SMS'e vir 28 Maart 2019
SMS'e vir 28 Maart 2019

SMS'e vir 28 Maart 2019

". . . land ryk skryf . . ."
Mandy Rittmann
Verkeersmense! Julle kan die land ryk skryf, as julle net ophou in jul karre sit en slaap. Ek het vandag weer een gekry langs die pad. Kyk hoeveel mense ry nog sonder ligte. Wakker word en hou op om net na jul eie sakke te kyk.



Ek luister vanoggend op TV na 'n preek oor armoede. Die prediker sê ons moet jammer kry en ons beursies oopmaak en gee. Ek dink hy is net halfpad reg. Die armes van vandag is 90 persent te lui om te werk. Hul word van kleins af geleer om nie te werk nie. As hy nog werk, beskerm die arbeidswette hom. Hy kan maar dronk wees of lui of sleg wees, jy het moeite en koste om van hom ontslae te raak. Wie sal 'n goeie werker wegjaag of afbetaal? Jy betaal hom liewer meer. Nee dominee, doen jou huiswerk. Die Bybel sê “hy wat nie werk nie, moenie eet nie.”



Blaai deur ou tydskrifte en onthou toe ek die Patrys sien oor my twee seuns se lidmaatskappe as Patrys-speurders. Hulle moes 12 jaar en ouer wees, paspoortfoto's, ek die ouer moes teken vir toestemming en as hulle hul Patrys-speurderpersoonskaarte ontvang het, moes hulle na die naaste polisiestasie gaan vir bekendstelling. Ook die Patrysklub en Rabbedoeklub kon by aangesluit word. Tydperk lank gelede. - Sam Hoogenhout



Oh, so now the Minister of Transport and RA wake up to the damages to roads by the overloaded timber trucks. When there has been hundreds of articles in the newspapers? Also note that most trucks by-pass weighbridges! Jeeees stop threatening and do something. Catch and lock-up the culprits, impound the trucks, fines are a joke, considering the money they make with the poached wood! Minister of Environment, you have the power to cancel all logging licences. Please do so to save what little is left of our forests and heritage!



Nujoma's secret/classified house cost scandal! Firstly, shame on you Nujoma and Swapo government for the deceit of hiding the corruption which it boils down to and for taking the bread and butter, that is cash payment and renovations! Now they want Nujoma to pay back the cash payout? Oh no! That was probably much less than 70 million. Nujoma must pay back the 70 million and people must take to the streets, squat in his luxury home/plot until he does! It is your own Swapo government and elite that is misappropriating money that could gave gone to housing, health, education etc.. . Shame on you government!



Woooow Mr. Nujoma, papers are full of pay back the 70 million, SMS's! Looks like this one is escalating and not going to go away until you do the same as Zuma in SA! And rightly so!



Ai tog! Town Council van Karasburg. Maak tog nou daardie stukkie pad klaar wat julle half gedoen het; die stukkie grondpad daar agterom hospitaal toe, asseblief tog! Groot asseblief, die minister kom volgende week besoek aflê hier.



Apartheid nog lewendig in Keetmanshoop. Die gebruik dat wit en swart kliënte verskillend hanteer word, bestaan nog. Wittes se aankope word vriendelik tot by hul voertuie gedra, maar ander moet maar sien en klaarkom, want die stootwaentjie mag nie die winkel verlaat nie. Vir die wittes word klomp moeite gedoen, om pakkies van die beste produkte agter in die stoor op te maak, en die res van kliënte moet met die half vrot produkte tevrede wees. Daar is ander winkels ook waar die eienaars duidelik wit kliënte voortrek. Onthou asseblief, dis ons ander wat julle aan die gang hou. Dit is net goeie etiket vir winkeleienaars om almal met dieselfde glimlag te hanteer.



Stem saam, almal kan nie DStv Premium bekostig nie. Waarom kan julle dan nie net naweke alle sportkanale wys nie? Daarom is my DStv af. Sal nie my geld mors.



Borgskaponttrekkings van Afrikaans is groot, omrede Steve Hofmeyer daar gaan optree, is tipies. Steve met sy uitgesproke, pro-Afrikaanse standpunt en afkeer oor blanke plaasmoorde sal hom mos omstrede in sekere kringe maak. Die onttrekkings is maar deur politiek korrekte voetwas-agterryers wat skaam is oor hul eie geskiedenis of wat nie het nie. Weet Steve ken sy ontelbare ondersteuners. - SAP&H



Vrouens het nou wat hulle toekom. Gelyke regte en die ondersteuning van hul wederhelftes. Net dat geen vrou kapsie maak teenoor die korruptes en onreg. Pasop, die dinge vat ons almal grond toe.



As ek jou kind in die straat af jaag met my Pitbull saam met my, is dit om my gesteelde goed by hom terug te probeer kry. Dis waarom die polisie nie na jou wil luister nie. – Wolfie

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!