SMS'e vir 28 Julie 2017
SMS'e vir 28 Julie 2017

SMS'e vir 28 Julie 2017

“. . .as die bollie die waaier tref. . .”
Mandy Rittmann
Wie gaan so 'n belaglike prys vir 'n vislisensie betaal? Deur vislisensies onbekostigbaar te maak vir vakansiegangers wat enkele visse wil vang, gaan ons toerisme 'n ernstige knou kry. Het Namibië dan nie die miljoene dollars wat toerisme vir ons land bring dringend nodig nie?



Wat het Swartbooi gemaak wat verkeerd is? God het die waarheid lief. So ons bid vir jou en God sal jou beskerm. Ons staan agter jou tot die ende toe.



The Owambo majority club (Politburo) decision to recall Mr. Swartbooi was to show any one who dares to differ that the executive tribe is in charge. - Namalander



So jy wil ons vergelyk met Suid-Afrika? Dan kan jy sekerlik ook ons salarisse, kospryse, petrolpryse, akkommodasiepryse, huispryse, water en elektrisiteit ensovoorts met die RSA vergelyk. As jy wou eerlik wees, sou jy die streep regdeur getrek het en als van die RSA met Namibië vergelyk het. As die bollie die waaier tref, is julle vinnig om te sê ons is 'n unieke land met sy eie behoeftes en uitdagings. Los tog die vergelykings vir die mense wat weet jy kan uitgawes slegs met uitgawes vergelyk.



Hoe kan minister Shaningwa haar distansieër van mnr. Swartz se onwettige aanstelling? Waarvoor kry sy die groot salaris en menigte voordele as sy nie by magte is om iets daaraan te wil doen nie? Dis hoekom ons land net agteruit gaan. Where does the buck stop?



Samora Maschel, late president of Mozambique said: For the nation to live the tribe must die! (Tribalism.) I say: For the minority tribes to live the majority tribe monopoly rule must end! - Axaro



Aai! Die kraalpolitiek van Swapo darem. In plaas daarvan om die witboordjie groot-eters in die wandelgange van hul regering hok te slaan, wat die land binne 27 jaar riooldamme toe bestuur het, kom die politburo bymekaar om van een Nama-sprekende ontslae te raak. Swapo-party het sy edel doelstellings in hul Lubango Swapo-gate begrawe met onskuldige kamerade wat beskuldig is van liegspioenasie. Keep your Swapo, we'll keep our Landless People's Movement.



Die magdom robbe is nie die probleem vir die vis nie. Die mens is die oorsaak. Mense kan vir hulle self dink en nie robbe nie. Robbe se instink is om te eet en te teel, net soos enige ander dier. Dink aan 'n beter verskoning as net robbe. Die robbe was eerste daar. Die verskil begin by ons eerder.



Noordoewer border town! Why is nothing happening here? Why ain't the Government and Councillor doing anything here? Die plek develop nie. Ek dink dit het tyd geword dat hier moet 'n begin gemaak word? Raad, wanneer word die mole station gebou? Die ground breaking was vier jaar gelede. Hoekom gebeur hier niks? Joe! Ons soek antwoorde asseblief, so gou as moontlik!



Ja, DTA. Hoog tyd om vir August 26 te laat ondersoek! Begin sommer by NDF. Ek was lank by hulle - dis 'n riller daar! Daardie kop vrot baie erg. Die wat groot steel, word oornag August 26 toe verplaas en dan word hulle oornag nog die grootbase! Ek hoop Dirk van Niekerk vat nie nonsense nie en skop hulle uit. Dan sal dit beter daar gaan.



Wil weet wat gaan aan hier by Karasburg munisipale raad. Dan dink ek ACC moet tog 'n draai kom maak op Karasburg by daardie kantoor en kyk wat gaan daar aan. Iets is daar dat hulle nou so bedank een na die ander.



Laaste leeu word geskiet oor twee donkies! Kan 'n mens dit begryp? Die pragdier word jagtersaas? Skaam julle, natuurbewaring. Ek sal vir die vrou twee donkies koop as julle te sleg is. Natuurliefhebbers trek petisie op om pragleeu te red. Dit gaan alles, alles net om geld en "greed". Sies!



One of the newspapers last week stated "outgoing minister of finance"? We should be worried, very worried!



If a parliamentary cannot even have a different opinion and criticise party politics we have a dictatorship not democracy! SWAPO seems to

be following ANC. Very very worrying!



SA who do captive breeding and canned hunting is selling lion parts to Asia and last month announced export quota of 800 skeletons! Be­tween 2005 and 2015 SA exported to Laos and Vietnam: 755 lion bodies, 587.5 kg of bones (approx 65 lions 54 claws 3 125 skeletons 67 skulls 90 teeth. If this is not sickening I don't know what is! Wildlife groups say that their population has fallen by 43 percent from 1993 to 2014. What has become of this world? The greed is shocking. No respect for wildlife - only money counts!



My ma was 'n gekeurde (veteraan), maar het af gesterf. Hoekom moet haar uitbetaling gekanselleer word terwyl daar 'n man en kinders is wat daardie geld kan ontvang?



If u look at the statistics, Suburbs should be ranked 3rd best team in Namibia this year. After the 1st round Wanderers was no 2 as initially. Then u have proclaimed in an official circular who will represent Namibia in the Gold Cup. Now suddenly it changed to the 2nd round winners. Why not the team that plays in the final? Nothing against Suburbs just being fair to everybody. - Werner Jeffery



Die Republikein skrywe van Gernot W Schaaf oor Kosie Pretorius is soos die kraai vlieg reguit op die man af en met feitlike kennis. Feite van gebeure kan nie verander of verdraai word om enige instansie of persoon te bevoordeel of te benadeel nie,

nooit! Daarom kan Namibiërs hulle gelukkig ag om soos wyle Kosie Pretorius nog 'n lewend en belese persoon soos Gernot Schaaf te hê. - SAP&H



Daar bestaan nie 'n SWAPO-"branch" in Kalkrand nie. Die een wat bestaan het, se termyn is lankal verstreke en sy termyn is ook nie verleng nie. So enigiets wat namens Swapo gedoen word, is onwettig. Moet nie die mense mislei nie.



Wat sukkel sommige mense met die ELKRN se algemene sekretaris? Hy is tog ook net 'n mens. Wat sal die kinderregte- of vroueregte-organisasies maak? Die seun was net ouerlik getug. Hoekom moet die GS geskors word?



It seems in Swakop everybody can drive as they please. They might as well remove stop signs and 4-way stops as 99 percent ignore them. Red traffic lights means that at least 4 taxis can still go through, trucks unloading blocking complete lanes, ignoring loading zones, parking spaces for disabled seem to be made for taxis especially at Pick n Pay. Chaos reigns. Streets are racing tracks. The list is endless. I was under the impression that Swakop had 14 traffic cops but you are lucky if you see one in a week. Perhaps, traffic department was closed down?



Ek soek die naam en kontaknommer vir die persoon by Stad Windhoek wat verantwoordelik is vir die uitwerk van waterverbruikgemiddeldes vir interimaanslag. Ek wil hom/haar graag 'n gratis kursus aanbied oor hoe om hierdie gemiddeldes reg uit te werk. Vir die tweede keer in vier maande kry ek 'n interimaanslag vir die maand wat 12 keer my maandelikse verbruik is, net sodat hulle 'n N$15 "charge" op my rekening kan bysit omdat ek dit nie ten volle sal betaal nie.



Carte Blanche sê Suid-Afrika is die tweede grootste gebruiker van pornografiese materiaal en webtuistes in die wêreld. G'n wonder Afrika sit met so 'n groot populasie en seks­oortredingsprobleme nie. Dalk moet die tendens nou deur sielkundiges aangespreek word om sodoende die tweede en derde geslag dalk te help. - SAP & H



Ek soek tog raad vir baie sweet in jou rug. Ek sweet verskriklik as dit somer is en ek raak al so skaam voor mense. As iemand raad het, stuur dit vir my by die SMS se kolom asseblief. Ek sal dit waardeer.



Joos Platt se naam koppel ek nie aan die laksman nie. Ek soek by hom inligting rondom die laksman. Hy was daardie tydperk nou betrokke by die uitvoering van die doodstraf.



Ek gaan ook terwyl Joos Platt leef hulde aan hom bring. Ek gaan aansoek doen dat Katutura-polisiekantoor hernoem word na Joos.



Ek wil graag 'n beroep doen aan MTC netwerk of hulle nie vir ons 'n toring of versterker by plaas Ootmoet No 2 kan sit nie. Die opvangs is bitter swak.



Ons vra asseblief hulp! Ons moet die Saterdag ons ouma begrawe. Ons sukkel om geld in die hande kry om haar ter ruste te lê. Is daar nie goeie persone wat ons asseblief met geld of kos kan help nie? Ons sal dit waardeer. Kontak asseblief 081 792 8553 of 081 368 4079, dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!