SMS'e vir 29 April 2021
"...emosionele uitbarsting..."
Almal wat so kla oor die probleem-olifant wat geskiet is: Mens hoor nooit dat julle kla oor die wrede manier waarop skape keelaf gesny of beeste by slagpale met ’n staalpen in die kop doodgeskiet of geskok word nie of die duisende stuks wild wat jaarliks met een skoot doodgeskiet word nie. Dit is nie vêr so wreed of onmenslik om ’n olifant met een skoot dood te skiet nie. - Peet Harmse
Mnre. Seibeb, Swartbooi en vennote moet waak teen emosionele uitbarstings in die parlement. Diegene wat die kitaar slaan, weet julle het ’n kort lont en het julle in ’n lokval gelei. Die bouncers wat julle hardhandig behandel het, is met ’n doel ontplooi en het geslaag in hul doelwit. Swapo se honeymoon in die huis was versteur met jul aankoms. Die opposisie was maar geag nes gewone skermmaats voor ’n boksgeveg totdat julle opgedaag, die Swapo-kampioene uitgedaag en hul lelik op hul neuse laat kyk het met jul vernuftige danspasies geweef in ink. Dis die vernuf en durf wat champ Swapo ontsenu en hom gedwing het om versterkings in te kry. – Namalander
Die staking van die NBC-ampenare verwys: Hulle kan nou maar almal daar laat gaan en die plek toemaak. Die staking het ons geleer om sonder die NBC klaar te kom en die ander privaat radiostasies meer te waardeer.
Ek wil ook weet hoekom kry ons nie die Pfizer-spuit? Astrazeneca is verban in baie lande. Ek sal dit nie vat nie.
Die toestand van die staatshospitaal in Mariental is skokkend. By die ingangsportaal is groot dele van die plafon gebreek en weg. Daar is groot waardering vir die personeel wat hier moet werk. Namibiese regering, doen asseblief dringend instandhouding hier!
Die regering skiet vêr tekort in sy plig om staatsbates in Mariental te onderhou. Almal weet geboue in Mariental is onderhewig aan erge bars-verwering, daarom is maandelikse onderhoud noodsaaklik. Die hospitaal, skole en koshuis raak nou totaal vervalle.
Geluk Usakos-staatshospitaal. Was ’n paar jaar gelede self daar met Gideons-Bybels. As een kan, kan almal mos. - Koos, Okahandja
Die moeniesopratie moet ’n slag kyk na die Prosopisbome onder die brug oor die Arebbushrivier by Ark Trading/Ferreira’s kwekery. Die takke hang al bo-oor die brug, bo-oor die sypaadjie en is fluks op pad na die ryvlak toe. – Marlene

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie