SMS'e vir 27 Julie 2021
"... harte warm laat klop."
Hentiesbaai se burgemeester sê hulle doen net politiek. Raak ontslae van alle burgemeesters, want die inwoners benodig dienslewering, nie politiek nie.
Het Sondag vir my spuit na die skougronde gegaan. Dit was koud, maar die vriendelike en bekwame diens het ons ou mense se harte warm laat klop. Spuit in die kar gekry. Bekwaamheid was aan die orde van die dag. Baie dankie aan almal aan diens, asook borge met bulle wonderlike idee om ons gerieflik te versorg. Julle hou Namibië se naam hoog.
Ek sal baie bly wees as Namibië se tyd so bly.
Damara Nama radiostasie probleem in verre suide, Karasburg-distrik. Ons luister net Afrikaanse stasie.
Kan die bestuurders van sekere besighede leer om met die ouer gaarde beter te praat en net ’n bietjie leer hoe om op te tree.
Woestynkind. Warm woestynsand tussen my tone. Oppi hemel hoë appelkoosduin. Koue Atlanties se mis lê grou. Vars seelug in my longe. ’n Namibsroos in my hand. Soos ’n tsamma inni woestynsand. Volstruisgras aan die duin se kant. Toktokkies groet die kruin. Voor die mis verbrand en verdwyn. Welwitschias sal nie kwyn. My liggaam word nou moeg. Suidweswind kom klop vroeg. ’n Narrapit soet vir my. Hier inni Namib sal ek bly. - Mogamat Salie Saban
Ek wil graag die name, kontaknommers en adresse bekom van die persone wat die sypaadjies voor die kantore en winkels in die hoofstraat in Okahandja so bemors.
Mistig innie baai. Geen haan wat kraai. Slegs dowwe mis wat maai. Watse weer is dit nou weer. Kopkrap ja die mense raai. Oom Salie is vroeg al wakker. Soos boy die Bakker, kyk so ’n vroegkarakter. Hy begin die dag al hoe sagter. Voor die hoenders oppi been. Brousel soet virri dag se seën. Soutpad effenat en glad. Koud en toe mis vergewis. - Mogamat Salie Saban

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie