SMS'e vir 28 Februarie 2017
Die hele inflasie-ding raak onverstaanbaar as dit kom by die prys van kaas wat duurder per kilo is as biefstuk. Met kaas is die oorsprong nie tot niet gemaak nie en kan daar weer en weer geoes word. Met biefstuk, daarenteen, moet 'n kalf tot slagbees vet gevoer word. Waar is die rasionaal in die pryse?
Basters, skaam julle! Kyk hoe lyk Rehoboth. Skande vir ons land!
Die atletiek in Windhoek. Mnr. Solly en Khomas se streekbestuur, die organisasie, soos by alle streeksbyeenkomste, was weer eens 'n ongeorganiseerde en skandelike gemors. Wat 'n “disgrace”.
Stop blaming the president for economic downfall? What a joke! Of course he should take responsibility and live up to his empty promises to stamp out corruption, stop crooked tender deals (airport comes to mind, among many others), stop self-enrichment, inflated government which we can't afford, etcetera, etcetera. All of which is still booming in Namibia!
NPL: Goeie besluit, mnr. Doeseb. Kan die res en die NFA nie ook maar sy voorbeeld volg nie? Want dis nie net sy skuld nie. Hulle almal sit en beteken niks daar nie. Gee nuwe mense kans.
Rehoboth-dorpsraad, kry 'n slag skaam vir julself en ons dorp. Julle beteken niks. Bedank asseblief almal uit jul poste.
Groot asseblief! As die tyd verander, los die skool se tyd dieselfde. Ek kan nie my kinders 'n uur voor die skool begin aflaai nie. Ek kan hulle nie later skool toe vat nie, dan gaan ek elke oggend laat wees. Ek het 'n baie kwaai baas!
Ek, 'n pensionaris, stem vir die terugkeer na die ou wintertyd, bloot ter wille van langer aande, die beste tyd van die dag. Dus uit selfsug. As skoolure egter verander word, sal werkgewers voorsiening moet maak daarvoor dat werkende ouers se werksure ooreenstem met begin- en uitkomtye van skole. Hoe anders kry hulle hul kinders betyds af- en opgelaai?
Nelson Mandela en Hendrik Witbooi sal uit hul grafte opstaan as hulle kon sien wat nou aangaan waarvoor hulle geveg het. Sies! Wat 'n skande. Zimbabwe, hier kom Namibië en Suid-Afrika.
Die media beskuldig Trump van alles. Help my asseblief om my klagte aan te stuur. Sedert Trump president geword het, fluit die voëltjies al hoe vroeër en harder en los die honde al groter landmyne op my sypaadjie. Dis nie reg nie en ek wil ook kla. Groete, Windhoek Times.
Ek is so bly die ACC het nou begin om hul werk te doen deur die korrupte en onbevoegde lede van RTC vas te trek. – Great uncle RHB
Asnath Zamuee, u Facebook-kommenaar: Hoeveel mense moet nog doodgaan? Duidelik verstaan u nie. Mense hoort nie tussen olifante nie.
Ons lewe lank gewerk en belasting betaal, wil net weet hoekom ons president nie die belasting op ons pensioengeldjies kan stop nie. Hoekom word ons oumense so gestraf, en dan is daar mense wat moet betaal, maar die stelsels omseil. Meneer die president, wees ons oumense genadig. Ons betaal nog altyd belasting op alles wat ons koop.
Die persoon wat Joost se Huisgenoot soek, kan my skakel as sy/hy dit nog nie gekry het nie, want ek het twee op Otjiwarongo.
Ons wil graag weet in //Kharasstreek wie anders saam met “governor” L. Basson maak die “resettlement”-komitee uit? Want in die jongste genomineerdes word alweer plase uitgedeel in //Kharas aan diegene wat nooit grond verloor het en “unsettled” was nie. As lid van die volk wat onteien was, voel ek die verontregte mense moet voorkeur kry. Die afgelope tyd bespeur ons dat juis mense van Vaalgras altyd van die gelukkiges is wat plase kry. Laat die “resettlement programme” eers gehalt word, asseblief, en die hele komitee “overhaul” word. – Tseibskind
NamPost: Lang rye met spaarbankdienste. Waarom word posdienste afgeskeep omdat julle nie kitsbanke wil oopmaak nie? Word wakker.
Hoe is dit moontlik dat 'n tenderaar so 'n groot bedrag vooruit betaal word vir rioolwerke wat hy nog nie eens begin het nie? Sover my kennis strek, kry 'n kontrakteur eers betaling wanneer hy ten minste 'n derde van die werk voltooi het. Ook moet daar seker gemaak word of die tenderaar kennis van sodanige werk en implemente het om die werk te doen. Dis waarom “Rehoboth Town Council” nooit geld het nie. Dit is saam met die riool weg.
Wanneer gaan die munisipaliteit begin om Windhoek se grasperke te sny? Die reën het dit mooi gemaak, mens vergeet om dit netjies te hou. Wat dink besoekers nie?
Namibië se ekonomie sal gunstig beïnvloed word deur een tydsone dwarsdeur die jaar te hê.
Ons woon in Bethanie en kan nie internet of MTC gebruik nie, daar is al baie probeer. Die afgelope weke kan ons nie “internet banking” doen nie en geen “mail” stuur nie. Kan ook nie uitbel nie. Ons is almal tot die dood toe gefrustreer. Aan die einde van die maand moet jy betaal. Help asseblief.
Hoekom die smokkelhuise, ag massahuise, staan en verniel? Sophia Shaningwa wag vir 2019 se verkiesing om dit uit te deel en te kan sê Swapo sorg vir julle. Stem swapo. Mense, maak oop jul oë en sien.
NWR, we all realise why you're offering a 75% discount. It's because there are few tourists this time of year and the resorts are empty. Locals can't afford your exorbitant prices and are now good enough to fill the gaps to experience their own heritage. Besides that, resorts are in a shocking condition once again and people are looking for decent, well-maintained, affordable accommodation.
Ek hoop ons mense tree nou op! Diere wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, mag die doodstraf kry, maar mense met breins wat Afrikaans en Engels verstaan, mag ander mense doodmaak en geen doodstraf vir hulle nie. Rêrig mense, kom by.
Nie alle ouers wil wintertyd terughê nie. Hou die standaardtyd asseblief. As dit dan moet, laat die skole 'n halfuur of uur later begin. Mens gaan laat in die dag eers werk toe en kom dan na donker eers by die huis. Nie wintertyd nie, asseblief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie