SMS'e vir 29 Desember 2017
Daar is die leeus net so mak soos huiskatte...
In Donderdag se koerant: “Toeriste oortree in Etosha”. So MET het nou double standards of hoe moet ek dit verstaan? MET laai leeus op oop plase in die Erongoberge af en verwag die plaaswerkers daar moet langs die leeus werk, maar in Etosha mag niemand uitklim! Hoe dan nou, MET? Verstaan julle dit?
“Toeriste oortree in Etosha”: MET, julle maak seker 'n grap? Julle vat Etosha-leeus en laai hulle net buite Omaruru af en daar is die leeus nou so mak soos huiskatte of hoe? As julle jul eie wette nie eers volg nie, hoe sal ander mense dit volg? Ongelooflik!
Ek verstaan nou nie meer nie. Die Etosha-leeus word in die Erongoberge by Omaruru afgelaai en MET verwag nou ons moet met hulle boer en in die veld loop, maar die toeriste mag nie in die Etosha-park uitklim nie, want hul lewens word op die spel geplaas. Ministerie van omgewing en toerisme, waar lê dan nou die verskil? As ons in die Erongo mag uitklim, mag almal ook in die Etosha Park uitklim! Ons soek antwoorde asseblief!
Aan die skrywer van brief op bl.11 in Donderdag se Republikein: Gaan gee tog die brief ook vir die president en eerste minister en vir minister Haufiku, asseblief.
Die president kon liewer sy mooi Kersboodskap (wat hy nie self geskryf het nie) gelos het en in die plek daarvan die toeriste om verskoning gevra het vir die gemors op die grensposte. Dit sou beter geklink het.
Die enigste paniek wat die militêre konvooi veroorsaak, is dat hulle 'n mens later miskien moet beskerm.
Kan iemand tog na Highgate Privaatskool toe gaan? Leer die personeel hoe om “ooievaar” uit te spreek, asb. Sê tog vir hulle dat daardie straat se naam in Afrikaans en in Engels dieselfde uitgespreek word, want dis 'n Afrikaanse naam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie