SMS'e vir 29 Januarie 2021
SMS'e vir 29 Januarie 2021

SMS'e vir 29 Januarie 2021

". . .net wat hulle wil. . ."
Mandy Rittmann
Vandat ons kinders regte gekry het, het alles verander. Kinders maak absoluut net wat hulle wil, dis waarom die wêreld lyk soos hy lyk. As hulle wegloop en skool los op 16, kan geen maar geen mens haar keer nie. Polisie, welsyn en ander instansies trek net hul skouers op. Ek is deur hierdie seer en weet as ouer jy kan en mag niks doen nie, want jy as ouer gaan in die selle beland, klaar! Bring lyfstraf terug soos dit in die Bybel staan. Bring God terug na ons land, bring dissipline terug in ons skole. Skep ’n oord ver uit ’n dorp vir hierdie hardkoppige kinders en leer hulle daar tot matriek en sterk dissipline moet toegepas word, dan sal baie ouers sielsrus ook hê. Ek weet waar my kind is, maar dis ook dit. Punt!

Rugby Namibië, wil julle nie gaan kers opsteek by Krieket Namibië hoe ’n sport geadministrateer moet word nie? Ons kinders stroom na krieketoefeninge, waar die atmosfeer net soveel lekkerder is.

Eben de Klerk hou jou by jou lees. Om jou uit te spreek oor die veiligheid van medisyne is soos ’n mediese dokter wat hoofregter speel. Gaeseb, jy was ’n aptekersassistent. Jana Smit is lyk my meer op hoogte as die hele Medisynebeheerraad. Dan sit ons nog met ’n klomp dokters wat net kan copy en nie innoverend kan dink nie. Jammer vir almal wat onder julle steeks donkies moet ly.

Wanneer jou voertuig in die rivier bly staan, vergeet assuransie, hulle betaal nie vir domheid. Sit hom dadelik in laagste of trurat en hou aan om te start. Die aansitter sal hom tot by die oewer uittrek.

Die persoon wat vra vir gratis maskers wil geld bedel van die belastingbetaler. Jy kan maskers van enige materiaal maak. Selfs van ’n ou panty. So, hou op bedel.

Die slimmes wat nie wil maskers dra nie, moet nie, of hul familie moet maar bietjie wag tot daar ’n oop plek in die hospitaal is en as entstof beskikbaar is agter in die lyn staan. Ons gaan jou mis.

It is really a shame for any Namibian that can read and write to still be a member of Swapo party. The destruction of Namibia by Swapo through well planned and legalised corruption is too much. Swapo must be removed from the Government of the Republic of Namibia.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!