SMS'e vir 29 Januarie 2018
SMS'e vir 29 Januarie 2018

SMS'e vir 29 Januarie 2018

“. . .gaan niks aan.”
Mandy Rittmann
Asb., minister van onderwys, kuns en kultuur, help ons arme ouers in Windhoek. Hoe kan jy graad 10-handboeke vir al 9 vakke bekostig, want die vorige graad 10-leerlinge is blykbaar met al die boeke weg? Is dit moontlik?

Ek het al gevra, maar skynbaar weet niemand. Wie betaal vir die Herero’s en Namas se saak teen Duitsland? Ek sien hulle afvaardiging na New York bestaan uit 50. Die reiskoste, luukse verblyf en regskoste sal baie miljoene bedra. Mens sal nogal ’n paar duisend hongeriges daarmee kon voed. Vind uit wie betaal!

Ek sal graag die volgende wil weet rakende Kaptein Mcnab se vertrouelinge: 1) Kan daar dalk foto’s van hulle geplaas word, asseblief. 2) Ek sal graag ook wil weet of hul ou Suidwes-ID’s die nommers 02 bevat. 3) Dit sal dalk goed wees om die volle naam en van van Colin Charles te publiseer.

Namibië het goeie spelers, maar hulle is nie op die sokkerveld nie. Nee man, daai Namibiese spelers. Ha-a.

Ons wil net weet. Die CEO van Gibeon word ’n paleis voor gebou en in ons plekkie gaan niks aan. Vuil Gibeon, geen behuising, werkloosheid, niks gedoen vir die 5 jaar en is nooit op kantoor, bly net op die paaie.

Ek stem saam met die SMS in Vrydag 26ste se koerant oor die Kaptein in Rehoboth. Dit is ’n algehele klug van eksklusiewe en rassistiese mense byeen, wat voor onafhanklikheid plase en grond aan familie en vriende toegeken het en die armstes verder onderdruk het. Ek erken geen Kaptein of Kapteinsraadslede nie. My gesin is ook belangriker as so ’n klug.

Verneem asseblief by MultiChoice waarom wys hulle nie meer aandelepryse vanaf 9 vm op kanale 410 en 412. Ons verloor baie omdat mens nie kan weet wat die pryse is.

Namens die inwoners van Huis Palms wil ek graag vir Live to Ride Walvisbaai hartlik bedank vir die wonderlike geskenke wat ons op die Saterdag ontvang het. Mag die Here hulle ryklik seën vir wat hulle doen.

Rössing surplus: Nou sal ons sien by die uitbetaling, wie korrup is. Die ou werkers of Rössing.

Aan al die persone wat so kla oor plastieksakke en bottels wat rondlê en andere wil blameer. Moenie net die probleem sien en niks doen, kom sommer met die oplossing.

State capture probes in South Africa: How the might are falling! I am extatic the truth will prevail! And none have the backbone to take responsibility for their actions. Shame on you! Mr president urgently engage a public protector in Namibia as the ACC only investigates what they are told to. Inspite of president's promises to wipe out corruption for years already, the only thing thriving in Namibia is unchecked corruption!

Vier mango's vir $25, maar as jy net drie koop, betaal jy $45. Wat noem jy dit? Uitbuiting, of hoe?

Mnr. Willie Swarts is baie gelukkig en bevoorreg. Word geskors en uitbetaal, maar 13 miljoen weg en word weer aangestel. Is hy onvervangbaar? Groot sirkus.

Hospitals at the coast (only them?) charging 250.00 before they will treat or call a doctor to attend patients??? Whatever happened to the oath of doctors (and nurses?). They swore to that first priority is to help the sick or come out to your home at night in case of emergency? How very sad that they are dying out. Humanity is vanishing and professions are strictly business!!

Ek wil net baie dankie sê aan Rowen en Cheryl van Bank Windhoek ESME-tak, 2de vloer vir die "excellent", puik en vriendelike diens wat julle vir my gelewer het. Julle verdien top posisies in die bank. Van Ms. Sharifa Waggie.

Wie het raat vir erge jeuk as gevolg van nierskade. Laat weet asseblief in koerant of na 081 337 6858.

Ek het graad 12 Engels en Business Studies Namcol-handboeke. As u belangstel, kontak my 081 038 6891. Ek is in Mariental.

Ek vra maar net of daar iemand is, of die Reserwe Bank van Suid-Afrika, wat na hul ou randnote soek. As daar seker iemand is antwoord met u nommer, dan kan ek vir u bel. Dankie.

Ek het die volgende handboeke, nog in ’n baie goeie toestand: Grade 4 Social studies, Natural Science, Mathematics and Grade 6 Natural Science. - Riekie, 081 272 3401

Ek het Amazing Kids skoolklere vir ’n dogter van so 10 jaar oud. Indien u belangstel, skakel my by 081 245 2377.

Ek soek tog ou leesboeke, Huisgenote, Rooi Rose en Sarie, asseblief. - 081 653 2927, Rennie

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!