldag op hul gatte sit terwyl Windhoekers hulle vrek sukkel om kinders te drop en nog betyds by die werk te kom. Johnny



Polisieman van Mariental! Ek wil weet of jy die reg het om jou hande vir mense te lig en te vloek? En dan as die mens gaan om die “chief” te soek / sien om hom daarvan in te lig te weier. Kon verdere stappe neem. Almal is mense. Al wat ek as inwoner van Mariental vir jou kan sê is jy maak glad nie 'n verskil deur dit te doen nie. Dit maak jou 'n “OUTLAW”! Jy eer nie jou land en hoër gesagte bo jou nie.



Asseblief lesers, kan ons ophou kla en saam bid vir genade – los die president uit. Het julle ook so baie vrae gehad met die vorige twee presidente? Pasop! Want netnou is julle in sy slaapkamer. Hou jou besig met gebed tot daar verandering kom!



Dis reg soos jy meen van die geldwassers, maar help kyk na die een ongeregistreerde familie wat verkoop word sonder mede-erfgename se toestemming. Is dit reg om so te doen? Lesers, antwoord asseblief.



Is daar dan nie elektroniese ingenieurs wat spesiale opleiding het in die regmaak van PC-borde deur slegs die foutiewe komponente te vervang nie? 'n Mens betaal jou alie af om 'n volledige bord te vervang.



Duur. Bitter duur. Wou vanmôre by Chicken Inn op Okahandja 'n gewone “sausage roll” koop. Dit kos N$22 vir een. Dis 'n skande.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!