SMS'e vir 27 Julie 2016
Ek stem saam, ons moet net selfondersoek instel en die Mr. en Mrs. 10% uitlig en hulle self by ACC aangee. Ministry of Works Mariental speel saam met Education.
NEEEF kom en die regering sal homself weer eens in die voet skiet daarmee. NEEEF, soos al sy nefies voor hom, is net 'n ongrondwetlike, diskriminerende selfverrykingskema. Hoe leeg sal die staatskoffers moet word voordat julle besin? Hoe honger moet die werklose word voordat julle werkskepping aanspreek?
Gochas kragtender was rêrig ’n sukses. Die tender moes drie maande duur, maar is in ses weke klaar. Hou so aan kontrakteur!
LL Phosphates - daar kan GLAD NIE van skraping van die seebodem gepraat word totdat hierdie land herstel het van die huidige knellende droogte nie! Boere se kleinvee vrek en lande lewer geen oeste nie, so los ons viswaters uit. Dit lewer voedselsekuriteit!
Ezaan, jy het seker nie gedink met jou SMS oor vlugtelinge nie. Gaan jy vir hulle sorg ook? Ons eie mense het nie eens kos en werk nie.
NaTIS Karibib asb., is daar nie beter reëlings nie? Aspirantbestuurders slaap in hierdie koue op jul randstene net om ’n aansoekvorm vir ’n drivers test te kry. Vorms net om 07:00 aan eerste 15-20 persone gegee wat in die ry voor gebou geslaap het. Wat sal fout wees as u die vorige dag dieselfde aantal vorms uitgee dan is die koue slapery nie nodig nie. Asb. authority, help en stop hierdie onsinnige magsvertoon van amptenare. Sodanige voorstel was gemaak, maar " Ek's in charge en sal besluit" .
Die honde-eienaars in Rhb Blok F, julle moet nou regtig ophou lê en balke saag sodat die honde vir die geluide so aanhoudend blaf. Ander mense kan nie slaap nie. Ons moet elke oggend gaan werk. B.T.
Ek glo dit nie! Ezaan met die groot hart vir vlugtelinge, lees jy koerant? Wil jy by gebrek aan probleme in Namibië nog 'n paar invoer?
Munisipaliteit Omaruru, ons wag vir tenderdokumente ivm dorpskampe, huurdatum reeds lankal verstreke, geen antwoord op navrae nie. Verstaan hooggeplaastes se huurkampe op bokwagters se naam of is dit die redes hoekom tenderprosesse sloer? Fat cats lewe lekker, armes kry swaar. Seker maar die nuutste in Namibia soos oral in Afrika.
’n Leser wil van Utoni Nujoma weet hoe lank hulle nog vir ’n resettlement plaas moet wag, want " ons wil aftree en op die plekke gaan sit" . Regtig. Kan ek ook aansoek doen?
Dit word by die dag net erger in die strate van W/hoek as dit kom by onder andere die gehoorsaam van stopstrate en die gebruik van selfone deur bestuurders. Waarvoor is daar stopstrate? Of moet dit vervang word deur toegeetekens of geen tekens?
Die parkeerplekke agter Baines net voor die dokters se spreekkamers het ’n teelaarde geword vir misdadigers. As jy daar parkeer, sak hulle toe op motors om geld te vra of om goed te verkwansel. Ek hoop City Police doen iets daaromtrent. Wees gewaarsku!
My innige dank aan almal wat gehelp het om my pa se bene te kry na 18 jaar om te begrawe, en aan Jarman begrafnisondernemer vir die skenking van die kis en sy goeie dienste. Mariana Cloete
Adverteerders moet bedag wees op swendelaars wat op motoradvertensies reageer en dan allerhande stories vertel om kontant uit die verkoper te kry omdat hulle kwansuis die geld saam met die koopsom sal terugbetaal.
Karate van Keetmans. So tipies van my dorp se inwoners - ons wag vir iemand om iets tot stand te bring. Neem self die inisiatief. Maak 'n lys. Soek kontak persone elders. Onderhandel en begin!
Ons kan nie ons grense en deure en harte oopmaak vir vlugtelinge nie. Ons is alreeds oorvol van mense van ander lande wat kan doen wat hulle wil. Kyk wat gebeur in ander lande wat hulle oor vlugtelinge ontferm het.
Ezaan, jy is seker nie ernstig nie! Ons kan nie eens ons land se mense almal help nie, nou bring jy nog mense land in. Nou het ek alles gehoor.
Ek en my man was onlangs by die polisiekantoor in Independence Ave. in verband met wapenlisensies. Ons het vriendelike, behulpsame diens ontvang, werklik diens " uit die boeke”. Ons wil graag ons dank en erkenning langs hierdie weg betuig. Aan Punky Namundjebo en die behulpsame jongman, baie dankie. Vissers
Jy meneer wat so tjank oor jou katte, laat hulle jou huis bemors soos hulle my jaart besmet met kieme, dan maak jy dit self skoon of los dit vir die huishulp. Jou dier wat jy aanhou, is jou verantwoordelikheid. Kan jy jouself ’n mens noem? Dankie vir jou samewerking.
NAV die persoon wat hulp vra oor leer sweis, ek kan u help. SMS 081 259 6525.
Ek’s so dankbaar vir die diens wat ons kry by NaTIS Grootfontein. Emily en Henog, hou aan met jul goeie diens.
Speelpark in Gousstraat agter Baines: As enige iemand leeglêers daar sien rondhang, bel onverwyld die Stadspolisie en rapporteer. Hul kom altyd uit! Ek bly naby en het dit al paar keer gedoen! Dit help.
Ek wil weet wat by councillor Loraine Christ se kantoor aangaan. Het aansoek gedoen vir SME-hulp. As jy navraag doen dan word jy vertel die raad moet nog sit om aansoeke deur te gaan. Al die ander regions het al hulle mense begin help. Jan van Wyk, jy sal MOET kyk wat aangaan. Ons het gestem laat sy daar kan sit. Lyk my sy doen nog minder as Theo Diergaard.
IMV versoek vir evangelisasiedienste vir Usakos, beplande datum 24-30 Okt. Evg. Charles van Wyk.
Ek is dringend op soek na Ryno Platt, die akteur en vryskutrekenmeester asb. Dis in verband met werk. SMS info na 081 241 1859 asb.
Ek wil graag kassetbandjies -- tapes -- oorklank op CD's. Is daar sulke toerusting beskikbaar en waar kan ek daarvoor soek?
Ek is op soek na Partytjies is Pret nr. 1 en 2. Indien iemand my kan help, skakel asb. 081 667 9466. Baie dankie, Magda
Ek soek dringend hulp vir hare wat dun raak, veral bo op kop. Stuur tog u raad na koerant. Ek is ’n dame.
Groot asb., sif tog Usakos-polisie. Regtig, jy kry geen samewerking nie. Ek het nou al meer as 5 inbrake by my huis gehad, tot vandag niemand bel jou en sê iets nie. Wat gaan aan? Ken die manne mekaar of wat? Julle word tog betaal – asb. help ons.
Ek wil weet hoekom is daar altyd ’n tekort aan sekere goed by die rantsoen van die regering wanneer dit uitgedeel word op die omgewing Dordabis, Hamis, Opdam-plase dan kry ons net mieliemeel. Of word dit weer iewers weggesteek? Kan iemand help asb.
Mariental-munisipaliteit, sal daar nog toilette vir die plakkerskampe in die dorp gebou word of moet ons dit self doen? Ander plekke se munisipaliteite doen dit, maar nie Mariental nie. Dan moet jy nog eers toestemmingsbriewe skryf na hulle en vir verdere 20 jr wag vir ’n antwoord.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie