SMS'e vir 28 Maart 2017
“...'n onooglike plakkerskamp...”
Ek wonder nou net as die Duitse regering die eis van 400 miljard betaal wie kry wat? Ek voorspel een grootskaalse oorlog! Want almal sal wil gryp. En wie presies het nou wat verloor?
Nie alle Psemas-lede pleeg bedrog op die medies nie. Nou het ek, 'n pensioenaris, getrou 'n klomp doktersrekeninge betaal van digby N$50 000 vir 'n noodsaaklike operasie en ek wag al twee maande vir my terugbetaling van Psemas. Hulle sê net ses weke. Volgende week is weer ses weke. Ander se gierigheid veroorsaak dat onskuldiges ook daaronder ly.
Another tragic, senseless, so unnecessary death on the Swakop/Walvis road where a lady crashed into the trailer of a truck doing a U-turn in the middle of the road around nine o'clock at night! I have been asking for years why it is possible for truck traffic being diverted to the road behind the dunes during holiday season but not for the rest of the year? Do the lives of the locals count less than the holidaymakers? Potentially a point for investigation of responsibility/accountability in addition to the driver of the truck?
Besef die regering die implikasie van die skietvoorval in die Bwabwata Nasionale Park? Dink aan al die toeriste wat broodnodige fondse inbring waar hulle 'n veilige en heerlike vakansie by al die lodges en kampe geniet. Moet ons nou liewer daardie deel van die land vermy? Hierdie optrede moet eenvoudig behoorlik ondersoek word en die skuldige gestraf word. Die burgers van die Republiek van Namibië vereis dit. Ons dring daarop aan dat ons volledig ingelig word wie skuldig was. Moenie dit onder die mat invee nie. Baie sterkte aan die Keil-familie. Ek hoop Alexia herstel volkome. - B. Venter
NDF members extend age at Ministry of Home Affairs by reducing date of birth to get more pension money. Scam!
Kan Stad Windhoek asseblief verduidelik waarom 'n onooglike plakkerskamp steeds naby Finkenstein se ingang toegelaat word? Moenie vir die publiek sê om die ontwikkelaar te vra nie. Of is hierdie ontwikkelaar nou die nuwe baas van Windhoek se munisipaliteit?
Geskorste hoof uitvoerende beampte Seth Boois het gesê ek is mal (Namibian Sun, 23 Maart). Sê vir my wat het van die geld geword en wanneer kom speel Brasilië en Bafana op die onklaar sokkerstadion wat soos 'n hoenderhok lyk? Iemand moet rêrig mal wees. Definitief nie ek nie. - James
Hentiesbaai is 'n drinkdorpie. My liewe skrywer, die dorpie self is net bakstene en sand met 'n effe lae behoefte aan vog vir oorlewing. Ek wil my egter verstout om te sê deur jou wye ervaring en bril dit dan eerder 'n suipdorpie moet heet. - KWV
President Hage, dit lyk of jy ook nie die regte president soos die vorige twee is om ons land Namibië uit die gemors te lei nie. Julle "fat cats" sorg net vir julself en familie en vriende.
Dit gaan oor die SMS wat vra wat gooi jy op 'n boom wat afgesaag is: gooi net motorolie wat afgetap is op, gooi ten minste drie keer op. Groete.
Tot my skok as koshuiswerker van die regering kan ek net nie dink dat //Kharas Regional Office van Keetmanshoop summier weier om ons oortyd uit te betaal vanaf 2015 nie. Ons vat julle maar koerante toe!
Baie groot dankie vir mnr. Jan Classen van NamPost Couriers vir jou uitstekende diens. Ons waardeer dit baie.
Stem saam met teen donkieslagpale in Okahandja. Los die donkies uit en maak jul dorp/paaie reg. Wil mense nou alle diere doodmaak/slag wat vier bene het?
Sjoe, sjoe. Belastingbetalers kry warm in Rehoboth. Councillor Wambo van Urban East gaan skryf Mercedes Benz van N$600 000 af op Rundupad. Wonder net wat gaan soek hy daar? Ai, eina! Maar toe maar. Dis Kanaan, die plek van heuning en melk. Groetnis, Great Uncle Rehoboth
Boom wat nie weer moet groei: Maak/boor gate in stomp en gooi ou motorolie in gate.
Waar vind jy korrupsie en bedrog x2? Maklik: dis daar waar die loshondjie vas lê! - Chrometofobie
Wonder hoeveel van julle weet waar elders is? Dit is op die R356-pad tussen Ceres en Sutherland.
Hier is iets wat ek nie verstaan nie. As die dorpsrade en munisipaliteite se finansiële sake so chaoties is, beteken dit mos dat die personeel nie opgelei is nie. Wie is verantwoordelik vir die aanstel van hierdie onbevoegde persone?
Die Ombudsman John Walters wil die woord ras/"race" verwyder uit die samelewing. Dit gaan egter niemand se velkleur verander nie.
Wil maar net weet. As ek 'n luiperd wat nou al agt van my kalwers vrekgemaak het in 'n vanghok vang en aan die ministerie gee, sal hulle my kalwers betaal? As ek hom skiet weet ek dat hy nie weer sal terugkom nie.
Ek hoop die persone wat op die Keil-familie geskiet het, word van poging tot moord aangekla. Hendrik Witbooi sal uit sy graf opstaan as hy kon sien watse gemors nou in ons land aangaan waarvoor hy geveg het. Wat 'n skande.
4 trotse vroue van Omaruru-distrikwag verf Omaruru se polisietasie uit terwyl trotse, hoogs opgeleide offisiere toekyk en sien dat vroue die skaamte van so 'n voorheen netjiese plek herstel. Welgedaan, vroue. Ek sal my kop in skaamte laat sak het as ek daar 'n polisielid was.
Mense wat "tax" betaal, kla dat die regering hul belastinggeld verkeerd gebruik. My vraag is: die oumense en weeskinders, met wie se geld word hulle betaal? Is dit nie ons belastinggeld nie?
Og, u wat die mense in Aranos in die aand oplaai en vergaderings hou. Takkoördineerders kan ook 'n vergadering oproep, dan sê u Swapo se grondwet is nie reg nie en net distrikskoördineerders kan vergaderings oproep. Ons kam julle twee met een kam. Aranos se Swapo's vergaan. Julle het vir jare nie vergadering gehou nie. Genoeg is genoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie