SMS'e vir 27 September 2017
SMS'e vir 27 September 2017

SMS'e vir 27 September 2017

“...van die huurraad geword.”
Mandy Rittmann
Hoe kry Telecom Namibië dit reg dat verbruikers se rekeninge met sulke groot bedrae agterstallig is? Kry eerder ’n sisteem in plek wat dienste aan die verbruikers onmiddellik sny wanneer die rekening in debiet gaan.

Ja nee, regtig NBC! Die polisie moet eerder fokus op die kriminele as TV-lisensiegeld. Dit sal net tydmors wees, baie mense gaan nie hul deur oopmaak nie of is uitstedig.

Die spookonderwysers wat nou in Namibië spook. “Who you are going to call. . . Ghostbusters!”

Kyk die koerant is nou ge-engels. Vir ons wat net kan Afrikaans lees, kan hulle net N$3 vra.

Mannenberg, Suid-Afrika. Inwoners kla polisie tree nie op. Dan tree hulle op en inwoners kla polisie is te aggressief en skiet met rubberkoeëls op onskuldige kinders. Die onskuldige bloedjies is natuurlik op die verkeerde tyd op die verkeerde plek (kinders ounag tussen bedwelm en dronk bendelede). - SAP&H

"Praat saam" hoort nie op die agterste blaaie nie, wyl die magdom insetblaaie dit ook nie vir my doen nie. Bring my ou Republikein terug asseblief!

Nadine van Vuuren, jy het ’n hart van goud! Dankie dat jy kyk na Opuwo se honde. Wens daar was meer soos jy!

Soek tog inligting. Waar in Okahandja kan ek my huiswerker registreer? Laat weet tog in die koerant asseblief. Dankie.

Graag wil ons huurders van blyplekke weet wat het van die huurraad geword. Asseblief. Ons kry nie erwe, salaris is te min en die banke lag ons uit. Instansies wil nie help, sal ons maar berg op trek? Help, asseblief!

Het ons koerant (Republikein) nou ’n Chinese koerant geword? Ek moet my oë skrefies trek om die kleinadvertensies te kan lees, wat is daar op te huur te lese.

Container, Hanekam Court! Betaal julle erfbelasting vir daardie "container" wat daar staan? Ons wil weet of daardie "container" wettig daar staan. Dan kan ek ook my "container" opsit net waar ek wil.

The Prime Minister contradicts Special Envoy on Genocide in National Assembly. It is common knowledge that the genocide negotiations include only Nama and Ovaherero people. It is a totally false statement to claim that negotiations are on behalf of all Namibians. The PM must be truthful when addressing the issue of genocide.

Namibia deserved Germany’s contempt and Kazenambo (Nam Sun) condemned governments repatriation claim as the biggest political scam of the century. Thanks for calling it what it is! They are taking the hand that feeds them with hundreds of millions yearly to court for billions in repatriation while they voted against human rights in the UN resolution. What a scam!

Catholic church Pope now want to protect children of priests resulting from sexual abuse by priests as an afterthought? Congratulations but too little too late. The world want’s to see the priests named and shamed, procecuted and jailed like any other rapist or sex offender. So start there Mr. Pope!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!