SMS'e vir 29 Augustus 2017
“. . .doen die werk reg en eerlik. . .”
Dis duidelik dat ons president nie die verskil tussen die party en die staat verstaan nie. As die wat jare gelede teen Swapo geveg het dan nie as oorlogsveterane erken word nie, dan moet hulle ook nie as belastingbetalers erken word nie, of pas ons president op hierdie Namibiese burgers dubbele standaarde toe?
Mnr. die President. Julle skel en blameer gedurig kolionalisme en apartheid vir alles wat verkeerd was en huidiglik verkeerd gaan en soek vergoeding, maar as daar gekrap word en geregtelike ondersoek gevra word na die Lubango-kwessie, verdwyning, martelinge, gevangeneskap, moorde van Swapo-lede teen hul eie mense, wat beskuldig was van spioenasie vir die apartheidsregering, is dit skielik nie goed vir nasiebou nie? A nee a! Laat daardie versteekte Lubango-misdade se waarheid ook uitkom. Dis dan ook deel van die geskiedenis en daardie mense soek ook vergoeding.
Job, as jy dan nou so anti-Westers is, wonder ek maar net wat jy dan nou met 'n selfoon maak? Dis 'n Westerse ding daai, hoor!
Ek is baie bly oor die nuwe wettige minimumloon vir ons huiswerkers. Ons sal waardeer as die werkgewer nou N$80 per dag, plus N$20 taxi, plus kos en werkstyd van 8 tot 1 en 2 tot 5 sal toelaat. Dankie, dr. Libertine. - Sandra
Namibia justice system boggles the mind: It seems 90 percent of rape cases whether 1st time offenders or many repeated offenders grevious assault also with weapon roam free on rediculous bail to repeat their crimes. Actually (lawyers opinion would be appreciated) the magistrate or judge who let these repeat offenders out on bail are just as guilty of the crime as the offender for allowing them back into society and should be procecuted as well for failing to protect citizens?
Dis goed dat die padskrapers weer brul, want 'n land se ekonomie word gemeet aan die toestand van sy paaie.
The Border Fiasco with the hired car hopefully did not create an international incident with the RSA border control allowing a stolen vehicle into Namibia. However it seems that the official in question totally forgot her responsibility as a public servant despite the accepted directives. Whether she acted out of total ignorance or worse still, merely abused whatever authority she thought she had. The Ministry should reimburse the taxpayer for his damages before settling their own domestic problems with an out of control civil servant.
Sies, Keetmans! Die hoofstad van die Suide het liederlik agteruit gegaan en lyk soos 'n vullishoop. Oral lê rommel gestrooi en rou riool vloei langs die hoofpad. Ag nee wat, maak jul dorp skoon en herstel jul rioolstelsel. Wees trots en hou ons pragtige landskoon.
Wil aansluit by vir selfverdediging word handwapens nie meer toegestaan nie. Belaglik. Dit is seker ter ondersteuning van die rowers en moordenaars wat die oumense hier teiken.
Ek wil nou graag Karasburg toe trek waar al die paaie geskraap word. Hier in Rehoboth weet ons nie meer hoe lyk 'n padskraper nie. Paaie meer as drie jaar laas geskraap, verder eet ons ons dik aan die stof. Ons motors, taxi's skud uitmekaar en bly net vol stof. Dis net die karwassers, parteverkopers en werktuigkundiges wat al die pad bank toe lag. Ons taxi-ouens huil.
Waar word eise ingedien vir meganiese skade as gevolg van swak grondpaaie?
Hannelie Rossouw se gemsbok in Vrydag se prentjie "jik" nie, sy "jeuk". Eersgenoemde kan mens by die winkel per bottel koop. - Oupa Peutjie
Help asseblief. Ek is desperaat. My buurman se honde, sewe van hulle, blaf dwarsdeur die nag. Hy sê dis nie sy probleem. Ons vensters is toe, maar dit help nie.
Aranos verkeersbeamptes doen die werk reg en eerlik - ons weet julle word betaal. Justice shall prevail! Julle kan maar net verplaas word. Gaan leer by Keetmanshoop of die twee hardwerkende opgevoede manne van Rehoboth. Gaan leer tog by daardie ouens menseverhoudings en hoe maak mens.
As 'n gelowige in Jesus Christus het ek net opgemerk hoeveel mense wat hul self Christene noem absoluut vals in hulle Christenskap is. Vloek en vuil taal, hoogmoed en trots, klipgooi en afkraak, foutvind en kla en veral skinder en swartsmeer oorheers hulle lewens. Hoe strook so 'n tipe leefstyl met wat die Woord van God sê? Deur hierdie optrede van hulle, kruisig hulle die Here Jesus Christus maar net weer opnuut. Vir sulkes geld Open. 3:15 & 16.
Dit is hoog tyd dat die amptenare by al die grensposte indiensopleiding moet kry, sodat almal uit een mond die waarheid moet spreek met vriendelikheid en professionaliteit. Die minister moet tog ook aandag aan toilette gee. Asseblief.
ISIS veg vir hul geloof en ideologie. Nou hoe vra ek jou, maak jy oorlog teen iemand wat wil doodgaan ter wille van sy geloof? Dis 'n oorlog tussen die drie-enige God, teen Allah en Mohammed. Net meelopers en aanhangers aan beide kante gaan sneuwel, soos maar altyd die geval was. - Roney
Ja nee wat! Minister van grond en hervestiging, waarom nog nie die laaste plase geallokeer bekend maak nie? Weer die geknoeiery dat 'n sekere etniese groep die plase gegee is? Slim van Hage, stel dieselfde etniese groep in Bernadus se posisie aan. Wil verdeeldheid onder ons Namas saai. Die wat die posisies aanvaar het, is nie slim genoeg om dit te sien nie en aanvaar die aanstellings. Besef nie dat ons hulle as verraaiers van die Namas verklaar nie.
Goeie nuus oor inkomstekantoor. Binne een week terugbetaling gekry. Dankie. - Sonja
Waarheen is ons regstelsel op pad as veediewe vrygelaat word met alle getuienis teen hulle en dan nog spog hoe hulle jou plaas sal kom kaal stroop? Reg en geregtigheid sal geskied. Hulle kry borg net om weer te kom steel en van die saak kom niks.
Haai, word mense met 'n mes of "gun" aangehou om Republikein te koop? Haal tog jou frustrasie op ander plek uit, hoor. Ek stuur vir jou 'n stokkielekker om te kalmeer.
Ek wil net die persoon laat weet dat Republikein nie 'n "boerekoerant" is nie. Dit is vir die hele Namibiërs bedoel en ons almal lees dit.
Job, as al die Afrikane wat in die Weste bly, terugkeer Afrika toe, sal daar dalk plek wees vir my, maar ek het nuus vir jou. My oupa, pa en ek is hier gebore.
Ek soek asseblief inligting in verband met die kursus oor koekversiering die komende naweek. Kan ek nog inskryf? Waar, wanneer presies en die kostes daaraan verbonde, asseblief. Kontak 081 336 0181.
Persone wat naamborde van private eiendomme beskadig, is siek, lafhartig, swaksinnig. Kom navore en wees mans genoeg, sê wat pla.
Pad tussen Rehoboth en Bullsport is 'n gemors. Die naweek gery, geen padskrapers op pad.
Kan iemand tog net meer duidelikheid gee wat 'n veewagter moet maandeliks kry.
Ons land is bankrot, maar Namcor beplan vulstasies!? Bewaar ons belastingbetalers van nog 'n regeringsbesigheid wat "bailout" na "bailout" gaan kry.
Kenya has wisely banned the manufacturing, selling and carrying of plastic bags with imposing fines. Please would Namibia follow suit!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie