SMS'e vir 28 November 2018
SMS'e vir 28 November 2018

SMS'e vir 28 November 2018

". . . nie water of krag . . ."
Mandy Rittmann
Mevrou Goagoses en RTC, van ons Rehoboth-inwoners word verneder. Skole en regeringskantore se water en krag is gesny. Laat weet, ons wil graag sien wanneer die RTC-manne krag en water afsny in Blok E. Asseblief! Ook, voor u erwe gee, ondersoek die miljoene dollar bedrog in RTC se mafias. Ek glo u ken hulle almal. Dit is waar ’n minister moet begin anders moet die hele Rehoboth se mense betalings staak. Asseblief.

Die grootste grap van die jaar. Rehoboth se strate is vol van laerskoolkinders, asook graad 9's en graad 11's. Rede: Kinders kan nie skool toe gaan nie, want skole het nie water of krag nie. Wat sê dit van onderwys? O hel! Dit het nog nooit in die verlede gebeur nie. Wat gaan aan in Namibië se onderwys? Meneer die president, u sal dringend moet intree. Verwyder die minister en haar hele konkoksie. Hopeloos is ’n sagte woordjie.

En toe nou. Daar gaat Rössing ook na China se kant toe. Gaan dit nog Rössing of Rio Tinto bly?

What will happen to those involved in the destroying of our forests, especially those well known in Africa for looting basically everything even our economy?

Ek dink dr. Japie van Zyl is reg om Mars toe te kyk. Daar is ten minste geen bome wat kan uitgeroei word, nie soos in sy eie vaderland nie. Daar is ook geen politici wat alles kan bevoeter op Mars nie. Dink net! Viva Harambee!

Houttrokke: Om die trokmaatskappye te boikot, sal werk, maar die hout word klaar in vraghouers verpak sodat dit nie maklik gesien kan word nie. Nou word die permitte gestop, maar die afgelope jaar is al duisende bome vernietig en ’n paar ander mense se bankrekening kreun van die geld, maar almal se klagtes skeel die president min, solank hy net na die Chinese kyk en hulle na hom.

Ek sal nie verbaas wees as selfs die gwano-eiland se jaarlikse oes gedaal het nie. My ega koop gister ’n blikkie ingelegde sardyn, dit het geen smaak nie. Seker dit wat van Mexiko ingevoer word om fabrieke aan die gang te hou.

Etse, Bernhardt Esau! Wie dink jy bluf jy met beoogde optrede teen plunderaars van ons visbronne. Daar is niks oor om te plunder nie, Swapo het alles weggegee aan lande wat hulle ondersteun het tydens die oorlog. Die regering kan nie die gebiedswater patrolleer nie. Tydens koloniale era was dit daagliks deur vliegtuie en toegeruste bote gedoen en het SWA met van die beste sardyn en ander visbronne ter wêreld gespog.

My seun is op 23 November 2018 langs St. Paul's deur ’n taxi raak gery. Dit was ongeveer 23:00. Daar was ’n vrou wat hom gehelp het. Sy het oor die naweek die hospitaal gekontak om navraag te doen oor hoe dit met hom gaan. Ons wil haar graag opspoor om haar te bedank vir haar hulp. Kontak ons asseblief. Gert 085 124 6656 of Ellie 081 834 2237. Baie dankie.

Daar is darem verskriklik ongeskikte ontvangsdames by party dokterskamers. Dame, onthou net jou dag sal kom dat jy soos ’n hond behandel word as jy daar staan en jy weet die kanker is besig om jou op te vreet. Hulle kan mos mense uitsnuffel wat swaar kry en dalk sal sukkel om die rekening te betaal.

Oanob Privaat Hospitaal Rehoboth. Ons het gewonder wat het van Rehoboth se vriendelike, hardwerkende verpleegpersoneel geword? Gedog hul is land uit. Toe ontdek ons hul in Oanob Hospitaal. Baie, baie dankie vir jul skitterende diens. Ons waardeer dit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!