SMS'e vir 27 September 2021
"...in Faf de Klerk se pad..."
My binneste pyn oor die foto van die beskuldigde moedertjie, Wilka Mbinga, 23 September. Grys haartjies, ogies neergeslaan, leunende op haar kierie en lewensmoeg. Haar pleitverduideliking weerspieël die daaglikse wroegings wat sy in die gesig staar. Net dit: ek kry haar bitter jammer. - Peet Venter Snr
Dit was opvallend in Saterdag se Bok-toets hoeveel keer die ref homself baie subtiel self so posisioneer dat hy in Faf de Klerk se pad was, veral op die Bokke se ingooi. Dan vra ek maar net, is daar rêrig nie ’n beter senter as De Allende nie?
“Oumie se pienkvoetjie", 23 September, kry loshande 'n veertjie in die hoed as pragtige leesstukkie. Nog so een asseblief madam Mandy. - Peet Venter Snr
Dit is nou goed en wel dat hulle die parlementstuine toegekamp het, maar ruim tog die plek op soos sementsakke wat nog daar lê, asseblief.
Inwoners van Rehoboth moet groot asseblief nie papagaaie, Suidwes-parakiete koop by onwettige verkopers nie, dit is beskermde spesies. Hulle vang dit in vangnette en verkoop dit onwettig.
Hiermee wil ons as familie vir Simeoney Bussel van MR 24/7 ambulansdiens op Otjiwarongo net dankie sê vir haar puik en uitstekende diens aan ons gelewer. En jy word gemis deur jou kliënte op die ambulans. Mag God jou seën vir die werk wat jy met ’n oop hart en met ’n passie doen.
Dit is tog pateties as Hage die president die kus besoek, word ander motors van die pad gedwing met flikkerende ligte en die army met gewere om van die pad af te trek, dat hulle kan ry. Dit is tog pateties verby. Hierdie gemors moet nou stop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie