SMS'e vir 27 Mei 2019
"Dit is maklik . . ."
Mnr. Calle Schlettwein, met die regering wat so mors met die belastingbetaler se geld los ek liewers die werk voor ek die 2% betaal, dan kan die regering vir my sorg.
Twee persent of belasting styg: “Be my guest”, ek sal belasting betaal, anyway word my 2 persent gesteel. Gaan haal al die tenderpreneurs om julle te help en vra by Kanime die geld terug, dan het julle weer oorgenoeg.
Moet 2% gee of tax styg. Die regering leef ver bo die finansiële vermoë van die land. Enorme staatsdiens met uitermatige vergoedingspakkette, wat die land nie kan bekostig nie. Namibië kort ’n nuwe regerende party.
Dit is maklik om 2% van jou salaries af te staan as jy N$180 000 per maand verdien. Ek se maar net.
Pay you 2 percent voluntary tax or income tax will increase? That is a threat! Look up in the dictionary what voluntary means government! Mr. Schlettwein says he is sad that society is so materialistic? No sir, we just see the horrendous corruption, crooked tenders, wasteful expenditure in luxury projects, eg Swapo headquarters upgrade for 730 million, billions lost to corruption that has no consequences and you expect taxpayers to forcefully volunteer to bail government out? Seriously? Think about how ridiculous and shameful this begging is!
Our government is an embarassment! Companies and workers - numerous projects on hold due to non-payment by government? There is no political will to get the billion stolen by corruption back and lock up the perpetrators and stop the wasteful and unauthorised expenditure, then you don’t have to voluntarily forcefully beg the taxpayers to cough up 2 percent to support corruption! Shameful state of affairs. Shame on you government!
Ons betaal elke maand baie belasting op ons salarisse vir elke pil wat ons sluk. Op die bietjie rente betaal ons belasting, om nie eers van kos te praat nie. Ek kan nie glo dat daar alweer 2 persent van ons gebedel word nie en wie gaan hierdie geld beheer?
Hierdie regering. As mens dit een kan noem, soek moeilikheid. Elke dag is daar berigte oor miljoene wat nodig is om dit en dat te herstel, wat aan die regering behoort. 70 miljoen vir die restourasie van ’n woonhuis! Dis obseen! Wat het geword van die 500 miljoen wat die VN geskenk het vir droogtehulp? As die regering nog meer druk op die verbruikers plaas, kan dit opstande en stakings veroorsaak. Hou op steel en verwaarloos en mors, dan is daar genoeg om die land te red. – Pierre
Wat die 2% sage betref: Dit is die toppunt van arrogansie deur die Swapo-regering. Hulle raak nou net so arrogant teenoor hul kiesers soos wat die ANC onder Jacob Zuma was. Voel niks vir die kiesers nie. Namibiërs, onthou November is verkiesing!
Geagte Calle. Ons Namibiërs staan saam om boere te help, maar is gatvol om ’n korrupte en onbevoegde regering te moet uit bail. Die NBC. Air Namibia, weermagplase, Neckartal, staatsgeboue, belaglike “fly overs” agter Swakop en so kan mens net aangaan.
Namibië het ‘n president soos Ramaphosa nodig om ons land uit die huidige gemors reg te ruk.
Hoekom het Calle nie die belasting van die wat jaarliks meer as ‘n miljoen verdien verhoog nie? Natuurlik omdat hy en sy ryk vriende in die groep val. Nou moet ons arme werkersklas wat ons sente 50 keer moet omdraai nog geld gee sodat hulle kan mors en steel en dit vir verkiesingsfoefies kan gebruik? Ek sal my donasie gee aan ‘n droogtehulpfonds van MY keuse sodat ek weet dit kom by die regte plek uit. Ek weier beslis om my geld te gee om uit gemors te word!
Mnr. Kanime is die hoof van Windhoek City Police. Sy salaris word betaal deur die handvol belastingbetalers van die Stad Windhoek. Die government dra nie ‘n sent by tot die uitgawes van Windhoek City Police nie. Government maak wel gereeld gebruik van die dienste van Whk City Police, veral wanneer sogenaamde hooggeplaastes die land besoek. Betaal die regering die City of Windhoek vir hierdie diens? Of moet Whk City se belastingbetalers daarvoor opdok?
Het dit nie tyd geword dat politieke partye hulle skenkings van geld verklaar nie? Op Mariental is die pragtige Swapo-kantore stil-stil ingewy sonder ‘n foto in een koerant. In Windhoek gaan nuwe kantore vir Swapo gebou word vir baie miljoene. As buitelandse geld betrokke is wat gaan die party in ruil aanbied? Niks is mos verniet nie. Dit openbaar ook ongevoeligheid teenoor ‘n droogtegeteisterde land om sulke duur projekte aan te pak.
Langer as wat dit gesê was. Ons wag al van laasjaar af om die betaling wat met ID betaal word by Nampost in Tsumeb. Aansoek vir smart-kaart is laasjaar November gedoen. Ons was gesê 3 maande dan kan dit op smart-kaart gedraai wees. Hoe werk dit so, dat dit nie so is soos dit gesê was. Of vat dit ’n jaar lank?
As selfoongebruiker word my selfoondata en krediet gereeld deur MTC gevat onder die maatskappy se sogenaamde “terms and conditions”. Ek beskou dit as diefstal en het probeer om ’n saak van diefstal teen MTC by Cran telefonies aan te gee, maar is meegedeel dat ek dit slegs aanlyn kan doen en dat Cran geen telefoniese klagtes aanvaar nie. So verhinder Cran klagtes teen MTC, want almal het nie Internet nie.
Another question for CRAN. Is it legal for MTC to put an expiry date on cell phone data and credit which was bought with the customer's money? I regard the taking of my cell phone data and credit by MTC as theft.
Mense van Aus. Jul sien self dat ons al amper vir drie weke met asdrom en nog ekstra vullis sit. Die settlement kantoordame “chief in control” het in vergadering voor councillor Scholtz vir gemeenskap gesê dat sy nie in haar kantoor met haar tone sit en speel. President, dis tyd van accountability! Wat maak Aus-inwonners met hul vullis? In kantoor uitgooi, op straat uitgooi, in die dorp gooi of hoe en wat verder? Vir wie moet ons stem as dit so aangaan? NBC, kom asseblief, grooot asseblief Aus toe, sodat ons op TV vir die president wys dat ons met erwe vol vullis sit. - Seun van die Suide
Augetto Graig, die kommentaar oor of die staat droogtehulp kan hanteer is 100% in die kol! Ons almal ken die antwoord.
05 Junie is dit eers 3 maande wat my swaer skielik gesterf het. My suster gaan sit altyd blomme op sy graf. Het weer met skoolvakansie duur blomme gekoop en toe het sy en haar dogtertjie dit gaan opgesit, maar die hele blomme is af gesteel. Mnr./mev./mej., hoe slaap jy in die nag? I hope you shall stay with that guilt for the rest of you life. Groetnis. - Great Uncle Rehoboth
Te danke aan Desme by Game Grove maak ek nie my rekening toe nie. Jy is ‘n aanwins vir die Game-groep! Game, pas haar mooi op. Goeie kliëntediens is skaars. – Mev. le Roux
Ek het nie probleem met Postfin nie, die diens wat hulle ons ou mense gee is ook vinnig en goed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie