SMS'e vir 28 Augustus 2020
SMS'e vir 28 Augustus 2020

SMS'e vir 28 Augustus 2020

". . . waar is die geloof . . ."
Mandy Rittmann
Geagte mnr President. Net 'n voorstel. Toets die nasie van Namibië. In ag genome die miljoene wat so gesteel word en nooit teruggekry word nie, al kry die mense tronkstraf en die miljoene wat nou tans uitgegee word vir Covid wat van die volgende? Gee elke stemgeregtigde Namibiër N$500 000 en kyk hoe hulle hulself bewys. Dan het u u plig gedoen en niemand kan 'n vinger na jou wys nie.

Die mense wil weet wat het geword van die N$750. Daar is dan mense wat nog nie gekry het nie. Is die mense geregtig om te stem?

Daar is groot, groot vrees vir die virus. Elkeen praat oor die virus. Nou as daar so 'n groot vrees oor die virus is, waar is die geloof in God? Waar is die massasaamtrek om saam te bid te en te vas tot die God van Abraham, Isak en Jakob? Waar is jou geloof wat waarskuwings uitstuur in plaas van om 'n saamtrek te vra en voorbidding vir die pes? Sit jou geloof in die Here en Hy sal jou seën. Hy is 'n man van Sy Woord. Aaaaaamen. Prys Sy Naam.

Voorsorg volgens Covid-19-tuisbehandeling met outydse boererate vir huise, skole en besighede. Ek wil tog net vandag aan die toentertydse wysheid en rate uit my ouma se boekeraatboek en Bybelse wysheid erkenning gee. Titus 2:14 en 15:37. Hy het homself as offer gegee om ons te bevry van onregverdigheid en ons sondes te bevry en reinig te maak. Dat ons sy volke kan wees, wat ywerig is om die goeie te doen. Gebruik jou volle gesag om aan te bemoedig en tereg tewys, gee niemand die leiding om op jou neer te sien nie. Herinner mense aan dat hulle, hul owerheid en gesag moet onderdanig wees om alles te doen wat goed is. 'n Skrif uit my ouma se oudtydse Bybel en boereraatboek het sy geglo. Geneesmiddels het sy geglo vir benoudheid, siektes soos asemhalingnood, gebruik geel vaselien, vitamien E. Sluk sommer self, doen dikwels en voel gou beter en gesond. Stoom jouself met Eucalyptus Pure Essential oils.

In die straat voor China Town in die noordelike nywerheidsgebied wemel dit van mense by stalletjies, geen afstand word gevolg nie. Doen iets, gaan kyk self. Dit is 'n gevaar vir die virus selfs op die terrein by die winkels.

Kan 'n mens dit glo? Pensioenarisse kry slegs aartappels sonder enigiets by in die oostelike deel?

Bank Windhoek op Karasburg. Baie dankie vir goeie diens en vriendelike personeel. Dis altyd lekker om in die bank te kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!