SMS'e vir 27 Junie 2018
SMS'e vir 27 Junie 2018

SMS'e vir 27 Junie 2018

"Bring terug die vier kwartale,..."
Mandy Rittmann
Ek stem miljoen kere saam. Bring terug die vier kwartale, dit was pragtig volgens die seisoene van Namibië ingedeel. Die kleintjies kan dit nie maak nie. Kindertuine is leeg, ouers kry die kindertjies jammer. Dis chaos in die oggende. In Junievakansies het ons op die plaas lekker pap met melk en vleis geëet, en om die warm vuur gesit. Ai, dit was tog lekker! Normaliseer tog dié storie. Die leerproses in Namibië is heeltemaal deurmekaar. Kyk daarna. Verminder ook die onnodige vakansiedae. - Oumaros



Verstaan nie! Dr. Chiradza veroorsaak die dood van drie mense en word aangekla van strafbare manslag en Dippenaar van moord?



Waaroor gaan die op en af en ontevredenheid oor skooltye? Almal praat in die rondte, maar tot nou is daar geen oplossing nie. Memme Katrina, laat daar maar vier kwartale wees, dan is dit mos in Junie, die koudste maand, skoolvakansie. Die probleem oor donkerte en koue is dan opgelos. Ouers, hou op stres en besluit net dat daar vier kwartale moet wees en klaar.



117 million land deal goes sour: Thanks Calle for stopping this idiocracy! Report says a delegation went to Luanda, looked at the property and recommended it be bought. Who exactly was this delegation and how many were they? What did this little excursion cost? Let them pay back the money as they had no authorisation. Scandalous how ministers and officials squander hundreds of millions of Namibian dollars we do not have on luxury projects.



Hier is ek. 'n Christen-president in Amerika het glo verander in Koning Herodes. Lande sal net moet help! Wat word van die wêreld as al die rykes maak soos hulle? Ek is arm en vreesbevange. Wie sal hulle stop?



Miesies Rekenskap van Onderstebowys en grootbaas van polisie ­baklei op dieselfde koerantbladsye oor hulle mense se bad performance. Die kinders dop en die tsotsies word meer en slimmer. Asseblief tog my bra!



Ek het op 26 Junie op die Damara/Nama-stasie geluister na die program oor dwelms. Dit is waar, Schlip is 'n klein plek, maar ons vergaan. Skoolkinders en ons jong kinders word blootgestel, want elke tweede huis verkoop dwelms. Ouers gebruik kinders om te verkoop. Help ons om Schlip skoon te maak, asseblief!



Think it was very selfish of FNCC to play that loud music from morning, noon till late night on Saturday 23 June. We need rest and not stress during weekends.



Jy wat my skuld, gee my skuld af. Ons almal sukkel en jy kan dankie sê jy het elke aand 'n warm bordjie kos.



Daar is lodges in Hardap wat werkers se dagure verkort, onbetaalbare afdae gee en werksklere laat betaal. Ons kan name noem as daar nie veranderinge is nie.



Kan iemand my dogter help met 'n matriekafskeidrok asseblief, "size" 30 of 28. Ek sal dit regtig baie waardeer. Sy is graad 12 by KSS in Walvisbaai. Kontak 081 036 4636 of 081 227 5931.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!