SMS'e vir 27 September 2019
SMS'e vir 27 September 2019

SMS'e vir 27 September 2019

"B-span se voet."
Mandy Rittmann
Artikel oor padslagtings: Hoofinsp. Rizario Coetzee verduidelik, ek gee nie om as ’n bejaarde mens sterf nie? Wow! Pas op, jy is ook nie soooo jonk nie. Van ’n bejaarde mens.

Hoofinsp. Coetzee, dit verstom my dat jy nie omgee as bejaarde mense sterf nie. Wie is vir jou bejaard? Hoe koelbloedig. Kry ’n slag hierdie land se luigat spietkops aan die werk, dan hoef niemand te sterf nie.

Hoofinsp. Rozario Cloete, u sê u gee nie om as ’n bejaarde mens sterf nie. Neem asseblief kennis dat baie bejaarde mense afhanklikes onderhou en volhou met al hul lewenservaring en wysheid om nog ’n waardevolle bydrae tot die samelewing te maak. Van watter ouderdom af word ’n mens se lewe waardeloos? U het seker nie self lewende ouers of grootouers nie, of u waardeer hulle nie? Sal u oor 30 jaar nog dieselfde mening hou? Ek vra maar net. Bejaarde Mens.

Wil net weet hoekom moet polisie vuurwapens hê as hulle van diens af is. Kan die vuurwapens nie by die polisiestasies in ’n kluis gebêre word en uitgereik word vir die tyd wanneer die polisieman aan diens is nie? So kan baie probleme voorkom word.

As far as I know one can only get EPZ status if you import raw materials into Namibia, then you use that materials to manufacture a product which you have to export again. The proceeds of that export has to come into Namibia.

EPZ belastingvergunning. Oom Calle, jy moet maar die belastingvergunning van besighede in die EPZ terugtrek. Namibië kan nie sulke luukses bekostig nie!

Ek wil net graag weet of daar al enige boer ’n terugbetaling gekry het van die droogtehulp-voersubsidie, want van ons wag al langer as 3 maande. Raadop! - David Majiedt

Die Springbokke moet eers verby Namibië kom, om hulle te kan wen. Ek weet nie of hulle weet wat op hulle wag nie. B-span se voet. Almal speel rugby. Go Namibia go!

Mense wat so vingers wys na ander mense wat vir hulp by ander mense vra en jy wat alles het, gee net snaakse bydraes vir ’n antwoord. Kom ek sê jou, as jy nie iets goeds kan sê of bydra nie, bly liewer stil, want jy weet nie wat die volgende persoon se omstandighede is nie. Bly met jou luukse lewe, maar onthou een ding, jy het sopas met jou tong een van jou seëninge weggeSMS. Woorde maak baie seer.

Die sogenaamde k-woord is mos deesdae so ’n taboe soos koekies in die weeshuis. Toe ek laas Saterdag vir my gesin sê ons moet darem Sondag as ’n familie saam tabernakel toe gaan, het hulle my stom aangekyk soos mense wat nog nooit gehoor het die k-woord (kerk) mag glad nie meer gebruik word nie. Ek raak nou regtig radeloos met die klomp veranderings. - Jan Brand

Net ’n ope vraag aan Joos Platt. Het jy lyfstraf toegedien by howe, sowel as Katutura-polisiestasie gedurende die 70’s? Indien wel, hoe effektief was dit en watter uitwerking het dit op jeugmisdadigers gehad?

Hiermee vra ek dat Maureen Peeken of Ryno Rittman my asseblief kontak, 081 478 7821 Gisela. Dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!