SMS'e vir 27 Oktober 2021
SMS'e vir 27 Oktober 2021

SMS'e vir 27 Oktober 2021

"...vervoer die bierkratte..."
Mandy Rittmann
Ek het persoonlik al die ombudsman se kantoor geSMS en 'n e-pos gestuur oor die dinge in Rundu met 'n temperatuur wat tot 47 grade gaan op 'n normale dag. Daar is reeds weke nie water, nou vir meer as 'n naweek weer nie. Krag, die plastiek­sakke en gemors op die hoek van byna elke straat is so hoog, dat jy nie daar kan ry nie. Wat en waar kan ons hulp kry? Luister niemand na Rundu se nood? Asseblief!



Human rights, vroueregte? Sit dit bietjie een kant en dink mooi daaroor. Moord is moord en dit het niks met apartheid te doen nie en die wat so redekawel oor aborsie gee 'n mens die indruk dat hulle nie baie slim is nie. Die mensdom is so behep oor hulle eie regte, hulle denke glip by die agterdeur uit en is bereid om 'n lewe te neem. Gebore of ­ongebore, dis moord. Ongelukkig is dit die tye waarin ons vandag lewe.



Woman human right and all the street children woman.



Vir alle Namibiërs wat nog nie weet nie, daar is 'n begrafnisondernemer wat die beste ondernemer is in die hele land. Kyk, ek het nog nie 'n besigheid gesien wat so terugsaai in die gemeenskap nie. Ek het al 'n paar familiemense begrawe by Dove Funeral Service en het so baie teruggekry. Sal dit nooit vergeet nie. Ek lees onlangs in die Rehoboth Gazette dat hulle Woensdagaande verniet kos gee vir die gebroke families en boonop nog verniet Aweh. Dove Funeral Services, die Here se seën rus alreeds op julle onderneming, mag julle net hoogtes bereik vorentoe.



Help ons, die GRN-karre van Okaukuejo vervoer die bierkratte, veral einde van die maand, dan gee julle nie hike vir ons nie. Help vir ons Okaukuejo mense.



Ek is beïndruk dat Food Lovers Market juicy waatlemoene adverteer. Ek is al so moeg vir waatlemoene wat droog is binne. Dis omdat hulle mos daagliks hul produkte aankoop. Alles kraakvars.



Hartklop FM van die NBC. Oor die “Goue Oues” op Vrydae, van wanneer is "De la Rey, de la Rey" 'n goue oue? Dis nou al drie kere op hierdie program gespeel en waarom kan ons nie anoniem wees as ons inbel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!