SMS'e vir 27 Mei 2016
SMS'e vir 27 Mei 2016

SMS'e vir 27 Mei 2016

Gerine Hoff
Kan Minister Katrina vir ons sê of die persone wat verantwoordelik is vir die verrotting van al daardie meel op Keetmanshoop dit op hul koste gaan vervang? Of sal hulle dit kontant terugbetaal aan die minister van finansies? Of moet ons as belastingbetalers nou aanvaar dat die verlies maar net afgeskryf gaan word? En volgende keer maak ons maar weer so. – Eddie

Help asb.! Waar kan ek vir hulp aanklop in regsdispute? Word op Facebook beswadder en haatspraak word geuiter. Wetties weet ek dat dit strafbaar is. Ook dat dit nie reg is nie omdat Facebook media is en elke saak meriete het, maar ek weet nie watter wetgeleerde met die kennis of regsgeleerde kan help nie. Sjoe, daarom regshulp dringend. Bel my op 081 873 0204.

Tenders het die land se ekonomie ten gronde laat gaan. Dit gaan oor vriende om iets uit die deal te kry. Kan die streekkantore of die minister dit nie hanteer nie?

Op Rehoboth vat dit 4 jaar om ’n T30-oordragvorm vanaf HK Whk te kry op ’n lost land title. In the mean time word grond op ander persoon se naam oorgedra en die regmatige eienaar op onderduimse manier besteel. Wil die lesers reageer? Ek sal almal betrokke bekend maak.

My Vader, Keetmanshoop-hospitaal se diens is uiters swak Tekort aan dokters, maar die ander op verlof. Hoe moet een dokter 48 pasiënte hanteer? Ek sit Vrydag 25ste vanaf 7 uur tot 6 uur sonder hulp. Maandag weer terug van 9 uur tot 6 uur. Weer dieselfde Dinsdag. Glad nie weer terug nie. Pille gaan koop. Kla ek verniet?

Jy wat praat van boorgate oorneem en van daar water kry op Usib, jy weet nie eens op wie se onkoste die boorgat geboor is in die sewentigerjare waarvan die skool en gemeenskap gratis water kry en volgens die gemeenskap is dit jy wat hul water snoep. Gaan speel daar baas van waar jy kom.

Boere van Maltahöhe, hou op met jul rassisme. Ek is nie een van jul werkers nie. Ek werk nie in jou tuin of in jou huis nie. Behandel selfs jou tuinhulp en jou huishulp beter en met respek. Behandel my met respek. Hou op om my te verneder. Jy kweek haat. Almal maak foute. Jy ook. Ek is nie van nature ’n skelm nie. Hou op om my so te behandel. Hoe is dit moontlik dat ’n opsigter die reg het om mense te dreig met uitsit? Mr. President, please help.

Ek dink partykeer dat mense wil gevang word met slenters. Of is dit die moontlikheid van ’n ekstra geldjie wat verhoed dat die waar­skuwingsligte afgaan? Alle slenters het gewoonlik iets in wat jou logika moet toets en jou behoort te waarsku. As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik. As jy nie ’n lotery gespeel het nie, hoe kan jy ’n email kry wat sê jy was ’n wenner? Vat nou weer die nuwe slenterpolis. Van wanneer af moet iemand internet banking hê vir enige inbetalings op sy/haar rekening? Was nog nooit nodig nie. En as ek ’n polis by hulle gehad het, moet hulle my bankbesonderhede hê. Dan kon hulle daai details met my verify. Hulle gee my die details, ek verify. Ek sê maar net. – Pieter van Heerden, Windhoek

Ons weet dit is nie reg om wapens, patrone, ens. onwettig te hê nie, maar hoekom word net die wit boere gevang? Is dit omdat hul ’n vaste adres het?

Radio Capricorn is vir meeste van ons goud werd. Ons hoor ook nou wat op ons dorp aangaan. Baie dinge is vir ons geheim gehou. Philip, gaan aan met die werk. Hoe lank wou mense nog met hul skelmstreke aangaan? Stop om stasie toe te maak. Ons baat daarby.

“Only family-planning and hard work will pull us out of poverty”. Definitief nie vakansiedae nie.

In tye van droogte raak tamatiesous, konfyt, lyfroom, ens. so waterig dun dat mens wonder waar die vervaardigers al hierdie water vandaan kry. Ongelukkig kom hulle weg met die verneukery en sal produkte selfs ná die droogte nooit weer op standaard wees nie.

Wanneer word die meester se kantoor reggeruk? Hulle lewer die swakste “diens“ van alle staatskantore en om swakker te wees as die ontvanger van inkomste verg nogal baie. Iemand word tog daar wakker – die jaar is al weer op pad na sy einde en ons boedels van verlede jaar is nog uitstaande. – Baie gefrustreede agent

Moenie government blame of iemand anders vir jou kind se opvoeding nie. Dit begin van nul tot 6 jaar. Daarvandaan is dit maklik. Kinders hoef nie pak te kry op skool as ons ouers die kind opvoed by die huis nie.

Dis tyd dat iets aan Rehoboth se paaie gedoen word. Die paaie word nie geskraap nie. Manne wat stoot­skrapers het, help, want dit raak net erger.

Soek raad vir fyn spatare.

Rehoboth Hoërskool-matrikulante van 1985, 1986 en 1987, ons beplan ’n reünie. SMS jou naam en selnommer na 081 140 7826 en 081 276 2339.

Hoe op aarde kry ons ooit al die verskillende gelowe, gebruike, tale, kulture, bygelowe, tradisies en gewoontes sover om te verdra en te versoen? – Weti

Munisipaliteit van Okahandja, kan u asseblief die gate by Veddersdal kom regmaak? Etlike maande nou. Dankie vir dit wat u wel onderhou. Seëninge!

Barmhartige samaritaan, daar is ’n oom op Witvlei wat ou klere en komberse soek. As u kan help, sal ek sy nommer vir u gee. Kontak my asb. by 081 216 5067. God seën.

My seun het boeke verloor in ’n taxi, hy is ’n toergids en dis toerismeboeke. Op die sak waar die boeke in is, staan Jimmy. Met enige inligting, skakel asseblief 081 721 2820. – Martha

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!