SMS'e vir 28 Oktober 2016
SMS'e vir 28 Oktober 2016

SMS'e vir 28 Oktober 2016

“Wie se bevindinge het u dan in ag geneem?”
Gerine Hoff
Minister Pohamba Shifeta, hoe is dit moontlik dat prof. Edosa Omoregie se bevindinge omtrent ontginning van mariene fosfaat geïgnoreer word? Wie se bevindinge het u dan in ag geneem? Waarom wil die staat wetenskaplikes oplei as prof. Edosa se bevindinge nie eens tel nie? Minister Shifeta, hier is goed opgeleide mariene bioloë. Dit maak mens bekommerd en wonder of u as minister van die omgewing genoeg omgee en daarom die regte persoon is vir hierdie pos.

Hoekom onttrek Afrika-lande van die ICC? Baie eenvoudig - Afrika-diktators bly aan bewind deur hul burgers te vermoor, te verkrag, menseregte te vertrap, en te martel. En wie wil tog nou verantwoordelik gehou word daarvoor?

Transformasie in sport: Wat is dit? Dit is ’n afgesaagde, holrug geryde woord wat mense/groepe net pas wanneer dit saak maak. Vind dit plaas in sokker waar geen wit speler in is nie? By hoeveel “world cups” was sokker al? Geen. Viva vir ons rugby en krieket.

Sal al die prosesse waardeer die “goverment” die afgelope tyd gegaan het hulself nie maar net oor en oor herhaal nie? Soos die NBC se uitsendings.

Wat gaan by Gobabis-munisipaliteit aan? Klokslag elke week is die krag in ’n sekere deel van die dorp vir ure af, soms tot 36 uur! Dalk moet die raad daarna kyk om bevoegde elektrisiëns aan te stel, want duidelik spoeg en plak die huidige persoon net.

Ons moet nie die munisipaliteit van Grootfontein skuld gee en sê Grootfontein is vuil nie. Wie almal bly in Grootfontein en wie almal maak vuil? Elkeen kan sy papier in vullisdrom gooi. Grootfontein word nou Vuilfontein. Kom ons hou ons dorp netjies asb.

Water: “City of Windhoek” maak ook net leë dreigemente! Ek weet van mense wat telkens ver oor die waterlimiet gaan en niks word daaraan gedoen nie.

Geagte minister van “education”, kan u asb. ook nie ons behoeftes by kindertuine

raaksien nie? Want dis waar die kinders se basiese lering begin. Ons werk verniet by ons “centres” vir die appel en ei. Ons as “ECD EDUCATERS” kry wel daai N$1 500 as “subsidy”, maar oor 2-3 maande. Ons krepeer deur maande! Nie dat ons ondankbaar aan “Gender” is nie, maar sodra jy daai geld kry, reguit skulde toe! Ons loop met lang arms rond! Dis meer “poverty” as wat dit uitgewis word! Dan staak ons maar Januariemaand en bly by huise! Geen 15%, geen werk, “Gender” en werkgewers! Laat kinders van huise “pre-primary” toe gaan asb!

As inwoner van Rehoboth wil ek weet hoekom word alle blokke se water gesny en nie blok E se water nie? Geen diskriminasie nie. Net regverdigheid.

Ek verstaan kerke nie heeltemal nie. As jy ’n lid van ’n kerk is, is jou bydrae nie soos jy kan bekostig, vrywillig nie? Hoe kan hulle ’n arme, behoeftige persoon wat graag ’n kind gedoop wil hê, belas met jare se agterstallige ledegelde? Ek verstaan dit nie. Is dit dan nou alles net oor geld?

Hoekom kan ’n vuilste dorp van die jaar nie gehou word nie? Die wendorp kan dan die wengeld gebruik om meer rommel te koop wat hul ook in hul dorp kan strooi. Rehoboth sal loshande met die prys wegstap. Die mense hou nie van self skoonmaak nie. Gelukkig het toeriste nie nodig om deur die dorp te ry nie.

Isab, ek wil net vir jou sê dat Kanoes nie ’n kaptein is nie. Sy was net met die oorlede kaptein Witbooi getroud. Sy het niks te sê in die “royal house” nie. Die persoon wat die laaste sê het in die “royal house”, is me. Petersen. Hou op kawer.

Ek gaan nou trek uit my kerk en aansluit by hierdie drie kerke, want dis duidelik oordeelsdag word ons gerangskik volgens jou kerk. Dankie vriend, ek wil ook nie uitmis op daardie groot dag wat ons almal wag nie.

Bekommerde ouer wil by die ministerie van onderwys weet skoolfondse is uit, nou hoekom vra Dr. Lemmer ’n vrywillige bedrag van N$400 by die nuwe aansoeke en as die kind goedgekeur is, dan moet die bedrag voor 4 Nov betaal word om jou kind se plek te verseker. Waar trek jy nou die lyn.

Chinese was by die olifante, renosters en nou weer by die see en later het hulle die hele Namibië met alles oorgeneem.

Elke jaar kry onderwysers skuld vir die druipsyfer. Kinders moet meer verantwoordelik wees, ouers moet meer betrokke raak. Onderwysers sloof hulle af vir ons kinders wat nie dissipline het nie en al wat ons raaksien, is die onderwyser wat nie sy of haar werk doen nie. Moet ons as ouers nie kyk wat ons doen en ons kinders ernstig aanpraat oor hul toekoms in plaas van onderwysers afkraak nie? Wat leer jy jou kind? Dat dit altyd iemand anders se skuld is vir my foute? Los nou die onderwysers en fokus op jou kind om te leer en eindeksamen te slaag.

Kaptein sonder land en water. Hoekom was daar oorlog en hoekom word die kopbene Duitsland toe gesoek. Namas en Herero’s, ons het die land verloor

Jy wat praat van die 3 Lutherse kerke in Namibië, wat van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk (RELK)? Stop onmiddellik met wat jy besig is om te praat, want jy''s onbevoeg om so te praat!

Dinge raak te erg in Amperbo, dis korrupsie. ACC sal moet begin intree, die skoolhoof en kaptein het die ou skool omhein, sinkplate van die papkombuis plus skoolstoele en houtkaste van die skool weggelaai na die pos waar hulle 2 saamboer om krale en huise te gaan maak en dan stem die ander dommes saam en as ons as jeug van die dinge praat, is dit valse weergawe. Wat maak ons direkteur en inspekteur van onderwys in soortgelyke sake? Kom ons praat saam Amperbo-gemeenskap! Dis te erg!

Wie op aarde sal leierskap by die hoofkantoor laat verstaan dat hulle hul outoriteit aan die parogie afgestaan het deur beroepstelsel wat nie meer aan kerkraad behoort nie en dat hulle ophou inmeng. Die werkgewer is iemand wat jou salaris betaal en dit is die parogieë met hul raad en bring die kerkorde in lyn met die beroepstelsel. Vra prof. Paul John Isaak, hy sal gratis raad gee.

Groot Aub-handelaars verkoop jul petrol en bottels eenkant. Dis ’n koswinkel en lyk nie mooi en is ook nie gesond nie.

Ek doen ’n beroep op die ministers dat hulle moet intree by hierdie geval van Gibeon. Dis ’n geskiedkundige plek, maar ons lewenswyse sê nie vir ons so nie. Gibeon-leierskap is baie swak. Gibeon-mense het geen respek vir wyle pastoor Hendrik Witbooi se vrou nie, of ons daarvan hou of nie, sy is nog ’n kaptein. Kom ons gee haar eer en respek en trek julle woorde terug wat julle vir haar sê. Kyk wat doen die ander plekke se mense met hulle kapteine. Kom ons haal vir haar die hoed af wanneer sy inkom. Hou op met die simpel SMS’e asseblief

Swakopmund polisiekantoor se diens vir besoekers aan verhoorafwagtendes is uiters pateties. Julle behandel ons besoekers soos kriminele. Jaag 27 mense in drie kamertjies in en ons moet op mekaar skree sodat die een die ander kan hoor. Ag nee, wat is wet en orde dan? Ontevrede besoeker

Die “CEO” van Gibeon het met al haar “S&T”-eise Gibeon “Village Council” bankrot gemaak. Gibeon-inwoners sterf van die dors. Wonder wanneer gaan sy weer Kaap toe vir inkopies en bergklim. Gibeon sal beter wees sonder haar en die “CDD councillor” wees. Ons is nie blind nie!

Gochas “tender board”, hoekom moet dieselfde persoon weer die kragtender kry? Almal wil lewe! Daar is ’n slang in die gras. Word wakker inwoners van Gochas! Staan op president en minister en kom besoek ons.

Dis Harambee! Een mens kan nie 2 werke werk nie. As jy klaar ene het, moet jy ander ene los vir ander mens. Ons almal is honger en soek werk.

Terwyl meeste van die kleinerige damme nou leeg is, kan dit nie sommer skoongemaak word nie? Soos slik uitskraap? Die kans is mos nou daar.

Groot Aub, ’n nuwe mnr. Williams is die man wat nou water vir die gemeenskap oopmaak. Dis nou ’n week dat ons ou mense glad nie water het nie. Toe mnr. Johannes oopgemaak het, het ons ou mense elke derde dag water gehad. Waar is die kamstige “councillor” wat met spoed daagliks op en af ry en geen stop vir mens of dier nie? Wat gaan aan in Groot Aub?

Gee asb. die nasionale sporttoekennings aan MTC en hul medeborge om dit te hanteer onder die voorsitterskap van mnr. Tim Ekandjo. Al gehoor hoe suksesvol die NAMA’s is? Kiddo

Wil net weet hoekom die “concerned group” nie hul medelede se rugbytoernooie ondersteun nie? Bv. “Day of the Dolphin” en Rehoboth Paasnaweek-rugbytoernooi.

Ons moet begin sandsakke maak. Hier kom groot oorstromings hierdie jaar.

Ek wonder net wat dink huiswerkgewers wat nie hulle werkers bonus gee nie, moet jy met daai “peanuts” tot einde Januarie uitkom? Asb., kyk daarna as jy een van hulle is.

Ek wil net dankie sê aan Republikein vir u diens. Iemand het vir my gisteraand gebel en gesê dat hy my kaarte opgetel het. Ek en my man was toe daar by hom en het toe my kaarte gekry. Die handsak en beurs is nog weg, maar ek los maar die Here in beheer van dit.

“Directorate” van //Kharas, kom tog by Hoeksteen en kom sien wat hier aangaan.

Laasmaand is die “upper primary toilets” net een keer van graad 7-meisies skoongemaak. Nou gister is dit dieselfde meisie wat dit skoongemaak het. Die skoonmaker wat daar werk, gaan aan asof sy onaanraakbaar is. Maak net die kantoor skoon. Die “secretaries” sit net en dan maak sy afdrukke, antwoord die “telephone” soos sy wil en die anders moet hulle dood werk. Ons wil die inspekteur sien of die direkteur laat ons alles vir hulle sê wat hier

aangaan. Genoeg is genoeg.

Pragtig Nampol, julle is maar net die mense wat die wet moet toepas. Wie kan nou verwag julle moet dit nakom? Seker te moeilike som om te maak!

Helené Bam, jy het genoeg moed aan die dag gelê om te sê wat op baie se harte lê en met jou 100 persent saamstem.

Kan die persoon in Blok D Rehoboth asb. hul hoenders terugneem plaas toe. Jou haan kraai al van 02:00 en dis steurend vir ons wat daagliks na Whk ry om te gaan werk. Hoenders hoort nie in ’n “residential” area nie. Ek weet wie jy is en gaan stappe doen indien die gekraai nie ophou nie!

Wat gaan by Rehoboth Nampost aan? Waar is die posmeester? Is die bestuur in die hande van die sekuriteitswagte? Daar is geen orde nie. Jy wat gou ’n gewone diens van die poskantoor verlang, moet in die ellelange rye van die pensioentrekkers gaan inval. Dis ongelukkig nie vir ons almal moontlik om heeldag daar te staan nie. Skep orde asb. Skep ’n ry vir diegene wat moet teruggaan werk toe.

Ek soek raad. Wil gewig aansit. Wat moet ek drink of eet?

“City of Windhoek” moet ’n plan maak met die kerk by die gemeenskapsaal. Sulke kerke behoort op ’n plot waar dit nie ’n steuring is vir ander mense nie. Netso geld dit vir die trokke wat langs die kliniek “operate” wat buite die stad moet wees. Dit is ongesond vir die gemeenskap. Die geraas, gasse wat die lug besoedel en trokke wat vanaf 04:00 staan en “idle”. Help asb!

Hoe kan ’n ware sportman by die aanvang van ’n internasionale wedstryd met toe oë sy land se volkslied staan en sing óf net aanhoor, terwyl dit ’n baie spesiale en eervolle oomblik, asook ’n geleentheid ter motivering en trots in enige goeie sportman se lewe behoort te wees? Gee my eerder ’n soldaat wat die vyand vierkant in die oë kan kyk as die een wat reeds aan die slaap lyk (is) nog voordat die stryd begin het!

Ja, dis waar. Daai mnr. wat valse inligting oor Mukorob P.S. en die skoolhoof versprei, mense opsteek en die plek se mense verdeel, moet asb. ophou. Ons ken vir hom baie goed. Ons is van Gibeon en hy was nog nooit aktief in politiek nie, maar hy staan en “benefit” die veterane se geld. Hy was besig met slegte dinge wat ons kan noem, so laat hy net ophou.

Soek dringend iets om vel weer terug te laat groei op brandplek of die pienk plekke donkerder te laat lyk.

Soek dringend na ’n Diamant Duifie-wyfie. Skakel 081 128 5574.

Mr Schonken, could you please contact 081 628 4817 urgently.

Sonde en slegte gewoontes hou ons gevange dat ons nie later weet herwaarts of derwaarts nie. Dis nie die regering of politiek wat moet regkom en ons nasie uit ellende moet red nie. Dis net ons God wat seker ook dieselfde God is in die Christengeloof as in sommige van die ander gelowe. Kom ons soek die Here, want Hy kan nie wag om ons te bevry van ons sondelaste nie. Hy’t die prys klaar betaal. Ons hoef net in Hom te glo en te bely en Hy sal ons genade gee en ons vry maak. Die mens is God se skepping en Hy het ons innig lief.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!