SMSu2019e vir 28 Desember 2016
SMSu2019e vir 28 Desember 2016

SMS’e vir 28 Desember 2016

“baie seer om te sien”
Dani Booysen
Dis baie seer om te sien hoe word ons diere doodgemaak. As jy die koerant oopmaak, sien jy net diere wat doodgemaak is en die goverment doen niks nie.

As die leerlinge se punte totaal van onderwysers afhang, dan wil ek dankie sê aan die graad 10- en 11-onderwysers wat mooi geleer het vir die eksamens. Albei my seuns is deur! Ek is werklik trots op die onderwysers vir hulle harde werk dwarsdeur die jaar om die slaging moontlik te maak.

Chinese besighede weier om rekord te hou van verkope. So ontduik hul belasting en neem geld uit die land uit.

Wildstropers moet summier doodgeskiet word net soos hulle ons pragdiere genadeloos afmaai. As hulle gevang word, gaan hulle eenvoudig voort met hul bloedige strooptogte sodra hul vrygelaat word.

Kan Rehoboth se inwoners dit glo? Die vuilste dorp met die slegste paaie se burgermiesies pose in die koerant met ‘n lang Kersfeeswens. Niks is eintlik nog in haar termyn gedoen nie. Ek het haar nie geken voordat ek die boodskap in koerant gesien het nie. Die dorp se agteruitgang ruik en sien jy as mens dorp inry. Ek wens dit sal met my volgende besoek aan die dorp beter lyk. Sterkte, inwoners, en wees maar geduldig. Miskien gaan dit eendag beter.

Kan iemand asseblief die groot pothole aan die linkerkant van die pad in Frankie Fredericks-/Kleine Kuppe-strate by die verkeerslig regmaak. Voertuie wat in die binnebaan beweeg, neem nie die ander in ag wat moet uitswaai vir die gate nie. Dit word waardeer. Dankie.

Clinton, thank you for standing by your principles. From my white Khomasdal Swapo heart, you are right. Remember what happened to our current president. You will be back when certain ministers and names should retire and collect chicken eggs.

Ek wil jou ‘n weddenskap aangaan dat die halfgeboude hotel/woonstelblok nooit voltooi gaan word nie. Check my words!!!

Aan die persoon wat roem dat hy/sy kamma ‘n Nama Swapo-staatswerker is wat die president advise om met ons andersdenkendes af te reken, net die volgende gebeurtenis wat tydens ‘n oorlog plaasgevind het: Daar was ‘n man wat gedurende die oorlog saam met die vyand geheul het teen vergoeding. Bedags was hy saam met sy eie mense, snags het hy na die vyand gegaan en hul gaan inlig wat die sterkte van wapens en posisies was. So is sy eie mense deur die vyand ‘n gevoelige slag toegedien, waarop sy oorlewende, eie mense moes vlug. Hy het gekom by die vyand om sy betaling op te eis. Sê die bevelvoerder: “As jy vir geld geskenke jou eie mense so uitverkoop, wat als sal jy net nie vir ons wat nie eens jou ras is aandoen nie?” En hy is summier tereggestel! – Namalander

Please, we want someone to assist our families at Okahandja holding cells because our people are beaten and refused visits. Please do anything.

Juffrou wat sê “vra jou man hoekom loop hy rond”, jou selfrespek as dame is betreurenswaardig. Hoe wil jy vir jou kinders sê hul pa is ‘n getroude man? Vra my suster, haar kind mag nie weet sy pa was en is ‘n getroude man nie. Laat ons die babamoordsyfer verlaag, asseblief dame. Los uit wat nie joune is nie.

Getroude vrouens het nie respek vir hulle getroude manne binne-in hulle huis nie. Dis hoekom die getroude manne na ander vroue toe gaan.

Vir navrae en kommunikasie soos die volgende, wat onlangs ontvang is, moet ons lesers asseblief van ons kleinadvertensie-afdeling gebruik maak. Geen sulke boodskappe sal meer in hierdie forum geplaas word nie. – Redakteur

Ek het 3 katte wat al groot is, baie liefdevol en goed opgevoed wat ek wil weggee. Dit moet katliefhebbers wees asb. – Antoinette, 081 268 7788

Soek tog katjies in Rep van 30/11. Kontak Gerold of Cheryl of Anthea by 081 360 4958, 081 304 2882 of 081 444 3772.

Soek asb. die nommer van die persoon wat katjies soek.

U soek katjies, maar verskaf geen nr nie. Bel mnr. Pretorius @ 081 405 3607.

Soek asb. ook ’n katjie, net ’n mannetjie. – 081 203 1685

Wil iemand dalk ‘n mannetjieskatjies hê? 3 wit en swart, agt weke oud. – 081 248 4148

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!