SMS'e vir 28 Augustus 2019
". . . vra vir eenheid . . ."
Ons harte gaan uit na die ouers wat hulle kinders in so ’n onnodige tragedie verloor het. Ons bid vir almal.
Busongeluk. Drink en bestuur is die Namibiese kultuur. Kla die bestuurder aan vir moord. Hy moes mos weet om onder die invloed van drank te bestuur kan ongelukke en selfs dood veroorsaak.
Ek voel so erg oor die GIPF–korrupsieskandaal dat ek weier om my stem weer in die verkiesing vir die president te gee as hy nie bekend maak wie nog geld aan die GIPF skuld nie. Hoe kan die president vra vir eenheid in die land as sulke misdrywe ooglopend toegesmeer word?
Nee, nou verstaan ek nie. Die president sê Namibië moet beskerm word vir die toekomstige generasies, nadat die helfte van die land se hulpbronne aan buitelanders behoort. Watter gedeelte, geagte president, wil jy hê ons moet beskerm en teen wie?
Katrina Hanse is nou stil. Mooi so!
Die afgelope Visfees op Hentiesbaai was ’n reusesukses. Geen vis was in die baie besige strate raakgery of teruggejaag see toe nie. Wys jou net, Hentiesbaai is die plek om te kom afsaal of nog beter permanent te kom aftree. Henties dis jou plek die. – KS
Jammer dat Namibië rugby nie ons manne kan bemark soos die Bokke voor die RWC nie.
Ek het die afgelope naweek die semi-finale gaan kyk en wil volgende naweek die finale gaan kyk van die eerste liga-rugbykompetisie. Met ’n skok moes ek uitvind hoe die mans en vroue se kleedkamers lyk. “Sick, vrot“ op die Hage Geingob-stadion. Jy sal siektes optel, moenie gaan rugby kyk nie, om die minste te sê! Waar is die NRU bestuur? Die spelers bring hulle kant op die veld. Die administrateurs pak seker hulle tasse vir die soustrein Japan toe? Meneer die NRU president, jou bestuur en raad wat toesig hou is vrot. Verneem van hulle was in Durban. Wat ’n grap! – Ondersteuner
Nou het ek alles gehoor! Die polisie op Okahandja vra N$350 om ’n saak te open? Is dit waar of is dit weer ’n onwettige storie?
A nee a! Wambustrand in Walvisbaai is die vuilste plek. Bierbottels wat gebreek is, wat diep in die sand is. Wanneer word jou voete gesny? Bierbottels word in die see gegooi. Swakopmund bly maar die skoonste plek met die skoonste see.
Op soek na Jaques Andries Burger. DOB 5 November 1978. Kontak Jenette 081 450 8705.
Kan die mense in Olympia oorkant die munisipale swembad nie iets doen aan die voorkoms van die plek nie? Die vliegtuigwrakke en motorbande lyk regtig soos ’n scrapyard. Bou ’n muur om die onooglikheid te verberg asseblief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie