SMS'e vir 29 April 2020
"...kan ons net gaan werk."
Hoekom vra die regering nie voorstelle van die onderwysers vir die indeling van kwartale nie. Vir my as oudonderwyser het die 4 kwartale die beste gewerk. Kind en onderwyser is dan nie so moeg nie. Die verandering 30 jaar gelede, is geen verbetering nie. 4 kwartale asseblief.
Net ’n vraag. Kan ons nie nogsteeds ons grense en lughawens toe hou nie en dat die land normaal begin funksioneer nie. Is die skade nie op die ou einde groter met die dat mense sonder werk en inkomste sit nie. Besighede wat nog nie mag funksioneer nie. Gaan ons ekonomie ooit weer herstel? Skoolkinders wat daar onder ly? En baie van ons mense. Moet ons nie ’n immuniteit opbou teen die virus nie? Ek weet nie, ek vra maar net.
Covid 19: Baie dankie aan al die vragmotorbestuurders vir die goeie werk wat julle gedurende lockdown verrig het. Ons rakke en winkels was altyd volgepak. Dit gaan maar sleg in die res van Afrika wat voedsel betref. Ek kyk elke aand Al Jazeera-nuus. Baie dankie julle vragmotorbestuurders.
Stop lockdown. Asseblief, asseblief kan ons net gaan werk. Ons en kinders kry honger, veral huiswerkers en tuinwerkers wat dag pay kry.
Almal word na gekyk. Mense kry kos, sekeres soos ek verstaan, mense kry N$750, mense moet vol pay kry, jou verlof mag nie gevat word, sekeres baat nog net. Nou wat gebeur met die pensioenarisse? ’n Skamele N$1 300 wat daardie dag klaar is. Dis hartverskeurend! Arme ou mensies, niemand kyk na hulle. Ja Covid-19 raak nie vir hulle nie.
Covid het groot leemtes aan ons uitgewys op verskillende vlakke. E-onderrig kon nou landswyd toegepas gewees het as MTC landswyd 3G-internetsein voorsien het. Ek wonder wie het MTC se geld ingesluk?
Ons moet net onthou om rekening te hou met SA se universiteite. Ons kan nie ons kwartale hier in Namibië maak soos ons wil en dit stem nie saam met die universiteite nie. Baie van ons leerlinge gaan studeer in SA. Daar is baie faktore wat ons in ag moet neem.
Mr. President! Your voice and help is now needed in the repatriation of Namibians stranded in South Africa. The process is simply taking too long! Please get involved. Mother of son stranded in Johannesburg
Rehoboth se dorpsraad kan gerus ook die straatverkopers ’n plek aanwys vir stalletjies. Dis glad nie mooi voor en langs besigheidsplekke nie. Hulle hou nie plekke netjies nie. Bang om iets te doen anders verloor hul stemme.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie